{"id":34985,"date":"2015-11-10T11:32:55","date_gmt":"2015-11-10T09:32:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34985"},"modified":"2015-11-10T11:32:55","modified_gmt":"2015-11-10T09:32:55","slug":"moslemkwessie-in-mianmar-verkiesing-onderspeel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34985","title":{"rendered":"Moslemkwessie in Mianmar-verkiesing onderspeel"},"content":{"rendered":"<p>Stemme word getel in Mianmar se algemene verkiesing maar geen amptelike uitslae is nog aangekondig nie.<\/p>\n<p>Voorlopige verslae van oral in die land dui op \u2019n oortuigende oorwinning vir die pro-Amerikaanse Aung San Suu Kyi se Nasionale Liga vir Demokrasie (NLD).<\/p>\n<p>\u201cOns moet vasstel waarom ons verloor het,\u201d het Htay Oo, \u2019n bondgenoot van pres. Thein Sein ges\u00ea. \u201cOns aanvaar egter die uitslae sonder enige voorbehoud. Ons weet nog nie met sekerheid wat die finale uitslae is nie.\u201d<\/p>\n<p>Htay Oo s\u00ea hy is verbaas met die omvang van sy nederlaag in sy eie parlement\u00eare kiesafdeling in Hinthada in die delta-gebied, wat as die hartland van die USDP se landelike steun beskou is.<\/p>\n<p>\u2019n Woordvoerder van die NLD, Win Htein, s\u00ea die aanduidings is dat die party ongeveer 70 persent van die stemme wat tot dusver getel is, verwerf het.<\/p>\n<p>Na verwagting het die party tussen 50 en 80 persent van stemme in Mianmar se 14 state ingepalm.<\/p>\n<p>Hy het aan die nuusagentskap The Associated Press ges\u00ea die party se sterkste vertoning is in sogenaamde hartland-state waar dit voorkom asof die party tot soveel as 80 persent van die stemme gekry het. <\/p>\n<p>Die steun neem effens af tot tussen 70 en 50 persent in etniese state.<\/p>\n<p>\u201cDit is deur die verkiesingskommissie bevestig, maar ons is nog nie seker van die finale syfers nie. Indien hierdie opmerkings deur amptelike uitslae bevestig word, is die aanduidings dat die party onder leiding van Aung San Suu Kyi \u2019n oortuigende verkiesing-sege behaal het.\u201d<\/p>\n<p>Sy en haar party sal eintlik saam met die generaals wat Mianmar (Burma) in 1962 tydens \u2019n staatsgreep oorgeneem het, regeer s\u00ea ontleders. <\/p>\n<p>Die generaals het tot in 2011 geregeer, waarna hulle die mag aan hul politieke vleuel oorhandig het nadat bewerings van korrupsie aan die lig gekom het.<\/p>\n<p>Mianmar is verdeel in strydende etniese en godsdiensgroepe en die junta het &#8216;n balans gehandhaaf in &#8216;n land wat worstel met &#8216;n &#8220;krisis van minderhede&#8221;. <\/p>\n<p>Boeddhiste vrees dat Moslems meer invloed in die land sal kry, maar Aung San Suu Kyi het sulke kwellinge onderspeel.<\/p>\n<p>Ten minste 10 miljoen mense kon nie stem nie omdat hulle deel is van &#8216;n etniese minderheid.<\/p>\n<p>Dit sal nie die eerste keer wees dat die NLD \u2019n oorwinning behaal nie. In 1990 het die party ook gewen, maar di\u00e9 oorwinning is deur die generaals \u00adge\u00efgnoreer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stemme word getel in Mianmar se algemene verkiesing maar geen amptelike uitslae is nog aangekondig nie. Voorlopige verslae van oral in die land dui op \u2019n oortuigende oorwinning vir die pro-Amerikaanse Aung San Suu Kyi se Nasionale Liga vir Demokrasie (NLD). \u201cOns moet vasstel waarom ons verloor het,\u201d het Htay Oo, \u2019n bondgenoot van pres. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34985\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moslemkwessie in Mianmar-verkiesing onderspeel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21654,21655,4905,8918,5358,4631],"class_list":["post-34985","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aung-san-suu-kyi","tag-boeddhiste","tag-brittanje","tag-junta","tag-moslems","tag-verkiesing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34985","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34985"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34985\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34985"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34985"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34985"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}