{"id":34992,"date":"2015-11-11T06:51:34","date_gmt":"2015-11-11T04:51:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34992"},"modified":"2015-11-12T08:25:51","modified_gmt":"2015-11-12T06:25:51","slug":"gautenger-wat-vir-dyncorp-werk-was-slagoffer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34992","title":{"rendered":"Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer"},"content":{"rendered":"<p>Van die veiligheidspersoneel wat Maandag doodgeskiet is in Jordani\u00eb, het vir <em>DynCorp International<\/em> gewerk. Die Amerikaanse belastingbetaler is sy grootste kli\u00ebnt. <\/p>\n<p><em>DynCorp<\/em>, &#8216;n bekende milit\u00eare kontrakteur wat oral in die Midde Ooste werksaam is, verdien meer as 96% van hul jaarlikse inkomste van die Amerikaanse Federale Regering.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake het intussen bevestig dat die Suid-Afrikaner wat doodgeskiet is, &#8216;n 37-jarige man van Gauteng is.<\/p>\n<p>Jordani\u00ebrs onthou 9 November as die herdenking van die bomaanvalle op drie hotelle in die hoofstad Amman in 2005, waarin 60 mense dood is en meer as 110 beseer. <\/p>\n<p>Die aanvalle is deur al-Qaeda in Irak uitgevoer, in reaksie, het hulle ges\u00ea, op die teenwoordigheid van die Amerikaanse en Israeliese intelligensie-agente, en Westerse regerings.<\/p>\n<p>Dit was die dodelikste terreuraanval in Jordani\u00eb se geskiedenis.<\/p>\n<p>Die jongste aanval het by die Jordaniese Internasionale Polisie Opleidingsentrum (JIPTC) in Muwaqqar, oos van die hoofstad plaasgevind. Dit is in 2003 opgerig tydens die Amerikaanse inval in Irak.<\/p>\n<p>Die milit\u00eare opleidingsfasiliteit word tans glo gebruik vir personeel wat in Siri\u00eb ontplooi word.<\/p>\n<p>Nelson Kgwete, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake, het bevestig dat die man se naasbestaandes in kennis gestel is, maar wou nie die slagoffer se naam bekendmaak nie.<\/p>\n<p>Die aanvaller, &#8216;n Jordaniese polisiekaptein, Anwar Abu Zeid, het op die groep losgebrand in die eetsaal van die kompleks terwyl hulle besig was om te eet. Grutonele het diegene wat eerste op die toneel was, begroet.<\/p>\n<p>Kommer bestaan dat Jordani\u00eb se verhouding met die VSA die oorsaak van die aanval kan wees. <\/p>\n<p>Terwyl die land vanjaar &#8216;n miljard dollar sal ontvang om as &#8216;n basis te dien vir spesiale operasies as &#8216;n belangrike strategiese bondgenoot van die VSA, is die gevoel onder die algemene publiek toenemend anti-Amerikaans en anti-Westers.<\/p>\n<p>Ontleders is bekommerd dat ondersteuning vir ekstremistiese groepe groei. Aan die begin van die jaar was daar na beraming sowat 1200 Jordani\u00ebrs wat in Siri\u00eb vir ISIS geveg het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van die veiligheidspersoneel wat Maandag doodgeskiet is in Jordani\u00eb, het vir DynCorp International gewerk. Die Amerikaanse belastingbetaler is sy grootste kli\u00ebnt. DynCorp, &#8216;n bekende milit\u00eare kontrakteur wat oral in die Midde Ooste werksaam is, verdien meer as 96% van hul jaarlikse inkomste van die Amerikaanse Federale Regering. Die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake het intussen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34992\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34994,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11744,21659,21660,7402,17039,13127,21661,10641,12152],"class_list":["post-34992","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanval","tag-daesj","tag-dyncorp","tag-irak","tag-isis","tag-jordanie","tag-militere-kontrakteurs","tag-sirie","tag-skietery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34992","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34992"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34992\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34994"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34992"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34992"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34992"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}