{"id":3490,"date":"2008-11-20T03:38:09","date_gmt":"2008-11-20T03:38:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3490"},"modified":"2008-11-20T03:38:09","modified_gmt":"2008-11-20T03:38:09","slug":"afrikanerbond-begaan-n-groteske-fout","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3490","title":{"rendered":"Afrikanerbond begaan &#8216;n groteske fout"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> Hierdie denke, wat die afgelope twintig jaar deur die Nasionale Party en Nuwe Nasionale Party, asook die universiteitshoofde, toegepas is, het tot die snelle agteruitgang van die Afrikaner se politieke en kulturele posisie in die land gelei. In wese kom dit daarop neer dat die Afrikaner hom so goed as moontlik by sy eie ondergang moet aanpas, wat &#39;n uiteindelike eenrigtingkaartjie na Perth insluit.<\/p>\n<p> Daar kan geen kompromie oor naamsveranderings wees nie. Die naamsveranderings word spesifiek teen Afrikaanse name gemik, terwyl Britse koloniale name deur die ANC vereer en bestendig word.&nbsp; Naamsveranderings en die etniese suiwering van Afrikaans en Afrikaners was nooit deel van die ooreenkoms wat in Kemptonpark tussen die destydse NP en die ANC gesluit is nie. Ook in terme van die volkereg mag &#39;n etniese meerderheidsregering nie die plekname van die minderheid uitwis of verdring nie.<\/p>\n<p> Daar bestaan &#39;n verbasende konsensus oor naamsveranderings onder die bre&euml; Afrikaanse publiek. Een en almal is daarteen gekant. Bykans 5 000 mense het teen die verandering van Pretoria se naam op straat betoog en &#39;n ander 100 000 het reeds &#39;n petisie onderteken teen die SAUK se gebruik van die woord &quot;Tshwane&quot; vir Pretoria. &#39;n Bre&euml; spektrum van organisasies soos Praag, die FAK, die GHA, belastingbetalersgroepe op Louis Trichardt en ander dorpe, asook Solidariteit en Afriforum agiteer reeds vyf jaar lank teen naamsveranderings.<\/p>\n<p> Met sy uitspraak ondergrawe die Afrikanerbond die werk wat reeds gedoen is t&eacute;&eacute;n naamsveranderings en t&eacute;&eacute;n die beplande uitwissing van die Afrikanererfenis. In &#39;n wesentlike sin pleeg die Afrikanerbond verraad deur hom aan die kant van die ANC-verdrukker te skaar in die jarelange stryd wat Afrikaanse groepe en organisasies teen naamsveranderings voer.<\/p>\n<p> Sowel in die Eerste as die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanerleiers dikwels ongenaakbaar teenoor verraaiers opgetree. Paul Kruger het in die aanloop tot Majuba meelopers van die (destydse wettige) Engelse bewind, in krygshowe laat verhoor en laat fusilleer. In die Tweede Vryheidsoorlog het veral Jan Smuts verraaiers voor die voet laat doodskiet.<\/p>\n<p> Gegewe die toenemende spanning tussen Afrikaners en die owerheid, soortgelyk aan die situasie n&aacute; die Britse anneksasie van die Transvaal in 1877 waar dit eers as &#39;n fait accompli aanvaar is maar agterna tot belastingboikotte en opstand met wapengeweld gelei het, is die Afrikanerbond besig met &#39;n baie gevaarlike spel.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0438\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p> 10:36:01 Die verklaring deur die Afrikanerbond waarin hy vermeld dat hy &quot;saamstem met naamsveranderings&quot; en saam met die ANC-bewind wil werk, verteenwoordig &#39;n groteske voortsetting van die kompromiedenke wat die Afrikaner gereduseer het tot &#39;n vreemdeling in sy eie vaderland.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[3308,154,21107,21093],"class_list":["post-3490","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-afrikanerbond-begaan-n-groteske-fout","tag-dan-roodt","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3490","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3490"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3490\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3490"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3490"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3490"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}