{"id":34966,"date":"2015-11-10T08:01:35","date_gmt":"2015-11-10T06:01:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34966"},"modified":"2015-11-10T08:01:53","modified_gmt":"2015-11-10T06:01:53","slug":"rou-riool-vloei-deur-droogtegeteisterde-dorp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34966","title":{"rendered":"Rou riool vloei deur droogtegeteisterde dorp"},"content":{"rendered":"<p>Die Mohokare-munisipaliteit in die Vrystaat, wat Smithfield en Zastron insluit, word geteister deur rou riool in die waterkanaal wat in Generaal Hertzogstraat in Smithfield ingeloop het.<\/p>\n<p>Munisipale woordvoerder, Lehlonolo Mafatman, s\u00ea hoewel die rioolstelsel herstel word, is daar steeds &#8216;n krisis met lopende water, maar dit sal die week aandag geniet.<\/p>\n<p>Smithfield gaan gebuk onder &#8216;n algemene watertekort weens die droogte. Riool het die laaste twee weke in die kanaal beland as gevolg van swak bestuur wat nou aan &#8216;n &#8220;blokkasie&#8221; toegeskryf word.<\/p>\n<p>Agt plaaslike munisipaliteite in die Vrystaat se drinkwater-voorsieningstelsels het tans dringend aandag nodig.<\/p>\n<p>Die nasionale departement van waterwese en sanitasie sal onverwyld moet ingryp om krisisse soos in Smithfield die hoof te bied.<\/p>\n<p>Minister Nomvula Mokonyane het in antwoord op &#8216;n vraag in die parlement ges\u00ea \u2018n lys van 250 plaaslike munisipaliteite landswyd\u2013 wat dringende watervoorsieningsprobleme ondervind \u2013 is saamgestel.<\/p>\n<p>Verskeie van die dorpe in die Vrystaat wat reeds vir dae sonder water is as gevolg van die knellende droogte en verouderde infrastruktuur, vorm nie deel van die agt munisipaliteite nie.<\/p>\n<p>Vrystaat premier Ace Magashule het die provinsie maande gelede tot rampgebied weens die droogte verklaar.<\/p>\n<p>Mokonyane s\u00ea haar departement het begin om inspeksies by munisipaliteite landswyd uit te voer om die omvang van die probleem vas te stel en \u2018n taakspan is reeds in sommige provinsies saamgestel om waterprobleme aan te spreek.<\/p>\n<p>Intussen het haar departement \u2018n ooreenkoms met die Deense regering gesluit in \u2018n poging om die waterkrisis in die land op te los. Sy s\u00ea ingevolge die ooreenkoms gaan daar dringend gekyk word na \u2018n langtermynoplossing.<\/p>\n<p>Dit is nie duidelik hoe die Denemarke bevoeg is om &#8216;n droogteprobleem op te los binne die konteks van voortslepende wanbestuur en korrupsie nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Mohokare-munisipaliteit in die Vrystaat, wat Smithfield en Zastron insluit, word geteister deur rou riool in die waterkanaal wat in Generaal Hertzogstraat in Smithfield ingeloop het. Munisipale woordvoerder, Lehlonolo Mafatman, s\u00ea hoewel die rioolstelsel herstel word, is daar steeds &#8216;n krisis met lopende water, maar dit sal die week aandag geniet. Smithfield gaan gebuk onder &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34966\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rou riool vloei deur droogtegeteisterde dorp&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10101,14425,16099,4848,21647,6307,5250],"class_list":["post-34966","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-denemarke","tag-droogte","tag-reen","tag-riool","tag-smithfield","tag-vrystaat","tag-wanbestuur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34966","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34966"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34966\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}