{"id":34802,"date":"2015-10-29T08:12:01","date_gmt":"2015-10-29T06:12:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34802"},"modified":"2015-10-30T06:17:47","modified_gmt":"2015-10-30T04:17:47","slug":"vaalseun-bush-ver-agter-in-nominasiestryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34802","title":{"rendered":"Vaalseun Bush ver agter in nominasiestryd"},"content":{"rendered":"<p>Jeb Bush het vasgeval in die Republikeinse nominasieproses nadat sy kandidatuur in die Amerikaanse presidentsverkiesing &#8216;n ernstige knou gekry het, het AFP berig.<\/p>\n<p>Bush was aanvanklik vol vertroue dat dit &#8216;n maklike stryd sou wees.<\/p>\n<p>Om die seun van een en die broer van nog \u2018n oudpresident te wees, blyk nie genoeg van &#8216;n aanbeveling te wees om sy sukkelende veldtog te red nie.<\/p>\n<p>Hy loop ver agter die voorloper het na berig word 40 persent van sy verkiesingsbegroting wat vir personeel bestem is, gesny en selfs sy reiskoste ingeperk. <\/p>\n<p>Bush is nou een van die aanspraakmakers wat hulle in die middel van die bondel bevind.<\/p>\n<p>In die begin van die veldtog het die voormalige goewerneur van Florida, wat met &#8216;n bruin vrou getroud is, groot geld van ondersteuners gekry. <\/p>\n<p>Bush het egter \u2018n knou gekry met die enorme steun wat die miljard\u00ear en tans voorloper, Donald Trump, geniet.<\/p>\n<p>In \u2018n poging om hernude lewe in die veldtog van Bush te blaas, het drie geslagte van sy bekende familie in Houston, Texas saamgetrek om skenkers die versekering te gee dat \u2018n derde Bush-president meer as net \u2018n skrale moontlikheid is.<\/p>\n<p>Oudpres. George H.W. Bush en George W. Bush, onderskeidelik Jeb se pa en broer, was byderhand om blad te skud en saam met ondersteuners met dik beursies vir foto\u2019s te poseer terwyl die 2016-kandidaat sy bes gedoen het om gemotiveerd te lyk vir die stryd wat voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Ondersteuners s\u00ea hulle glo Bush kan nog \u2018n haas uit \u2018n hoed trek, maar die prentjie lyk donker. <\/p>\n<p>Teen die middel van Julie was Bush die voorloper met twee keer soveel steun as Trump. Vandag is die prentjie aansienlik anders met Trump wat meer as drie keer soveel steun as Bush geniet.<\/p>\n<p>Met net 7% steun, loop die vaal Bush ook agter die afgetrede swart neurochirurg, Ben Carson &#8211; wat soos Trump nog nooit \u2018n openbare amp beklee het nie &#8211; en senatore Marco Rubio en Ted Cruz.<\/p>\n<p>Self Bush-ondersteuners gee toe dat hierdie eerste rondtes van die presidentsveldtog aansienlik anders is as in vorige jare. Gevolglik word die Republikeine se veldtogte, insluitende di\u00e9 van Bush, heroorweeg.<\/p>\n<p>Trump, wat gestand doen aan sy reputasie van skerp politieke stekies, het met Bush gespot en ges\u00ea hy \u201contmoet vir mamma en pappa\u201d in Houston.<\/p>\n<p>Bush het intussen sy moedeloosheid met die toedrag van sake in die wedloop uitgeblaker.<\/p>\n<p>\u201cEk het regtig baie \u2018cool\u2019 dinge wat ek kan doen, eerder as om rond te sit en teneergedruk te wees, na mense te luister wat my slegs\u00ea en verplig te voel om hulle weer sleg te s\u00ea. Verkies vir Trump as dit is wat julle wil h\u00ea.\u201d <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jeb Bush het vasgeval in die Republikeinse nominasieproses nadat sy kandidatuur in die Amerikaanse presidentsverkiesing &#8216;n ernstige knou gekry het, het AFP berig. Bush was aanvanklik vol vertroue dat dit &#8216;n maklike stryd sou wees. Om die seun van een en die broer van nog \u2018n oudpresident te wees, blyk nie genoeg van &#8216;n aanbeveling &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34802\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vaalseun Bush ver agter in nominasiestryd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34803,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[21590,21342,21591,12998,19417,12241,2848],"class_list":["post-34802","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-21590","tag-amerikaanse-verkiesing","tag-benoemingstryd","tag-donald-trump","tag-jeb-bush","tag-republikeine","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34802","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34802"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34802\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34803"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34802"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34802"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34802"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}