{"id":34899,"date":"2015-11-05T08:27:39","date_gmt":"2015-11-05T06:27:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34899"},"modified":"2015-11-05T10:01:16","modified_gmt":"2015-11-05T08:01:16","slug":"skoonmakers-sorg-vir-chaos-by-uj","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34899","title":{"rendered":"Skoonmakers sorg vir chaos by UJ"},"content":{"rendered":"<p>Die Studenteraad van die Universiteit van Johannebsurg s\u00ea &#8220;onafhanklike studente&#8221; minag die besluite van die raad deur met betogings aan te hou.<\/p>\n<p>Die rektor, Ihron Rensburg, het die optrede van veiligheidspersoneel verdedig nadat oproer Woensdag uitgebreek het.<\/p>\n<p>Werkers by die instelling beweer hulle word onnodig geviktimiseer omdat hulle wettige eise stel.<\/p>\n<p>Die werkers se &#8220;griewe&#8221; het skielik opgeduik nadat skoonmakers by die Universiteit van die Witwatersrand sukses gehad het om die kampus te sluit gedurende &#8220;studente-opstande&#8221;.<\/p>\n<p>Die bestuur s\u00ea hulle is daartoe verbind om die uitgekontrakteerde werkers in diens te neem, maar werkers s\u00ea hulle word nie ingelig oor besluite nie.<\/p>\n<p>Chaos het Woensdag by die Kingsway-kampus in Auckland Park geheers toe die polisie en veiligheidswagte met betogende studente en werkers slaags geraak het.<\/p>\n<p>Van die betogers, wat vroue insluit, is glo hardhandig hanteer.<\/p>\n<p>Die leier van die Studenteraad, Mmangaliso Mkhonta, s\u00ea hulle het begrip vir die werkers se optrede, maar dat betogings tot nadeel van studente is wat vir die eksamen studeer.<\/p>\n<p>Rensburg het bygevoeg dat die instelling sal moet kostes besnoei volgende jaar om te verseker dat die boeke klop nadat die ANC aangekondig het dat fooie nie verhoog sal word nie.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is in die orde van R60 miljoen. Kostebesnoeiingsmaatre\u00ebls sal oorweeg word vir reis, funksies en vermaak, kapitaalbesteding vir items onder R15 000 en prestasiebonusse. Alle pogings sal aangewend word om te verseker dat die sleutelbedrywighede, akademies en andersins, hou by die vlakke wat aan verwagtings voldoen.&#8221;<\/p>\n<p>Skoonmakers het ges\u00ea die protes sal aanhou omdat werkers die bestuur wil dwing om &#8216;n einde te maak aan uitkontraktering.<\/p>\n<p>Die Universiteit van Wes-Kaapland s\u00ea veiligheidsmaatre\u00ebls sal verskerp word wanneer die eksamen Maandag begin. <\/p>\n<p>Die eksamen is verlede week vir die tweede keer uitgestel weens gewelddadige studentebetogings.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die universiteit, Luthando Tyhalibongo s\u00ea sommige studente ontvang trauma-berading, terwyl ander van die kampus af verskuif is sodat hulle kan voorberei vir die eksamen sonder intimidasie.<\/p>\n<p>Die Universiteit van Kaapstad het aangekondig dat sy finale eksamen Dinsdag sal begin en tot 27 November sal duur. <\/p>\n<p>Die eksamen sou aanvanklik op 27 Oktober begin het, maar is uitgestel weens die geweld en intimidasie op die kampus. <\/p>\n<p>Die universiteit s\u00ea voorgraadse studente in Gesondheidswetenskappe sal reeds Maandag begin eksamen skryf. Studente sal ook &#8216;n keuse h\u00ea om eerder hul eksamen in Januarie af te l\u00ea. <\/p>\n<p>Die eksamen by die Universiteit Stellenbosch het reeds begin.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Studenteraad van die Universiteit van Johannebsurg s\u00ea &#8220;onafhanklike studente&#8221; minag die besluite van die raad deur met betogings aan te hou. Die rektor, Ihron Rensburg, het die optrede van veiligheidspersoneel verdedig nadat oproer Woensdag uitgebreek het. Werkers by die instelling beweer hulle word onnodig geviktimiseer omdat hulle wettige eise stel. Die werkers se &#8220;griewe&#8221; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34899\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Skoonmakers sorg vir chaos by UJ&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5806,5488,21588,9176,4917,17872],"class_list":["post-34899","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-betogings","tag-oproer","tag-skoonmakers","tag-uj","tag-universiteite","tag-werkers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34899","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34899"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34899\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34899"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34899"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34899"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}