{"id":34821,"date":"2015-10-30T07:43:36","date_gmt":"2015-10-30T05:43:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34821"},"modified":"2015-10-30T07:43:36","modified_gmt":"2015-10-30T05:43:36","slug":"al-basjir-besoek-aan-indie-is-nuwe-uitdaging-aan-iss","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34821","title":{"rendered":"Al Basjir-besoek aan Indi\u00eb is nuwe uitdaging aan ISS"},"content":{"rendered":"<p>Indi\u00eb sal president Omar al-Basjir in hegtenis moet neem en uitlewer as hy Nieu-Delhi die week vir \u2019n beraad sou besoek, het die Internasionale Strafhof ges\u00ea.<\/p>\n<p>Indi\u00eb is nie \u2019n stigter-ondertekenaar van die Verdrag van Rome waardeur die hof tot stand gebring is nie, maar die hof voer aan dat Indi\u00eb \u2019n plig het ingevolge \u2019n resolusie van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad.<\/p>\n<p>Al-Basjir se immuniteit is volgens die internasionale reg opgehef, maar Afrikalande steur hulle nie aan die hof se uitsprake nie.<\/p>\n<p>Al-Basjir het ongehinderd in Indi\u00eb opgedaag vir \u2019n Indi\u00eb-Afrika-beraad en is vriendelik deur premier Narendra Modi ontvang. Die twee het intussen samesprekings gehou.<\/p>\n<p>Indi\u00eb is die tweede grootste handelsvennoot van Soedan na China. Verskeie Indiese olie-, gas- en konstruksiemaatskappye werk in Soedan.<\/p>\n<p>Bilaterale handel tussen Indi\u00eb en Soedan het tot $1,4 miljard in 2014-15 gestyg, van $327,000,000 in 2005-06. Handel met Afrika het twintigvoudig toegeneem sedert 2000 tot $72 miljard.<\/p>\n<p>Fatou Bensouda, \u2019n aanklaer by die ISS, het ges\u00ea die hof moet die Suid-Afrikaanse regering dwing om te verklaar waarom Soedan se president in Junie nie in hegtenis geneem is nie.<\/p>\n<p>Die hooggeregshof in Pretoria het in Junie beslis dat Al-Basjir in hegtenis geneem moet word, maar hy is toegelaat om te vertrek.<\/p>\n<p>Hy word deur die Strafhof gesoek weens beweerde oorlogsmisdade in Darfoer. Die Verenigde Nasies (VN) skat 300 000 mense het sedert 2003 in die streek die lewe gelaat.<\/p>\n<p>Die ANC het egter intussen gedreig om aan die hof te onttrek.<\/p>\n<p>As die geding teen Al-Basjir se besoek in die Suid-Afrikaanse Grondwethof voortgesit word, sal \u2019n uitspraak oor die kwessie moontlik eers einde volgende jaar gelewer word. Intussen sal dit moontlik wees vir hom om die land weer te besoek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indi\u00eb sal president Omar al-Basjir in hegtenis moet neem en uitlewer as hy Nieu-Delhi die week vir \u2019n beraad sou besoek, het die Internasionale Strafhof ges\u00ea. Indi\u00eb is nie \u2019n stigter-ondertekenaar van die Verdrag van Rome waardeur die hof tot stand gebring is nie, maar die hof voer aan dat Indi\u00eb \u2019n plig het ingevolge &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34821\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Al Basjir-besoek aan Indi\u00eb is nuwe uitdaging aan ISS&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,20810,8026,11794,2260,10067],"class_list":["post-34821","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-al-basjir","tag-indie","tag-iss","tag-soedan","tag-strafhof"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34821","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34821"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34821\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34821"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34821"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34821"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}