{"id":34772,"date":"2015-10-28T08:40:43","date_gmt":"2015-10-28T06:40:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34772"},"modified":"2015-10-28T08:57:42","modified_gmt":"2015-10-28T06:57:42","slug":"vf-ivp-acdp-kla-oor-sa-palestyne-ontvang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34772","title":{"rendered":"VF+, IVP, ACDP kla oor SA Palestyne ontvang"},"content":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus, die IVP en die ACDP het die ANC gekritiseer omdat hy die Palestynse Hamas-leierskap verlede week in Suid-Afrika ontvang het. <\/p>\n<p>Die partye s\u00ea dit is strydig met die regering se amptelike posisie oor die voortslepende konflik tussen Israel en die Palestyne. <\/p>\n<p>Die partye het aan die media in die Parlement ges\u00ea dat die regering nie kant moet kies nie omdat dit &#8216;n vreedsame oplossing kan ontspoor. <\/p>\n<p>Die partye was in September deel van &#8216;n feitesending aan Israel en die Palestyne. <\/p>\n<p>Die Vryheidsfront Plus het vroe\u00ebr in &#8216;n verklaring ges\u00ea Hamas is &#8216;n &#8220;internasionale terreurorganisasie&#8221;, alhoewel dit nie as sodanig gelys is nie. <\/p>\n<p>Slegs die gewapende vleuel van die beweging word as &#8216;n terreurorganisasie deur sommige lande beskou, maar in die geheel word Hamas as meer gematig as byvoorbeeld Fata gesien.<\/p>\n<p>Die VSA het Hamas as &#8216;n terreurorganisasie gelys, terwyl die EU en onverbonde lande sowel as Rusland en China die politieke vleuel van Hamas aanvaar as &#8216;n regmatige verteenwoordiger van die Palestyne.<\/p>\n<p>Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa, het in reaksie ges\u00ea die vergadering met Hamas is deel van die ANC se pogings om verskeie Palestynse faksies te verenig. <\/p>\n<p>Kodwa s\u00ea klagtes oor die uitnodiging aan Hamas toon dat die betrokke politieke partye nie internasionale eensgesindheid begryp nie.<\/p>\n<p>Khaled Masjaal, die leier van Hamas, het tydens sy besoek aan Suid-Afrika ges\u00ea die Palestyne worstel met Israel se &#8220;rassisme en apartheid&#8221;.<\/p>\n<p>Hy het Israel as &#8216;n &#8220;apartheidregime&#8221; beskryf, &#8216;n frase wat ook gebruik word deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake John Kerry.<\/p>\n<p>Intussen het Israel die aanbring van kameras in Jerusalem se ou stad en die Al-Aqsa moskee-kompleks, een van Islam se heiligste plekke, verwelkom. <\/p>\n<p>Israel\u00ad se eerste minister, Benjamin Netanyahu, s\u00ea \u2019n ooreenkoms om 24-uur veiligheidskameras rondom die kompleks te installeer, is in Israel se belang. <\/p>\n<p>Di\u00e9 besluit kom nadat die Israelse weermag &#8216;n Palestynse meisie doodgeskiet het na &#8216;n beweerde mesaanval.<\/p>\n<p>Spanning laai steeds op met botsings by die moskee-kompleks, bekend as Tempelberg, na \u2019n vlaag mesaanvalle en dodelike protesbyeenkomste.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus, die IVP en die ACDP het die ANC gekritiseer omdat hy die Palestynse Hamas-leierskap verlede week in Suid-Afrika ontvang het. Die partye s\u00ea dit is strydig met die regering se amptelike posisie oor die voortslepende konflik tussen Israel en die Palestyne. Die partye het aan die media in die Parlement ges\u00ea dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34772\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+, IVP, ACDP kla oor SA Palestyne ontvang&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4938,21581,7708,5174,11223,266,7576,2848],"class_list":["post-34772","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-apartheid","tag-fata","tag-hamas","tag-israel","tag-palestina","tag-rassisme","tag-vf","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34772","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34772"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34772\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34772"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34772"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34772"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}