{"id":34725,"date":"2015-10-26T18:44:29","date_gmt":"2015-10-26T16:44:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34725"},"modified":"2015-10-27T07:32:59","modified_gmt":"2015-10-27T05:32:59","slug":"wie-wurg-wit-europa-blou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34725","title":{"rendered":"Wie wurg wit Europa blou?"},"content":{"rendered":"<p>Dr. Leopold Scholtz <a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/stemme\/menings\/2015-10-24-leopold-scholtz-ekstremiste-peul-nou-oral-in-europa-uit\">skryf<\/a> afgelope Saterdag op Prawda dat Europa tot steeds meer \u201cekstremisme\u201d oorgaan as gevolg van die migrantestroom wat die <em>Abendland<\/em> oorspoel. Daar word \u2018n tal van voorbeelde genoem, onder andere die skeltaal wat Frau Merkel moet verduur, die Nederlandse dorpe wat ekstremiste trek, die Sweed wat \u2018n onderwyser en kind doodgesteek het, en meer gematigde insidente waarin plaaslike Duitse burgemeesters meen dat daar geen plek meer is om hierdie stroom vlugtelinge op te vang nie.<\/p>\n<p>As ek op die hoofstroommedia kyk, sien ek dieselfde tendens. Die Metro gratis koerant bring verlede week \u2018n voorbladfoto uit van \u2018n kind in nood, en Al-Jazeera meld van \u2018n verdrinkende vlugtelingkind wie se lewe net-net gered kon word. \u2018n Groot aantal tragiese gevalle word aan die Europe\u00ebr geprojekteer om op hul skuldgevoelens te teer en om meer vlugtelinge in hul eie agtertuin te verwelkom. <\/p>\n<p>Tussen Scholtz en die Europese hoofstroommedia word die indruk gewek dat die Europeer intolerant en inherent rassisties is, en dat dit \u2018n swakheid aan hulle kant is dat hulle nie hierdie arme onskuldige vlugtelinge in hul gebiede wil aanvaar nie. Ek vermoed dat die HSM doelbewus gemuilband word om nie al te negatiewe berigte oor die vlugtelinge te plaas nie. Immers, elke wit Europeer wat teenstribbel is mos een te veel.<\/p>\n<p>Hierdie proteste waar die tradisionele Europeers hulself skuldig aan maak is egter nie bloot \u2018n irrasionele impuls nie, maar \u2018n reaksie op dit wat hulle elke dag sien en van hul kennisse en vriende verneem. Net so aan die buitekant van die falende mediamonopolie is daar baie gesaghebbende nuusvoerders wat ander verhale vertel.<\/p>\n<p>Die volgende is die geval:<\/p>\n<p>In Duitsland het die misdaad die laaste jaar dramaties toegeneem. Buitelandse bendes het op die groter stede toegesak en begin vanuit hul onderw\u00eareldse posisie die nasionale kohesie te ondermyn. Die situasie is al so rampspoedig dat die polisie <a href=\"http:\/\/www.gatestoneinstitute.org\/6668\/germany-migrant-crime-wave\">gekapituleer<\/a> het. Hulle het nie die hulpbronne of die manskappe om hierdie probleem te kortwiek nie, wat in feite beteken dat wet en orde besig is om te verval. Dat die woede teen Angela Merkel begin toeneem behoort nie te verbaas nie. Sy het immers enkele jare gelede toegegee dat integrasie in Duitsland volledig misluk het. Die ander Europese leiers het opgelug gereageer dat iemand anders di\u00e9 probleem eerste openbaar gemaak het, en soos vallende dominostene het hulle al skoorvoetend dieselfde toegegee. Eers Merkel, toe Sarkozy, daarna Balkenende en David Cameron.<\/p>\n<p>Ondanks hierdie duidelik mislukte integrasie van minderhede, staan Frau Merkel nou voorop en meen dat Duitsland nog heelwat meer kan akkommodeer. Duidelik blyk dit nie soseer die verregse ekstremiste is wat irrasioneel optree nie, maar eerder Frau Merkel, wat besig is om \u2018n slinkse hoogverraad te pleeg met haar optredes.<\/p>\n<p>Ons sien dieselfde tendens in Swede. Daardie land is tegnies bankrot. Minderhede en asielsoekers wil nie werk nie, maar op uitkerings van die staat <a href=\"http:\/\/www.infowars.com\/sweden-to-house-migrants-in-lapland-ski-resort-while-citizens-suffer-under-housing-shortage\/\">leef<\/a>. Hulle wil ook nie integreer nie, maar die plaaslike Sweedse bevolking van binneuit vernietig. In 2006 het die polisie in Malm\u00f6 ook al <a href=\"http:\/\/www.immigrationwatchcanada.org\/2006\/11\/20\/plain-speech-by-the-malmo-police-its-all-going-to-hell\/\">vermeld<\/a> dat hulle die misdaad nie meer kan beheer nie. Ondanks hierdie bevindings, die feit dat verkragings met meer as 1400% toegeneem het, en dat hulle nog heelwat meer asielsoekers wil opvang, word elke stem van protes doodgeswyg of as \u201crassisties\u201d beskou. Daar word weer grootliks melding gemaak van die \u201cverregse, rassistiese\u201d Sweed wat iemand met \u2018n mes doodgesteek het, maar toe afgelope Augustus \u2018n vlugteling uit Eritrea iemand in die Ikea winkel onthoof het, was alle perse doodstil. Om die gemoedere te bedaar het die winkel besluit om kombuismesse uit die rakke te verwyder in plaas van die vlugteling uit hul land te skop. Die mes het dit alweer gedoen.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-34727\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea-300x285.jpg\" alt=\"Ikea\" width=\"300\" height=\"285\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea-148x141.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea-31x29.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea-38x36.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ikea-226x215.jpg 226w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=UkIocH91j0w\">narratief<\/a> dat die vlugtelinge wegvlug vir die oorlog in Siri\u00eb is maar \u2018n dungesaaide storie. Slegs 20% van die vlugtelinge blyk inderdaad van daardie land afkomstig te wees. Ongeveer 72% van die vlugtelinge is mans van weerbare leeftyd (18-45 jaar) met om en by 15% vroue en 13% kinders. Ons moet ook nie vergeet dat die martelaar-peuter Aylan Kurdi wat dood op die Turkse kus aangespoel het, ook in sy tuisdorp in Siri\u00eb begrawe l\u00ea nie, wat \u2018n mens laat kopkrap oor die veiligheidssituasie aldaar.<\/p>\n<p>Die leier van Siri\u00eb, Bashar al-Assad, is \u2018n mediese dokter en sekul\u00eare Moslem. Sy vrou is ook volledig sekul\u00ear en dra geen hoofdoek nie. Hy staan juis bekend om sy gematigheid en dat radikale Moslems hom wil verwyder omdat hy te akkommoderend is vir ander nie-Islamitiese minderhede. Selfs die VS befons ISIS om Assad uit sy land te verwyder. Dit is dus uiters skynheilig hoe die Europese leiers, media en moraliste karring oor die gebrek aan gematigheid onder hul eie mense terwyl hulle juis van \u2018n gematige leier ontslae wil raak deur radikale bewegings te steun.<\/p>\n<p>As die spulletjie witboordjieskurke in Brussel werklik gematigheid onder hulle mense wil h\u00ea, moet hulle begin om gematigde leiers elders te steun teen radikalisme. Dan sal die vlugtelingestroom vanself begin afneem en die Europe\u00ebr sy radikale leuses en spandoeke oorboord gooi.<\/p>\n<p>Dit gaan egter nie gebeur nie, aangesien ons \u2018n nuwe tydsgewrig betree. Die skurke in die EU en hul skoothondjie-leiers is soos \u2018n imperialistiese beheerliggaam wat die soewereiniteit van die Europese nasiestate wil vernietig. As die gewone Europe\u00ebr nie so verward en apaties was nie, sou hy kon gesien het dat die EU beheerliggaam letterlik in \u2018n staat van oorlog teen die nasiestate verkeer, en net soos hulle uit Suid-Afrika geleer het hoe verlam en verdeeld \u2018n Westerse volk optree in \u2018n multikulturele gebied, gebruik hulle die vlugtelinge as verskoning om Europa in dieselfde rioolput af te spoel.<\/p>\n<p>Laat ons nie vergeet nie dat daardie superbankpokker George Soros se <a href=\"https:\/\/youtu.be\/W3Tk74-O-so\">stigting<\/a> verantwoordelik was om pamflette te versprei onder die inwoners van die Midde-Ooste waarin vermeld word hoe hulle die Europese wette kan omseil om hulself in Europa te kan vestig, volledig met landskaarte, telefoonnommers, internetadresse en regsverteenwoordigers se gegewens.<\/p>\n<p>Dit is nogal verbasend hoe die eens magtige Europa se leiers ewe skielik jellie-agtig begin word het en kans sien om hul eie mense se lewens te versuur terwyl die Nederlandse eerste minister weier om asielsoekers in sy buurt te verwelkom. Dis mos ons taak, meen hy. Snaaks genoeg het ek ook niks meer verneem van Conny Braam, Klaas de Jonge of H\u00e9l\u00e8ne Passtoors nie. Auntie apartheid is nou ewe skielik tjoepstil en s\u00ea niks oor haar rassistiese landgenote nie.<\/p>\n<p>Al wat ek weet is dat hoe gouer die Eurolande wakker skrik \u00a0en wegbeweeg uit daardie vervloekte Unie, hoe beter sal die kans wees dat daar nog \u2018n land sal wees vir die etniese Europe\u00ebr se nageslag een dag.<\/p>\n<p>Ongelukkig is die etniese Europe\u00ebr juis die probleem.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Leopold Scholtz skryf afgelope Saterdag op Prawda dat Europa tot steeds meer \u201cekstremisme\u201d oorgaan as gevolg van die migrantestroom wat die Abendland oorspoel. Daar word \u2018n tal van voorbeelde genoem, onder andere die skeltaal wat Frau Merkel moet verduur, die Nederlandse dorpe wat ekstremiste trek, die Sweed wat \u2018n onderwyser en kind doodgesteek het, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":34734,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[],"class_list":["post-34725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34725\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34734"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}