{"id":34813,"date":"2015-10-30T05:00:26","date_gmt":"2015-10-30T03:00:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34813"},"modified":"2015-11-01T07:06:34","modified_gmt":"2015-11-01T05:06:34","slug":"taalbom-bars-by-tuks-afrikaans-dalk-afgeskaf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34813","title":{"rendered":"Taalbom bars by Tuks: Afrikaans dalk &#8216;afgeskaf&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>N\u00e1 druk van radikale Engelse studente, oorweeg die Universiteit van Pretoria dit sterk om Afrikaans heeltemal &#8220;af te skaf&#8221;. Volgens &#8216;n berig van Rand Daily Mail Newswire, &#8220;broei &#8216;n storm oor UP se besluit om sy taalbeleid te hersien, wat beteken dat Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf kan word&#8221;.<\/p>\n<p>Die rektor Cheryl de la Rey het reeds besluit om die senaat en universiteitsraad, asook die departement van ho\u00ebr onderwys, &#8220;te raadpleeg oor die universiteit se taalbeleid, gegrond op eise wat deur studente tydens verlede week se betogings gestel is&#8221;.<\/p>\n<p>Volgens die woordvoerder van UP, Anna-Retha Bouwer, &#8220;is &#8216;n ondersoek aan die gang, en &#8216;n verslag is vir die einde van die jaar beloof. Aannames oor die uitkoms daarvan moet nie op di\u00e9 stadium gemaak word nie&#8221;.<\/p>\n<p>Di\u00e9 stap is deur die Higher Education Transformation Network, &#8216;n skaduagtige groep wat kliphard werk om alle Suid-Afrikaanse universiteite, ook die PUK, te verengels, verwelkom.<\/p>\n<p>Die uitvoerende direkteur van di\u00e9 organisasie, Reginald Legoabe, het ges\u00ea:<\/p>\n<p>&#8220;Engels sou &#8216;n\u00a0tipiese konsensustaal wees aangesien dit internasionaal en in die sake-omgewing gebruik word. Ons sal geen probleem h\u00ea indien alle groepe daartoe instem om na die gebruik van Engels te graviteer nie sodat dit niemand &#8216;n ekstra voordeel bied nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die Universiteit van Pretoria het op 13 September 1932 met 13 stemme teen 4 &#8216;n raadsbesluit aanvaar om Afrikaans as onderrigmedium in te stel, n\u00e1 onenigheid tussen Afrikaanse en Engelse studente wat weens &#8216;n Boerehaat-boek deur &#8216;n dosent, ene HP Lamont, ontstaan het. Die titel van die boek was <em>War, wine and women<\/em>, en daarin is neerhalende opmerkings oor Afrikaners gemaak. Die boek is aanvanklik anoniem uitgegee, maar dit het later geblyk dat Lamont die skrywer was.<\/p>\n<p>Sedert 1994 het die universiteit geleidelik &#8216;n parallelmediumuniversiteit geword en sommige vakke word reeds slegs deur medium van Engels gedoseer. Radikale dosente vanaf Engelse universiteite is insgelyks aangestel wat studente met marxisme, feminisme en afrosentrisme breinspoel, veral in die geesteswetenskappe.<\/p>\n<p>Die Universiteit van Pretoria is tans die enigste kampus in &#8216;n stedelike omgewing waar Afrikaans as onderrigmedium gebruik word. Die universiteit huisves ook meer Afrikaanse studente (ongeveer 16 000) as enige ander universiteit, waaronder ook die oorwegend Afrikaanse kampusse van Stellenbosch en Potchefstroom. Indien Tuks vanaf 2017 suiwer Engels sou word, sou die doodsklok vir Afrikaanse universiteitsonderrig lui.<\/p>\n<p>PRAAG het kort na sy ontstaan in 2000 &#8216;n betoging ten gunste van Afrikaans op die UP-kampus georganiseer. Die universiteit het egter die betoging verbied, waarna dr. Dan Roodt en &#8216;n groep van ongeveer honderd\u00a0studente in Lynnwoodweg moes betoog. Vandag geskied\u00a0anti-Afrikaanse en anti-blanke betogings egter vrylik op die kampus. Afrikaanse studente is verlede week met megafone uit die biblioteke verjaag en selfs met geweld gedreig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>N\u00e1 druk van radikale Engelse studente, oorweeg die Universiteit van Pretoria dit sterk om Afrikaans heeltemal &#8220;af te skaf&#8221;. Volgens &#8216;n berig van Rand Daily Mail Newswire, &#8220;broei &#8216;n storm oor UP se besluit om sy taalbeleid te hersien, wat beteken dat Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf kan word&#8221;. Die rektor Cheryl de la Rey het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34813\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taalbom bars by Tuks: Afrikaans dalk &#8216;afgeskaf&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34730,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[],"class_list":["post-34813","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34813"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34813\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34730"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}