{"id":34659,"date":"2015-10-22T16:14:31","date_gmt":"2015-10-22T14:14:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34659"},"modified":"2015-10-22T16:14:31","modified_gmt":"2015-10-22T14:14:31","slug":"israelse-premier-skok-met-uitlatings-oor-holocaust","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34659","title":{"rendered":"Israelse premier skok met uitlatings oor Holocaust"},"content":{"rendered":"<p>Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Dinsdagaand in \u2019n toespraak voor die Sioniste se kongres verwys na \u2019n reeks Moslem-aanvalle in die 1920&#8217;s teen Jode in Palestina, wat hy s\u00ea deur die destydse moefti van Jerusalem, Haj Amin al-Husseini, aangestig is.<\/p>\n<p>Husseini het in 1941 na Berlyn gevlieg om die Nazi-diktator, Adolf Hitler, te besoek. Volgens Netanyahu was hierdie ontmoeting instrumenteel in Hitler se besluit om \u2019n uitwissingsveldtog teen die Jode van stapel te stuur.<\/p>\n<p>\u201cHitler wou nie die Jode uitwis nie, maar hulle bloot uit die land verban,\u201d het Netanyahu ges\u00ea. \u201cHaj Amin al-Husseini het na Hitler gegaan en vir hom ges\u00ea: \u2018As jy hulle verban, sal hulle almal hierheen kom\u2019.\u201d<\/p>\n<p>\u201c\u2019So wat moet ek met hulle doen?\u2019\u201d het Hitler gevra, s\u00ea Netanyahu, waarop die moefti geantwoord het: \u201cVerbrand hulle.\u201d<\/p>\n<p>Netanyahu, wie se pa \u2019n vooraanstaande geskiedkundige was, is vinnig deur opposisie-politici en deskundiges gehekel wat s\u00ea hy verdraai die \u00adgeskiedkundige rekord.<\/p>\n<p>Palestynse beamptes s\u00ea Netanyahu skeld o\u00ebnskynlik vir Hitler kwyt van die moord van ses miljoen Jode, ten einde die Moslems die skuld te gee.<\/p>\n<p>Twitter was oorlaai met kritiek.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n hartseer dag in die geskiedenis wanneer \u2019n leier van die Israelse regering sy bure s\u00f3 haat dat hy bereid is om die mees berugte oorlogsmisdadiger in die geskiedenis, Adolf Hitler, kwyt te skeld van die moord van ses miljoen Jode,\u201d het Saeb Erekat, die sekretaris-generaal van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, ges\u00ea. <\/p>\n<p>\u201cMnr. Netanyahu moet ophou om hierdie menslike tragedie te gebruik om \u00adpolitieke punte aan te teken,\u201d het hy bygevoeg.<\/p>\n<p>Netanyahu se minister van verdediging en getroue bondgenoot, Moshe Yaalon, asook die Duitse kanselier Angela Merkel het by monde van haar woordvoerder ges\u00ea die eerste \u00administer is verkeerd.<\/p>\n<p>\u201cDit was beslis nie Husseini wat die \u2018finale oplossing\u2019 uitgedink het nie, maar Hitler self wat die bose plan bedink het,\u201d het hy aan die radiodiens van Israel se weermag ges\u00ea.<\/p>\n<p>Steffen Seibert het namens die kanselier ges\u00ea die Duitsers is geheel en al verantwoordelik vir die brandoffer.<\/p>\n<p>Dit is nie duidelik op watter bronne Netanyahu staatgemaak het vir sy opmerkings nie. \u2019n Boek wat in 1947 gepubliseer is, \u201cDie Mufti van Jerusalem\u201d, en \u2019n koerantberig uit die tyd s\u00ea \u2019n voormalige adjunk van Hitler het by die Nuremberg-verhoor vir oorlogsmisdadigers getuig dat Husseini en die Nazi-leier saamgesweer het om van Jode in Europa ontslae te raak.<\/p>\n<p>Husseini is vir oorlogsmisdade gesoek, maar het nooit tydens die Nuremberg-verhore verskyn nie en is later in Ka\u00efro dood.<\/p>\n<p>Verskeie geskiedkundiges s\u00ea \u00adNetanyahu verwring die tyd en het tot \u2019n valse slotsom gekom. <\/p>\n<p>Die ontmoeting tussen Husseini en Hitler het op 28 November 1941 in Berlyn plaasgevind. Meer as twee jaar vroe\u00ebr, in Januarie 1939, het Hitler die Reichstag toegespreek.<\/p>\n<p>In 1845, het die Britse lt.kol George Gawler &#8216;n verslag opgestel waarin die potensiaal vir Joodse kolonisasie van Palestina uitgestippel word.<\/p>\n<p>Die struikelblokke wat hy voorsien het, het &#8216;n gebrek aan hulpbronne en die haalbaarheid daarvan om Jode te oortuig om te immigreer na Palestina, ingesluit.<\/p>\n<p>Duitse oorlogskuld het Israel van die nodige hulpbronne voorsien.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Dinsdagaand in \u2019n toespraak voor die Sioniste se kongres verwys na \u2019n reeks Moslem-aanvalle in die 1920&#8217;s teen Jode in Palestina, wat hy s\u00ea deur die destydse moefti van Jerusalem, Haj Amin al-Husseini, aangestig is. Husseini het in 1941 na Berlyn gevlieg om die Nazi-diktator, Adolf Hitler, te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34659\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Israelse premier skok met uitlatings oor Holocaust&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5761,5227,10597,5174,21563,11223],"class_list":["post-34659","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angela-merkel","tag-duitsland","tag-holocaust","tag-israel","tag-oorlogskuld","tag-palestina"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34659","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34659"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34659\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34659"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34659"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34659"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}