{"id":34877,"date":"2015-11-04T08:38:27","date_gmt":"2015-11-04T06:38:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34877"},"modified":"2015-11-04T08:38:27","modified_gmt":"2015-11-04T06:38:27","slug":"mosie-aanvaar-om-sa-se-knellende-droogte-die-hoof-te-bied","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34877","title":{"rendered":"Mosie aanvaar om SA se knellende droogte die hoof te bied"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se Nasionale Raad van Provinsies (NPR) het &#8216;n mosie oor droogtehulp aanvaar, het RSG berig.<\/p>\n<p>Die uiterste droogte die potensiaal het om voedselsekerheid en politieke bestendigheid te raak. <\/p>\n<p>&#8216;n Gebrek aan voedselsekerheid was een van die hoofredes wat tot die Arabiese Lente in Egipte gelei het, het &#8216;n opposisielid ges\u00ea. <\/p>\n<p>Denemarke het intussen aangekondig dat hulle Suid-Afrika sal bystaan met watervoorsieningsprobleme. <\/p>\n<p>Die Deense minister van Omgewingsake, Eva Kjer Hansen en die Suid-Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane het &#8216;n ooreenkoms in Johannesburg onderteken. <\/p>\n<p>Dit volg te midde van die dreigende waterkrisis in die land wat talle munisipaliteite en die landbousektor raak. KwaZulu-Natal en die Vrystaat is reeds as droogte-rampgebiede verklaar. <\/p>\n<p>Mokonyane s\u00ea Deense ondersteuning sal &#8216;n belangrike rol speel om volhoubare oplossings te vind. Hansen s\u00ea Denemarke sal sy tegnologie en ervaring bied.<\/p>\n<p>Omdat die landbou-bedryf &#8216;n belangrike rol speel om maatskaplike en ekonomiese stabiliteit te verseker, het die NRP &#8216;n beroep op die regering gedoen om boere te ondersteun<\/p>\n<p>Deur droogtehulp te verskaf en toe te sien dat voorgestelde beleid nie bykomende druk op die sektor plaas nie, kan bestendigheid geskep word.<\/p>\n<p>Sitrusboere in die Laeveld s\u00ea intussen die uitwerking van die droogte op hul oeste is enorm. Kleinboere in die Bosbokrand-omgewing s\u00ea hul verlaagde produksie dwing hulle om werkers in die pad te steek.<\/p>\n<p>Agri-Wes-Kaap s\u00ea intussen groot dele van die provinsie is op die rand van &#8216;n droogte. Met die uitsondering van die Suid-Kaap, wat goeie re\u00ebnval gehad het, het die res van die land met een van die ergste droogtes in dekades te kampe. <\/p>\n<p>Boere kan nie plant nie, terwyl die Departement van Landbou boere in die binneland gevra het om hul kuddes te verklein weens beperkte weiding. <\/p>\n<p>Die woordvoerder van Agri-Wes-Kaap, Carl Opperman s\u00ea die provinsie se graanboere kry die swaarste.<\/p>\n<p>Die LUR vir Landbou in Limpopo, Joy Matshokge wil intussen h\u00ea dat die regering di\u00e9 provinsie weens die droogte tot rampgebied verklaar. <\/p>\n<p>Matshokge s\u00ea sy het aan die regering geskryf en bystand versoek. Sy s\u00ea haar departement wil veeboere van voer voorsien. <\/p>\n<p>Sy s\u00ea sodra &#8216;n bedrag vir &#8216;n begroting bepaal is, kan die departement begin om boere vir noodleniging te laat registreer.<\/p>\n<p>Die toeriste-vereniging, Fedhasa, s\u00ea waterbeperkings wat weens die voortslepende droogte in Kwa Zulu-Natal ingestel is het &#8216;n negatiewe impak op die toeristebedryf in die provinsie. <\/p>\n<p>Die federasie s\u00ea die meeste hotelle is afhanklik van natuurlike toeriste-aantreklikhede soos damme en die natuurlewe, en hulle sukkel nou om die mas op te kom. <\/p>\n<p>Sommige hotelle moet spesiale re\u00eblings tref om water vir hul gaste beskikbaar te stel. Dit is die ergste droogte sedert 1992 in die provinsie. <\/p>\n<p>Fedhasa het intussen gevra dat die regering meer tegemoedkomend moet wees teenoor hotelle in die toepassing van waterbeperkings.<\/p>\n<p>Die droogte in die iLembe-distrik in KwaZulu-Natal het vererger. <\/p>\n<p>Die distrik sluit Ballito in. Die Hazelmere dam is slegs 27 persent vol, en riviere wat water aan Stanger en omliggende gebiede verskaf is baie droog. <\/p>\n<p>Die burgemeester van iLembe, Welcome Mdabe waarsku dat die hele distrik binne drie maande sonder water kan wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se Nasionale Raad van Provinsies (NPR) het &#8216;n mosie oor droogtehulp aanvaar, het RSG berig. Die uiterste droogte die potensiaal het om voedselsekerheid en politieke bestendigheid te raak. &#8216;n Gebrek aan voedselsekerheid was een van die hoofredes wat tot die Arabiese Lente in Egipte gelei het, het &#8216;n opposisielid ges\u00ea. Denemarke het intussen aangekondig &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34877\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mosie aanvaar om SA se knellende droogte die hoof te bied&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4948,10101,14425,4111,18819,21229,21613],"class_list":["post-34877","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-boere","tag-denemarke","tag-droogte","tag-landbou","tag-mosie","tag-nrp","tag-watervoorsiening"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34877","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34877"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34877\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34877"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34877"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34877"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}