{"id":34760,"date":"2015-10-28T08:02:10","date_gmt":"2015-10-28T06:02:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34760"},"modified":"2015-10-29T07:44:39","modified_gmt":"2015-10-29T05:44:39","slug":"invloei-van-lae-ik-immigrante-gaan-duitsland-vernietig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34760","title":{"rendered":"&#8216;Invloei van lae-IK immigrante gaan Duitsland vernietig&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Professor Heiner Rindermann, voorsitter van Opvoedkundige en Ontwikkelingsielkunde by die Universiteit van Chemnitz, het in &#8216;n ontleding op <em>Focus Online<\/em>, &#8216;n gewilde Duitse webwerf, die belangrikheid van IK, kultuur en prestasie uitgespel.<\/p>\n<p>Die <a href=\"http:\/\/www.focus.de\/finanzen\/news\/wir-verteidigen-europas-werte-ingenieure-auf-realschulniveau_id_5016680.html\">artikel <\/a>s\u00ea onomwonde dat massa-invloei van lae-IK immigrante gaan lei tot die vernietiging van Duitsland.<\/p>\n<p>&#8220;Die standaard van onderwys van die meeste immigrante uit Wes-Asi\u00eb en Afrika is laag, en hul vermo\u00ebns is beperk. Die gevolge hiervan gaan bitter wees,&#8221; s\u00ea prof Rindermann.<\/p>\n<p>&#8220;Hierdie jaar, en in die afgelope maande is &#8216;n toenemende aantal immigrante uit Suid-Oos-Europa, die Midde-Ooste en Afrika, in Duitsland ingevoer,&#8221; het hy ges\u00ea, en bygevoeg dat die meerderheid van hierdie &#8220;immigrante&#8221; oor geen kwalifikasies beskik nie.<\/p>\n<p>Selfs al sou hulle gehad het, wys hy daarop, is hulle nog steeds nutteloos. <\/p>\n<p>Deur die bank het internasionale studies aangetoon dat die resultate wat verkry word by die instellings van ho\u00ebr onderwys in hierdie lande, gemiddeld sowat 110 punte laer is as by soortgelyke instellings in Duitsland.<\/p>\n<p>&#8220;Dit stem ooreen met &#8216;n bevoegdheidsertifikaatgaping van ongeveer drie jaar,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Die gaping is selfs groter in Afrika, waar dit ongeveer vier en &#8216;n half jaar is.<\/p>\n<p>&#8220;Selfs in &#8216;n elite-groep, soos ingenieurswese-studente van die Arabiese lande, kan &#8216;n groot verskil gesien word: Hul vaardighede is 2-4 skooljare agter di\u00e9 van vergelykbare Duitse ingenieurswese-studente.<\/p>\n<p>&#8220;Hierdie patroon van [swak] resultate is verder bevestig in &#8216;n onlangse studie in Chemnitz wat kyk na asielsoekers met universiteitsvlakkwalifikasies. Hulle wiskunde en meetkunde toon &#8216;n gemiddelde IK van 93, wat op dieselfde vaardigheidsvlak as laerskoolleerlinge is,&#8221; s\u00ea prof Rindermann.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n volle tien punte onder die gemiddelde Duitse moedertaalspreker wat nie universiteitstoelating kry nie, se IK.<\/p>\n<p>Professor Rindermann s\u00ea een van die verskonings vir die lae IK-tellings, &#8220;taalprobleme&#8221;, is slegs &#8216;n sekond\u00eare faktor. <\/p>\n<p>&#8220;Die basiese vaardigheidswakhede is baie meer ernstig en gewigtig. Op skool, sal hierdie migrante gemiddeld &#8216;n swakker prestasie toon en selde enige ho\u00eb kwalifikasies bereik.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het daarop gewys dat ondertrouery onder Moslems en swartes die probleem vererger, met kinders wat gebore word uit sodanige huwelike dikwels met &#8220;ooreenstemmende gestremdhede&#8221; worstel.<\/p>\n<p>Verder, s\u00ea hy: &#8220;Die werkloosheidsyfer sal ho\u00ebr wees, hulle sal meer maatskaplike bystand benodig en onsuksesvol wees in die hantering van die tegnologiese en kulturele kompleksiteit van &#8216;n moderne land. Kognitiewe foute sal voorkom in die daaglikse lewe, soos in die verkeer of in professionele en finansi\u00eble besluite, met ernstige gevolge vir ander.&#8221;<\/p>\n<p>Professor Rindermann het ook na die werklikheid van ho\u00ebr misdadigheid onder die indringers verwys, en ges\u00ea dat daar &#8220;ho\u00ebr voorvalle van geweld onder immigrantegesinne voorkom&#8221;. Hierdie misdade sluit seksuele aanranding in, soms in die vorm van spontane geweld oor &#8216;n hele gebied.<\/p>\n<p>&#8220;Volgens amptelike verslae, is Moslems net 12 persent van die bevolking in Frankryk, maar is verantwoordelik vir meer as 60 persent van alle oortredings. In Belgi\u00eb, is Moslems agt keer meer verteenwoordig in die tronk as wat hul bevolkingsgetalle toelaat, en in Brittanje, is  meer as een duisend Engelse meisies seksueel misbruik deur Pakistanse mans. In Berlyn, is immigrante drie keer meer as hulle getalle oorverteenwoordig in geweldsmisdade, en sewe keer in verkragtingsake. &#8221;<\/p>\n<p>Verder het professor Rindermann ges\u00ea, dit is verkeerd om diversiteit te assosieer met gelykheid. In plaas daarvan, toon al die navorsing dat &#8220;ho\u00ebr diversiteit verband hou met &#8216;n groter inkomste-ongelykheid, maatskaplike onstabiliteit, skokkende ho\u00ebr misdaad, en minder algehele vertroue.<\/p>\n<p>&#8220;Vir baie, kan hierdie gevolgtrekkings verrassend of selfs ontstellend wees, maar dit is net omdat die politici, die media, en selfs &#8216;n paar wetenskaplikes die effek van migrasie-verwante gebeurtenisse verdraai,&#8221; s\u00ea Rindermann.<\/p>\n<p>&#8220;Die vryheid en die daaglikse lewens van vroue sal beperk word. Dieselfde geld vir die Jode, homoseksuele, en spotprenttekenaars. Die professionele lewens van polisiebeamptes, geregtelike amptenare, personeel in dienskantore, brandweermanne, onderwysers, dokters en paramedici sal al hoe moeiliker en riskanter word,&#8221; het hy afgesluit.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Professor Heiner Rindermann, voorsitter van Opvoedkundige en Ontwikkelingsielkunde by die Universiteit van Chemnitz, het in &#8216;n ontleding op Focus Online, &#8216;n gewilde Duitse webwerf, die belangrikheid van IK, kultuur en prestasie uitgespel. Die artikel s\u00ea onomwonde dat massa-invloei van lae-IK immigrante gaan lei tot die vernietiging van Duitsland. &#8220;Die standaard van onderwys van die meeste &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34760\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Invloei van lae-IK immigrante gaan Duitsland vernietig&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34761,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5227,1665,7257,21360,16687,218],"class_list":["post-34760","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-duitsland","tag-geweld","tag-ik","tag-immigrasiekrisis","tag-migrante","tag-misdaad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34760","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34760"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34760\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34761"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34760"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34760"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34760"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}