{"id":34779,"date":"2015-10-28T09:14:58","date_gmt":"2015-10-28T07:14:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34779"},"modified":"2015-10-28T09:14:58","modified_gmt":"2015-10-28T07:14:58","slug":"tanzanie-wag-in-spanning-op-verkiesingsuitslag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34779","title":{"rendered":"Tanzani\u00eb wag in spanning op verkiesingsuitslag"},"content":{"rendered":"<p>Tanzani\u00ebrs het pas vir \u2019n president, parlement en plaaslike owerhede gestem, maar Chadema, die opposisieparty beweer verkiesingsbedrog is in Sondag se verkiesings gepleeg.<\/p>\n<p>Die regerende Chama Cha Mapinduzi-\u00adparty (CCM) staar ook vir die eerste keer, sedert \u2019n veelparty-demokrasie in 1995 in Tanzani\u00eb ingestel is, \u2019n geloofwaardige\u00ad uitdaging in die gesig nadat nege ministers reeds hul parlement\u00eare setels afgestaan het volgens die jongste berigte.<\/p>\n<p>John Magufuli van die CCM word as \u2019n naelskraapse gunsteling beskou om die voormalige eerste minister, Edward Lowassa, \u2019n veteraan van die CCM wat onlangs na Chadema oorgestap het, te klop. Chadema lei \u2019n koalisie van opposisiepartye. <\/p>\n<p>Ontleders waarsku egter dat \u2019n verkiesingstryd wat so kop aan kop is, grootskaalse spanning kan veroorsaak.<\/p>\n<p>Stemmery het meestal vreedsaam verloop, maar \u2019n Chadema-woordvoerder\u00ad s\u00ea die party is bekommerd oor \u2019n aantal \u201conderskeppings van volgestopte\u00ad stembusse\u201d.<\/p>\n<p>Die beweringe kon nie onafhanklik bevestig word nie.<\/p>\n<p>Verkiesingsbeamptes verwag die uitslae van die presidentsverkiesing binne drie dae, maar vroe\u00eb uitslae word verwag.<\/p>\n<p>Politieke waarnemers meen die 55-jarige Magufuli, tans minister van werke, wat hom die bynaam \u201cThe Bulldozer\u201d laat kry het, staar \u2019n stewige uitdaging van die 62-jarige Lowassa in die gesig.<\/p>\n<p>Lowassa was van 2005 tot sy bedanking in 2008 eerste minister. Hy het bedank na aanleiding van bewerings van korrupsie wat hy ten sterkste ontken het. Hy was vir jare \u2019n CCM-lojalis, maar hy het kiesers nou gevra om die bewind van die party te be\u00ebindig.<\/p>\n<p>Die uitgaande president, Jakaya Kikwete, wat nie weer verkiesbaar is nie omdat hy sy twee termyne uitgedien het wat deur die grondwet beperk word, het die polisie versoek om veiligheidsmaat\u00adre\u00ebls te verskerp in die land met 52 miljoen inwoners waarvan 22 miljoen geregistreer het om te stem.<\/p>\n<p>Kiesers het ook vir lede van die parlement en plaaslike owerhede gestem, maar die weermag het ure gelede in die gebou ingestorm waar die tellery gehou word om kennisgewing van die uitslae te verbied.<\/p>\n<p>Verkiesings is in die semi-outonome Zanzibar, na aan die kus van Tanzani\u00eb, gehou, waar die eiland sy eie presidents verkies.<\/p>\n<p>Duitsland het intussen gerugte ontken dat hulle hul steun aan die opposisie toeges\u00ea het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tanzani\u00ebrs het pas vir \u2019n president, parlement en plaaslike owerhede gestem, maar Chadema, die opposisieparty beweer verkiesingsbedrog is in Sondag se verkiesings gepleeg. Die regerende Chama Cha Mapinduzi-\u00adparty (CCM) staar ook vir die eerste keer, sedert \u2019n veelparty-demokrasie in 1995 in Tanzani\u00eb ingestel is, \u2019n geloofwaardige\u00ad uitdaging in die gesig nadat nege ministers reeds hul &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34779\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tanzani\u00eb wag in spanning op verkiesingsuitslag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34781,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4112,5227,21583,2300,10632,16445,4631,21582],"class_list":["post-34779","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afrika","tag-duitsland","tag-eiland","tag-korrupsie","tag-onafhanklikheid","tag-tanzanie","tag-verkiesing","tag-zanzibar"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34779\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34781"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}