{"id":34748,"date":"2015-10-27T08:27:30","date_gmt":"2015-10-27T06:27:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34748"},"modified":"2015-10-27T08:27:30","modified_gmt":"2015-10-27T06:27:30","slug":"agent-max-du-preez-prys-sa-se-amper-rewolusie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34748","title":{"rendered":"Agent Max du Preez prys SA se &#8216;amper-rewolusie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Te midde van brandstigting en geweld het Max du Preez swart studentebetogers geprys vir die &#8220;belangrike mylpaal&#8221; wat hulle vir Suid-Afrika behaal het. <\/p>\n<p>Du Preez, se opmerkings volg nadat president Jacob Zuma Vrydag aangekondig het daar sal geen klasgeld-verhogings in 2016 wees nie.<\/p>\n<p>Du Preez, wat reeds gebrandmerk is as &#8216;n agent vir buitelandse belange met sy herhaaldelike onsinnige &#8220;ontledings&#8221;, het aan OFM-nuus ges\u00ea die oorwinning skep die moontlikheid van \u2018n &#8220;nuwe era&#8221;. <\/p>\n<p>Volgens hom was dit verblydend om te sien die swart jeug &#8220;redelik&#8221; is en &#8220;hoe sterk geartikuleerd&#8221; hulle oorgekom het. <\/p>\n<p>Dit kom nadat studente etlike dae lank klasse en veral eksamens ontwrig het om op \u2018n 0%-verhoging in klasgeld aan te dring. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die feit dat swart studente saamgestaan het en hul stempel afgedruk het, is \u2018n eerste sedert Suid-Afrika \u2018n demokrasie geword het.<\/p>\n<p>Betogers van verskeie tersi\u00eare instellings oor die land heen, het met #FeesMustFall &#8216;n merkwaardige oorwinning behaal, s\u00ea Du Preez.<\/p>\n<p>Hy het gesuggereer dat die Zoeloe-faksie in die ANC se hegemonie en &#8220;oordonderende houding&#8221; jeens Xhosagemeenskappe nou tot \u2018n einde gekom het.<\/p>\n<p>Intussen het dit duidelik geword dat geen Zoeloefiguur in die ANC, selfs nie eens die minister van ho\u00ebr onderwys, Blade Nzimande, onder enige druk verkeer oor die opstand nie.<\/p>\n<p>Volgens Du Preez toon dit dat die &#8220;swart middelklas&#8221; &#8211; &#8216;n eufemisme vir die Xhosa-faksie en hul buitelandse handlangers &#8211; erg ontevrede is oor die manier hoe die regering bestuur word. <\/p>\n<p>Daarmee het hy uiteindelik toegegee dat die Xhosa-faksie wou munt slaan uit die betoging en dit aangemoedig het om &#8216;n verleentheid vir die Zoeloes te skep.<\/p>\n<p>Die veldtog het gegaan oor hoe die regering mense behandel, sy arrogansie en korrupsie, het Du Preez erken. \u201cDit was amper \u2018n revolusie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens hom het die regering geen ander keuse gehad as om aan studente hul sin te gee nie. Hy is oortuig daarvan dat regeringsgeld maklik van minder noodsaaklike besteding sal vloei na universiteite.<\/p>\n<p>Zuma het ook aangekondig dat met die goedkeuring van rektore, die eksamens vir \u2018n week uitgestel sal word weens die tyd wat met die betogings verlore gegaan het. <\/p>\n<p>\u2018n Tussendepartementele taakspan sal intussen ander &#8220;uitdagings&#8221; in die tersi\u00eare sektor ondersoek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Te midde van brandstigting en geweld het Max du Preez swart studentebetogers geprys vir die &#8220;belangrike mylpaal&#8221; wat hulle vir Suid-Afrika behaal het. Du Preez, se opmerkings volg nadat president Jacob Zuma Vrydag aangekondig het daar sal geen klasgeld-verhogings in 2016 wees nie. Du Preez, wat reeds gebrandmerk is as &#8216;n agent vir buitelandse belange &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34748\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Agent Max du Preez prys SA se &#8216;amper-rewolusie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34749,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5],"tags":[],"class_list":["post-34748","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34748"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34748\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34749"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34748"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}