{"id":34695,"date":"2015-10-24T13:32:11","date_gmt":"2015-10-24T11:32:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34695"},"modified":"2015-10-24T13:32:31","modified_gmt":"2015-10-24T11:32:31","slug":"karel-combrinck-sangomaland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34695","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Sangomaland"},"content":{"rendered":"<p>Hierdie is nie bedoel om &#8216;n kommentaar op <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=34689\">Leon Lemmer se rubriek<\/a> oor Leon Wessels te wees nie, maar sluit hopelik daarby aan.<\/p>\n<p>Oor die afgelope weke is ons vergas op berigte oor opstootjies en relletjies aan Suid-Afrikaanse universiteite. Dit gaan nou oor Afrikaans as voertaal en dan weer oor fooie. &#8216;n Mens sou graag die maer hond langs die konka wil wees te om te probeer afluister wat die eintlike redes vir hulle \u00ab woede \u00bb nou is. Soos ons uit ondervinding oor die jare weet, s\u00ea hulle mos nooit wat die ware rede is waarom hulle breek en brand en toi-toi nie. In 1960 met die Sharpeville-onluste (nog &#8216;n linksdekadente simbool) was dit mos kwansuis \u00ab woede \u00bb oor pasboeke.<\/p>\n<p>Nee, ek wil my verstout om te s\u00ea die werklike rede vir hulle \u00ab woede \u00bb is frustrasie dat hulle nie die mas kan opkom nie, selfs nie met die verlaagde standaarde aan ons nuwe \u00ab getransformeerde \u00bb universiteite nie.<\/p>\n<p>Die standaarde van ons universiteite is reeds dermate afgewater dat ons kwalifikasies net geen waarde meer\u00a0in die meeste Westerse lande het nie, behalwe miskien vir die nuttelose vakrigtings wat almal met politieke onrusstokery en rewolusie te make het! Watter regdenkende mens wil jou wend tot &#8216;n dokter wat heel waarskynlik 40% gemiddeld in matriek behaal het? Intussen is daar derduisende dokters wat in die buiteland werk en wat voor \u00ab transformasie \u00bb aan Suid-Afrikaanse universiteite opgelei is. Allerwe\u00eb is\u00a0hulle erken as van die beste dokters ter w\u00eareld. Deesdae word Kubane en Bangladesji&#8217;s ingevoer om in ons eie behoeftes aan dokters te voorsien.<\/p>\n<p>Neem die halfbesimpelde vroumens van die Departement Engels aan die Universiteit van Stellenbosch met wie Praag <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=34508\">onlangs &#8216;n onderhoud<\/a> gevoer het. Gaan iemand my vertel dat sy dieselfde standaarde op \u00ab benadeeldes \u00bb gaan toepas as wat vantevore vir wit studente gegeld het ? Maar nou ja, gelukkig gaan dit maar net om Engels en wie de swernoot gee om wat van die standaard van Engelsonderrig op Stellenbosch word ? Ons bekommernis is nie oor Engels nie, maar oor die ander studierigtings.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n voorbeeld : Ons regsopleiding. Onlangs s\u00ea iemand aan my: \u00ab Jy weet die Suid-Afrikaanse regering erken nie meer die B. Proc.-graad nie, net die LL.B. \u00bb Maar weet die persoon dan nie die LL.B.-graad van vandag \u00eds die B.Proc van gister nie! In die leerplan vir die \u00ab nuwe \u00bb, \u00abgetransformeerde \u00bb LL.B. by Unisa ontbreek byvoorbeeld Latyn en Romeinse Reg. Enigeen weet tog dat ons regstelsel gegrond is op die Romeinse reg en die Romeins-Hollandse reg. Hoe studeer &#8216;n mens die Suid-Afrikaanse reg sonder &#8216;n kennis van Latyn en van die Romeinse reg en dus van die Romeins-Hollandse reg?<\/p>\n<p>Aan die ander kant is daar nou goggas in die leerplan soos \u00ab Skills course for law students \u00bb (Unisa ken net Engels) en \u00ab Fundamental rights \u00bb. As &#8216;n mens nou &#8216;n spesiale vak moet h\u00ea wat handel oor fundamentele regte, wat bestudeer jy dan in die ander vakke? Gaan die reg in sy geheel dan nie oor mense se fundamentele regte nie? Dan ook nog \u00ab African Customary Law \u00bb. O wee, o wee. Hoe hulle van African customs by \u00ab law \u00bb uitkom, sal seker net die sangoma weet. En dan ook nog \u00ab International human rights \u00bb. Dis nou skynbaar iets anders as \u00ab fundamental rights \u00bb!<\/p>\n<p>In elk geval sal die \u00bbgetransformeerde \u00bb regsopleiding en regspleging nou ruim voorsiening maak vir \u00ab regstelling \u00bb en \u00ab anti-diskriminasie \u00bb ( d.w.s. diskriminasie teen wittes ) en dis mos maar waaroor dit in die \u00ab nuwe \u00bb Suid-Afrika gaan.<br \/>\nMaar die werklike vraag is: Kan Suid-Afrikaanse universiteite nog gered word? Is hulle nie reeds onherroeplik daarmee heen nie? Kan &#8216;n universiteit, waar verdienstelikheid en prestasievermo\u00eb nie meer die hoogste prioriteit is nie, nog &#8216;n universiteit wees? Is &#8216;n Universiteit wat na die regering se pype dans in die mate waartoe die Universiteit van Stellenbosch dit byvoorbeeld doen en waar ANC ideologie &#8216;n wesenlike deel van die universiteit se waardestelsel uitmaak, inderdaad nog &#8216;n universiteit?<\/p>\n<p>Een van die fundamentele kenmerke van &#8216;n universiteit is onafhanklikheid. Van watter onafhanklikheid is daar nog by Suid-Afrikaanse universiteite sprake? Moet ons nie maar die aftakelingsproses, wat in elk geval reeds onomkeerbaar is, aanhelp en versnel nie? Wanneer alles tot niet is, kan ons dalk begin om weer van nuuts af iets van waarde tot stand te bring. Maar dit sal moet wees sonder ANC-toesig, anders, los maar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie is nie bedoel om &#8216;n kommentaar op Leon Lemmer se rubriek oor Leon Wessels te wees nie, maar sluit hopelik daarby aan. Oor die afgelope weke is ons vergas op berigte oor opstootjies en relletjies aan Suid-Afrikaanse universiteite. Dit gaan nou oor Afrikaans as voertaal en dan weer oor fooie. &#8216;n Mens sou graag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34695\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Karel Combrinck: Sangomaland&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":34701,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[20428,21571,10604,4917],"class_list":["post-34695","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-llb","tag-romeinse-reg","tag-universiteit-stellenbosch","tag-universiteite"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34695"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34695\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34701"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}