{"id":34893,"date":"2015-11-05T07:35:30","date_gmt":"2015-11-05T05:35:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34893"},"modified":"2015-11-05T07:35:30","modified_gmt":"2015-11-05T05:35:30","slug":"soektog-na-vermiste-da-adjunkleier-afgelas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34893","title":{"rendered":"Soektog na vermiste DA-adjunkleier afgelas"},"content":{"rendered":"<p>Die grondsoektog na die vermiste adjunkleier van die DA in Noordwes, Petro Nel, is Maandag in Nepal afgelas.<\/p>\n<p>Nel, wat m\u00f4re presies vier weke gelede saam met \u2018n Russiese vlie\u00ebnier in di\u00e9 bergagtige land in \u2018n mikroligte vliegtuig vermis geraak het, se gesin is op pad terug na Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Die DA se provinsiale kommunikasiehoof, Nicolize van der Walt, s\u00ea Nel se man JC en die egpaar se seuns John-J en Juan is na Nepal nadat die mikroligte vliegtuig waarin Petro en Valeri Puten op 8 Oktober van Pokhara op \u2018n besigtigingsvlug in die Annapurna-berge in die Himalajas vertrek het, nooit teruggekeer het nie.<\/p>\n<p>Nel, oorspronklik van Klerksdorp, was alleen in Nepal met vakansie. Dit was haar droom sedert haar skooldae om in die land vakansie te hou.<\/p>\n<p>Van der Walt s\u00ea JC en die seuns sal na verwagting vandag in Suid-Afrika aankom.<\/p>\n<p>Van der Walt s\u00ea JC en die seuns het die laaste paar dae afskeid van hul geliefde Petro geneem.<\/p>\n<p>\u201cDie soektog moes iewers stop nadat daar niks (die twee vermiste mense en die vliegtuig) die afgelope drie weke gevind is nie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens haar moes Petro se gesin vir hul eie behoud tyd in Nepal deurbring en het dit gedoen om afskeid te neem. <\/p>\n<p>Nel s\u00ea familie en vriende is steeds positief en hoop op goeie nuus, maar Nel se gesin moet voortgaan met hul lewens.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea die DA sal in die volgende paar weke \u2018n besluit neem oor Nel se posisie. Dit is nog onbekend wat die wetlike aspekte rondom vermiste mense soos in Nel se geval is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grondsoektog na die vermiste adjunkleier van die DA in Noordwes, Petro Nel, is Maandag in Nepal afgelas. Nel, wat m\u00f4re presies vier weke gelede saam met \u2018n Russiese vlie\u00ebnier in di\u00e9 bergagtige land in \u2018n mikroligte vliegtuig vermis geraak het, se gesin is op pad terug na Suid-Afrika. Die DA se provinsiale kommunikasiehoof, Nicolize &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34893\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Soektog na vermiste DA-adjunkleier afgelas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[21616,7599,20234,6104],"class_list":["post-34893","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-adjunkleier","tag-da","tag-nepal","tag-noordwes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34893","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34893"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34893\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34893"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34893"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34893"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}