{"id":348,"date":"2007-04-24T19:04:08","date_gmt":"2007-04-24T19:04:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=348"},"modified":"2007-04-24T19:04:08","modified_gmt":"2007-04-24T19:04:08","slug":"jeltsin-ortodoks-begrawe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=348","title":{"rendered":"Jeltsin ortodoks begrawe"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Hy sal in die Klooster van die Katedraal van Novodewitsji se begraafplaas tussen roemryke Russe ter aarde bestel word. Die diens self sal Woensdag uit die Christus Redder-katedraal gelei word. &#8216;n Segsman van die Ortodokse Kerk het bevestig dat die tradisionele roudiens deur drie ortodokse geestelikes gelei sal word.<\/p>\n<p> Di&eacute; spierwit imposante Katedraal met sy goue koepel staan op die oewer van die Moskwarivier. Jeltsin het dit in die negentigerjare laat herbou nadat dit in 1931 op bevel van Josef Stalin deur dinamiet in puin gel&ecirc; is.<\/p>\n<p> Internasionale gaste word Woensdag vir die diens in Moskou verwag. George W. Bush, sy vader, Bill Clinton en die Duitse president Horst K&ouml;hler het aangedui dat hulle teenwoordig sal wees. Afgevaardigdes van Litoue en Armeni&euml; word ook volgens die Russiese pers verwag. Die begrafnis sal direk gebeeldsend word.<\/p>\n<p> Woensdag is tot nasionale roudag verklaar en President Vladimir Poetin se beplande staatsrede voor die parlement sal na Donderdag verskuif word.<\/p>\n<p> Vandag is argiefmateriaal van die president en gebeurtenisse tydens sy termyn uitgesaai. Die uitsendings is onderbreek deur lofredes van talle hooggeplaastes aan Jeltsin se nalatenskap. President Poetin, wat heelwat later as Mikhail Gorbatsjof gereageer het, het onder meer ges&ecirc; dat Jeltsin &quot;&#8217;n demokratiese Rusland en &#8216;n staat wat vir die w&ecirc;reld oopstaan&quot; ingelui het.<\/p>\n<p> Jeltsin sal langs Alexander Lebed, die generaal en eerste milit&ecirc;re leier wat hom ondersteun het in die staatsgreep teen Gorbatsjof op 19 Augustus 1991, begrawe word. Ander bekende name wat op die grafstene pryk is di&eacute; van Nikita Kroestjof, Anton Tsjekof, Nikola&iuml; Gogol, Dmitri Sjostakowitsj, Sergei Prokofi&euml;f en Alexander Skrjabin.<\/p>\n<p> Die inwoners van Moskou het egter die lofsange aan hul ontslape eertydse president met bitterheid en teleurstelling aangehoor. Vir die meeste sal hy onthou word vir die moeilike gevolge van privatisering, probleme in Tsjetsjni&euml; en die ontbinding van die Sowjet-unie. <\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u0433\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Boris Jeltsin is Maandag op die ouderdom van 76 aan &#8216;n hartaanval oorlede. Die eertydse president wat Rusland vir kapitalisme en die vrye mark oopgestel het, het geruime tyd reeds probleme met sy hart ondervind en sy gesondheid was wankelrig, na wat berig word.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,485,21089],"class_list":["post-348","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-jeltsin","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/348","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=348"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/348\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=348"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=348"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=348"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}