{"id":34704,"date":"2015-10-25T07:55:21","date_gmt":"2015-10-25T05:55:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34704"},"modified":"2015-10-25T08:01:43","modified_gmt":"2015-10-25T06:01:43","slug":"dan-roodt-die-tragedie-van-springbokrugby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34704","title":{"rendered":"Dan Roodt: Die tragedie van Springbokrugby"},"content":{"rendered":"<p>Kom ons erken dit maar: In die Nuwe Suid-Afrika met sy afwaartse spiraal wat standaarde en prestasie betref, soek almal naarstiglik na \u2018n tikkie voortreflikheid, die sweem van \u2018n \u201cwenner\u201d. Vandaar dus die sware verantwoordelikheid wat op die Springbokrugbyspan gepak word: In \u2018n verloorland met \u2018n regering wat Zimbabwe as sy model aanvaar het, moet vyftien hoofsaaklik wit Afrikaanse rugbyspelers die kastai\u00efngs uit die vuur krap en \u2018n w\u00eareldbeker huis toe bring.<\/p>\n<p>Soos ek egter gistermiddag na afloop van die Springbokke se neerlaag teen Nieu-Seeland getwiet het:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"nl\">Wel, Nieu-Seeland het &#8216;n volkslied en &#8216;n haka, en ons het &#8216;n morslied en &#8216;n paar kwotaspelers.<\/p>\n<p>\u2014 Dan Roodt (@danroodt) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\/status\/657966933984346116\">October 24, 2015<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script>Albert Brenner, wat so twee jaar gelede hier oor\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=16389\">Rugby en die Afrikaner<\/a> geskryf het, het gister insgelyks getwiet: <\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\"><p>If the <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/Sprinboks?src=hash\">#Sprinboks<\/a> win, Afrikaners are South Africans. If the <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/Sprinboks?src=hash\">#Sprinboks<\/a> lose, Afrikaners are Afrikaners. <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/BreadAndGames?src=hash\">#BreadAndGames<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/Opium?src=hash\">#Opium<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\">@danroodt<\/a> \u2014 Albert Brenner (@AlbertBrenner) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/AlbertBrenner\/status\/657858748027940864\">October 24, 2015<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>As \u2018n mens \u2018n lykskouing oor gister se wedstryd moet hou, het Bryan Habana waarskynlik die wedstryd weggesmyt toe hy ongevraag begin storm het voordat Dan Carter vir sy doelskop begin beweeg het. Daarmee het \u2018n o\u00ebnskynlik senuagtige Carter \u2018n tweede kans gekry en wel die bal tussen die pale deurgestuur.<\/p>\n<p>Ek is nie so \u2018n groot rugbykenner nie, hoewel enigeen in Suid-Afrika met rugby grootword. Toe ek klein was, nog voor die koms van televisie, kan ek onthou hoe gesinne voor die radio met gespanne aandag na Gerard Viviers se kommentaar geluister het, tot by daardie ekstatiese oomblik: \u201c&#8230; En hy druk hom!\u201d &#8216;n Mens moet egter blind wees om nie die dilemma\u00a0van Springbokrugby raak te sien nie.<\/p>\n<p>Die media maak \u2018n geweldige ophef van gekleurde spelers, veral natuurlik Habana, maar ook die Zimbabwi\u00ebr \u201cBeast\u201d Mtawarira wat reeds sedert 2008 vir die Springbokke speel. Trouens, \u201cBeast\u201d verskyn op feitlik elke handelsadvertensie waarin die Springbokke gebruik word. Ook J.P. Pietersen haal elke keer span, terwyl die aantal foute wat hy maak, net vermeerder. Die afgelope paar wedstryde hou ek hom nogal dop: telkens as hy die bal kry, lyk dit nie asof hy weet wat om daarmee te maak nie. Gister het hy \u2018n bal wat deur die All Blacks uitgegooi is, probeer klap en daarmee die lynstaan ongunstig teen sy eie span gekeer.<\/p>\n<p>Daarmee is ons midde-in die probleem van Springbokrugby: rassekwotas en politieke korrektheid. Mandela het nie spontaan die Springbokrugbytrui in 1995 aangetrek nie: sy sinistere raadgewers in die SAKP wat al dekades lank met \u2018n sielkundige oorlog teen Afrikaners besig is, het hom waarskynlik voorges\u00ea om met di\u00e9 foefie vorendag te kom, \u201com die land te verenig\u201d, terwyl hulle heimlik besig was om van die weermag en polisie se offisiere ontslae te raak en hulle met hul eie MK-terroriste te vervang.<\/p>\n<p>Feit is dat sport, en veral rugby, in Suid-Afrika so verpolitiseer is dat ons waarskynlik nooit weer \u201cnormale\u201d sport gaan sien nie. Eintlik kry \u2018n mens die afrigters soos Heyneke Meyer jammer, want hulle moet die bykans onmoontlike vermag om teen ander spanne te wen wat bloot op meriete gekies word, terwyl hy die ANC-sportminister Fikile Mbalula se enkelmoutwhiskyasem op sy nek voel soos wat die druk om alle blanke spelers met swartes te vervang, toeneem.<\/p>\n<p>\u201cTransformasie\u201d is \u2018n sinoniem vir d\u00edt wat die Franse deesdae \u201cdie groot vervanging\u201d (<em>le grand remplacement<\/em>; kyk bietjie <a href=\"https:\/\/youtu.be\/ZuoqreGkl7o\">di\u00e9 musiekvideo<\/a> deur die gemaskerde vrouegroep \u201cLes brigandes\u201d) noem. Dit gaan daaroor om die oorspronklike bevolking &#8211; in di\u00e9 geval die Springbokke wat meesal uit Afrikaners bestaan het &#8211; met \u2018n nuwe bevolking te vervang.<\/p>\n<p>Onderweg na daardie \u201cgroot vervanging\u201d waardeur ons uit die openbare oog moet verdwyn, ook wat rugby betref, bevind Springbokafrigters hulle tussen Scylla en Charybdis: vervang hulle nie genoeg nie, verloor hulle hul werk; vervang hulle te vinnig, verloor die span, soos gister.<\/p>\n<p>Gister het die All Blacks, veral in die eerste deel van die wedstryd toe ons goed begin het, nie so sterk gelyk nie. Indien die Springbokke meer gees en samehorigheid gehad het, sou hulle met gemak kon wen. Maar die punt van my twiet hier bo is geldig: Geen patriotisme en samehorigheid is moontlik waar \u2018n volkslied uit drie dele met drie tale bestaan en daar konstant rassekwotas afgedwing word nie!<\/p>\n<p>Ons, die Afrikaanse rugbypubliek, bevind ons ook in \u2018n volslae teenstrydigheid: Indien die Springbokke die w\u00eareldbeker sou wen, sou dit eindeloos deur die ANC en die hele polities korrekte horde in die media uitgebuit word \u201com die dae van Mandela\u201d te laat herleef en juis \u201cdie groot vervanging\u201d met skerper haat en venyn te verkondig. Verloor hulle, soos gister, voel mense teleurgestel en moedeloos, en gee al minder om of die groot vervanging plaasvind, al dan nie.<\/p>\n<p>Wen of verloor, op die ou einde verloor ons almal.<\/p>\n<p>Het dit daarom nie tyd geword dat die sportadministrateurs en -afrigters bietjie ruggraat toon en groter outonomie vir sport en sportbesluite &#8211; soos die aanwys van spelers &#8211; voorstaan nie?<\/p>\n<p>Anders gaan die huidige kwasikommunistiese omstandighede waarin alles &#8211; kultuur, letterkunde, onderwys, sport &#8211; aan politiek en ideologie ondergeskik is, bloot voortduur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kom ons erken dit maar: In die Nuwe Suid-Afrika met sy afwaartse spiraal wat standaarde en prestasie betref, soek almal naarstiglik na \u2018n tikkie voortreflikheid, die sweem van \u2018n \u201cwenner\u201d. Vandaar dus die sware verantwoordelikheid wat op die Springbokrugbyspan gepak word: In \u2018n verloorland met \u2018n regering wat Zimbabwe as sy model aanvaar het, moet &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34704\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Die tragedie van Springbokrugby&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[6513,21573,21572,21358,13190,21114,4883,4835],"class_list":["post-34704","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-all-blacks","tag-grand-remplacement","tag-groot-vervanging","tag-heyneke-meyer","tag-kwotas","tag-c78-rugby","tag-springbokke","tag-transformasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34704","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34704"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34704\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34704"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34704"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34704"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}