{"id":34885,"date":"2015-11-05T08:52:09","date_gmt":"2015-11-05T06:52:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34885"},"modified":"2015-11-06T09:49:31","modified_gmt":"2015-11-06T07:49:31","slug":"karel-combrinck-afkophoenders","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34885","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Afkophoenders"},"content":{"rendered":"<p>Dit is vandag, op enkele weke na, dertig jaar gelede dat P.W. Botha in Augustus 1985 sy beroemde of berugte \u00ab Rubicon \u00bb-toespraak voor die NP koukus in Durban gelewer het. Die toespraak is met skarrelende oorywer, &#8216;n mens kan byna s\u00ea, paniekbevangenheid, in opdrag van Pik Botha deur Suid-Afrikaanse ambassades w\u00eareldwyd vooraf bekendgemaak. Sou dit wees dat Pik Botha &#8216;n heel ander toespraak verwag het as wat PW inderdaad gelewer het ? Wat meer as duidelik is, is dat daar &#8216;n volslae gaping was tussen wat PW beoog het om in sy toespraak te s\u00ea en wat Pik Botha se afkophoenderdepartment in die buiteland aangekondig het.<\/p>\n<p>Die Rubicon is &#8216;n riviertjie in Noord-Itali\u00eb met &#8216;n besondere historiese betekenis. In die tyd van Julius Caesar en Gnaeus Pompeius is die Romeinse ryk geregeer deur &#8216;n konsulaat, d.w .s. &#8216;n regering deur twee konsuls waarvan die een (Julius Caesar) beheer gehad het oor die gebiede oorkant die Alpe (Galli\u00eb of Frankryk vandag) en die ander een (Gnaeus Pompeius) oor die gebied duskant die Alpe, d.w.s. Rome , of dan, Itali\u00eb . Die skeiding tussen die twee gebiede was die riviertjie, die Rubicon. Indien enige van die twee konsuls die Rubicon met &#8216;n le\u00ebr sou oorsteek, sou dit onmiddellik burgeroorlog beteken . Julius Caesar het juis d\u00edt gedoen in 49 V.C. en &#8216;n sesjarige burgeroorlog was die gevolg .<\/p>\n<p>In die tyd van die Romeinse burgeroorlog het die riviertjie dus reeds &#8216;n heel besondere simboliese en politieke betekenis gehad en hierdie simboliese betekenis word sedertdien algemeen in die politiek gebruik om &#8216;n waterskeidingsgebeurtenis van besondere belang aan te dui.<\/p>\n<p>So was dit dan ook met P.W Botha se \u00ab Rubicon \u00bb-toespraak. Of so moes dit gewees het . Dit is terloops tipies van Pik Botha se teatrale styl om die toespraak as &#8216;n \u00ab Rubicon \u00bb te beskryf en dit ly geen twyfel nie dat die beskrywing van hom afkomstig is. Hierdie toespraak sou dus na verwagting &#8216;n heel nuwe bedeling in die Suid-Afrikaanse politiek inlui, met afskaffing van \u00ab apartheidsmaatre\u00ebls \u00bb, wettiging van verbode partye, medeseggenskap in die landsbestuur deur swartes, stemreg en die joos weet wat nog. Die w\u00eareldpers en openbare mening is dus as&#8217;t ware deur Pik se departement op &#8216;n gereedheidsgrondslag geplaas om hierdie epogmakende beleidsverklaring te ontvang.<\/p>\n<p>Maar, daar speel PW toe glad nie saam nie en lewer een van die klassieke vingerswaaiende en dunliptoesprake waarvoor hy so bekend was en waarin omtrent alles en almal met die banvloek gedreig is. Die gevolg was dat die vooraf publisiteit deur Pik Botha se departement die buitelandse regerings, meningsvormers en die media voorberei het op presies die teenoorgestelde van wat PW in sy toespraak sou s\u00ea. &#8216;n Misverstand? Amateuragtigheid? O\u00ebverblindery? Hoe dit ook al sy, hierdie toespraak, met die vooraf gejuig van Pik Botha se departement, was die doodsklok vir blanke regering in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Wat het PW Botha besiel om die toespraak te maak? Wat was Pik Botha se oogmerk met die histeriese propagandasirkus vooraf? Die monumentale amateuragtigheid en onbeholpenheid van die hele operasie laat die vraag onstaan of daar dalk &#8216;n bedekte motief daaragter kon gewees het. Wat Pik Botha betref, was dit sekerlik moontlik, selfs waarskynlik dat hy PW in &#8216;n hoek sou wou druk sodat hy geen beweegruimte sou h\u00ea om enigiets anders te s\u00ea as wat Pik van hom verwag het nie. Pik se strategie was steeds om buitelandse druk te gebruik ten einde die proses van oorgawe in Suid-Afrika te versnel. Dis te betwyfel of PW self tot di\u00e9 soort subtiliteit in staat was.<\/p>\n<p>Hierdie was natuurlik nie die Nasionale Party se eerste halfgebakte operasie nie. Inteendeel l\u00ea die Nasionale Party se pad besaai met onbesonnenhede wat ons oneindige skade berokken het. Dink maar aan die tragikomiese \u00ab inval \u00bb in die Seychelle op 25 November 1981. En dan natuurlik die laaste en finale debakel, die kleitrappery by die \u00ab onderhandelinge \u00bb met die ANC waar die ANC-afgevaardigedes openlik vir die NP-\u00ab onderhandelaars \u00bb gelag het. Maar in daardie stadium was die Nasionale Party-regering so terminaal dekadent dat hulle waarskynlik oor die ANC se gelag gevlei gevoel het: minstens kon hulle darem daarin geslaag om &#8216;n reaksie uit te lok. Miskien was hulle aandag toe reeds gevestig op die eerste die beste geleentheid om die ANC se voete te kan was.<\/p>\n<p>Die gevolge van hierdie Rubicon-fiasko was onberekenbaar. Nie lank na die toespraak nie het die \u00ab konserwatiewe \u00bb Republikeinse senator, Richard Lugar, in die Amerikaanse senaat &#8216;n verdoemende toespraak gelewer waarin hy die Suid-Afikaanse regering en sy beleid vermorsel het en waarmee hy die tapyt finaal onder President Reagan se voete uitgeruk het. President Reagan het tot op daardie oomblik nog konsekwent sy veto teen enige anti-Suid-Afrikaanse sanksies gebruik.<\/p>\n<p>Spoedig na die \u00ab Rubicon \u00bb-debakel het Amerikaanse sanksies gevolg, met die gepaardgaande ineenstorting van die rand. Minder as &#8216;n jaar later is die Comprehensive Anti-Apartheid Act deur die Amerikaanse kongres aangeneem. En daarna het gevolg \u00ab swart ekonomiese bemagtiging \u00bb en uiteindelik gewoon \u00ab swart bemagtiging \u00bb, met ander woorde, ANC-regering in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>PW Botha het dus nie die \u00ab Rubicon \u00bb oorgesteek soos Pik Botha en sy afkophoenderdepartement voorspel het hy sou doen nie, maar die wyse waarop hy voor die Rubicon vasgesteek het, is\u00a0op so &#8216;n patetiese en ongeluksalige wyse bestuur dat &#8216;n mens vandag daaroor net kan lag of huil. Maar, weereens, dit kan wees dat dit so beplan was. As die \u00ab Rubicon \u00bb-fiasko &#8216;n waterskeiding was, dan was dit een wat direk tot ons ondergang gelei het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is vandag, op enkele weke na, dertig jaar gelede dat P.W. Botha in Augustus 1985 sy beroemde of berugte \u00ab Rubicon \u00bb-toespraak voor die NP koukus in Durban gelewer het. Die toespraak is met skarrelende oorywer, &#8216;n mens kan byna s\u00ea, paniekbevangenheid, in opdrag van Pik Botha deur Suid-Afrikaanse ambassades w\u00eareldwyd vooraf bekendgemaak. Sou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34885\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Karel Combrinck: Afkophoenders&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":34902,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[7716,7721,21617,13204,8631],"class_list":["post-34885","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-pik-botha","tag-pw-botha","tag-richard-lugar","tag-ronald-reagan","tag-rubicon"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34885","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34885"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34885\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34902"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34885"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34885"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34885"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}