{"id":34597,"date":"2015-10-20T21:23:17","date_gmt":"2015-10-20T19:23:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34597"},"modified":"2015-10-20T21:23:31","modified_gmt":"2015-10-20T19:23:31","slug":"ford-op-die-regte-pad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34597","title":{"rendered":"Motors: Ford op die regte pad!"},"content":{"rendered":"<p>Ford was nog al die jare een van die tipe vervaardigers wat goeie betroubare voertuie gebou het. Die meeste van hulle was nog altyd sonder fieterjasies en foefies, slegs pure bloubloed-Fords. Ford is ook soos GM Motors een van die grootes uit die VSA. Hier in Suid-Afrika was jy in die 60 en 70&#8217;s of \u2018n Ford of &#8216;n Chev-aanhanger. Daardie jare se Fords was hoofsaaklik afkomstig van \u00f3f Brittanje \u00f3f Australi\u00eb met die Ford Capri, \u2018n totale Britse ikoon en die Fairmont en later Fairlane wat \u2018n reuse- robuuste Aussie was.<\/p>\n<figure id=\"attachment_34600\" aria-describedby=\"caption-attachment-34600\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-34600 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter-225x300.jpg\" alt=\"Grand Tourneo Connect van agter\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter-111x148.jpg 111w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter-23x31.jpg 23w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter-29x38.jpg 29w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter-161x215.jpg 161w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Grand-Tourneo-Connect-van-agter.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-34600\" class=\"wp-caption-text\">Grand Tourneo Connect van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p>In die 80&#8217;s en 90&#8217;s het die Ford Cortinas en veral die XR6-weergawe nogal ons plaaslike mark oorheers. Die Ford Sierra en Saphire en veral die XR8-weergawe van die Sierra het ook ikoniese status in Suid-Afrika\u00a0bereik. Die ander been waarop Ford in die plaaslike mark nogal staanplek verwerf het, was met hul bakkies. Die 70&#8217;s en 80&#8217;s was dit die Cortina-bakkies, toe kom die Ford Courier-bakkie van die 90&#8217;s. Almal was op die Britse Fords van destyds gegrond. Vroeg n\u00e1 die draai van die millennium het die Courier plek gemaak vir die Ranger-bakkie, wat meer op die Amerikaanse \u201cTruck\u201d geskoei was. Daar was natuurlik ook die Australiese bakkies in die Fairmont-weergawes wat hoofsaaklik met die Chev Lumina UTE-bakkies meegeding het.<\/p>\n<p>Meer na gewone rygoed toe was daar natuurlik die Ford Laser wat eintlik maar net \u2018n Mazda 323 met \u2018n Ford-kenteken was en wie sal nou ooit die baie lelike Ford Telstar vergeet wat ook eintlik \u2018n Mazda 626 was? Die bykans 15 jaar wat Ford en Mazda een maatskappy was, was maar donker jare vir egte Ford-aanhangers. Gelukkig is daardie dae vir goed verby en deesdae is Ford weer Ford en Mazda is weer onafhanklik terwyl beide maatskappye puik inoverende produkte\u00a0lewer.<\/p>\n<figure id=\"attachment_34601\" aria-describedby=\"caption-attachment-34601\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-34601 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord-300x182.jpg\" alt=\"Ford Grand Tourneo Connect-paneelbord\" width=\"300\" height=\"182\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord-300x182.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord-148x90.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord-31x19.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord-38x23.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord-354x215.jpg 354w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Ford-Grand-Tourneo-Connect-paneelbord.jpg 625w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-34601\" class=\"wp-caption-text\">Ford Grand Tourneo Connect-paneelbord<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ford het die o\u00eb laat rek met die bekendstelling van hul piepklein 1.0-liter-3-silinderenjin in die Fiesta so &#8216;n paar jaar gelede, maar intussen het die enjin nie alleen die w\u00eareldenjin van die jaar gewen nie, maar ander modelle in die Ford-reeks het ook met die Ecoboost-tegnologie begin verskyn. Die w\u00eareldwye druk op vervaardigers om hul enjinuitlaatsyfers in toom te hou, tesame met die alomteenwoordige mededinging\u00a0en onuitputbare vraag na krag en spoed het byna elke vervaardiger gedwing om hul eie klein \u201cEcoboost\u201d-enjintjies te ontwikkel. S\u00f3 bind\u00a0ons vandag by elke vervaardiger, met die uitsondering van \u2018n paar, baie klein enjintjies in groot motors en die werkverrigting en gerief is eintlik beter as die ouer tegnologie van 5 jaar gelede. Daar is dan ook die bykomende bonus van brandstofverbruik en lae vlakke van besoedeling wat daarmee saamgaan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_34602\" aria-describedby=\"caption-attachment-34602\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-34602 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke-300x182.jpg\" alt=\"Derde ry sitplekke\" width=\"300\" height=\"182\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke-300x182.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke-148x90.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke-31x19.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke-38x23.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke-354x215.jpg 354w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Derde-ry-sitplekke.jpg 625w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-34602\" class=\"wp-caption-text\">Derde ry sitplekke<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het die geleentheid gehad om drie van Ford se nuwe toetredes tot die plaaslike mark te bestuur. Hier volg ons indrukke van die eerste Ford.<\/p>\n<p><b>Ford Grand Tourneo Connect 1.6T Titanium Auto <\/b><\/p>\n<p>Die naam is amper net so lank soos die motor. Hierdie is Ford se miniveeldoenbussie. Nou gaan mense vra: Maar wat van die nuwe B-Max? Wel, volgens my word die B-Max nog onder die Tourneo Conect ingedeel in die B-segment van die mark, vandaar die naam B-Max. Die Tourneo Connect se naam is effens misleidend. Wat jy daar sien, is \u2018n volgroottebus met die naam Tourneo, hy ding eintlik mee met voertuie soos die Citroen Relay en VW Crafter wat 16-sitplekbusse is. Dan is daar nog die Tourneo Custom wat diens doen in die Hyundai H1 en VW Combi se segment, met die Tourneo Connect wat eintlik in die VW Caddy se klas meeding.<\/p>\n<figure id=\"attachment_34603\" aria-describedby=\"caption-attachment-34603\" style=\"width: 169px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-34603 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter-169x300.jpg\" alt=\"Beenruimte agter\" width=\"169\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter-169x300.jpg 169w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter-83x148.jpg 83w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter-17x31.jpg 17w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter-21x38.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter-121x215.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Beenruimte-agter.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 169px) 100vw, 169px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-34603\" class=\"wp-caption-text\">Beenruimte agter<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Grand Tourneo is die 7-sitplekweergawe en sy direkte mededinger is dan ook die VW Caddy Maxi; in hierdie spesifieke geval die Trendline Outomatiese weergawe van die Caddy Maxi. Nou enige iemand wat nou al \u2018n Caddy Maxi gesien het, sal vir jou s\u00ea dat dit maklik een van die lelikste motors op die pad is, maar in dieselfde asem ook een van die gerieflikste gesinsmotors met seker van die mees veelsydige laairuimtes. Die perfekte motor om \u2018n klomp kinders of goedere mee rond te karwei.<\/p>\n<p>Die ander twee motors wat ook in hierdie segment meeding is die Fiat Doblo Panorama en die Mazda 5. Wat voorkoms aanbetref, is die Ford veral van voor gesien werklik die mooiste onder die klompie. Met &#8216;n lang wielasafstand van 3m is al die motors feitlik buitenissig lank. Die Ford se skerp, doelgerigte lyne oor die enjinkap en die kenmerkende sierrooster wat die familiegesig van alle Fords is en effens aan die Aston Martin-sierrooster herinner, laat die Ford beslis uitstaan bo die res in hierdie geselskap. Die hoofligte self het my nogal baie aan di\u00e9 van die Range Rover herinner. Mens kan net droom, n\u00e8?<\/p>\n<p>Groot kantskuifdeure maak wyd oop en toegang tot die tweede en derde rye sitplekke is baie maklik. Ruimte is uitsonderlik en veral die derde ry sitplekke is werklik groot genoeg vir volwassenes om daar in te skuif. Vou mens egter die sitplekke plat, gee dit \u2018n enorme laairuim van 2 761 dm3 wat groot genoeg is sodat \u2018n 1,8 meter persoon daar kan plat l\u00ea. So die waentjie sal baie lekker kan gaan toer as daar net twee mense is. Bergplekkies\u00a0bokant die bestuurder en voorste passasier se koppe is baie handig en in die Titanium-gewaad is die reuseglasdak ook &#8216;n groot voordeel. Dit laat hope lig in om die binneruim nog groter te laat voel as wat dit werklik is. Alles wat oop- en toemaak is elektronies. &#8216;n Baie goeie klankstelsel wat met kontroles vanaf die stuurwiel beheer kan word, is standaard. Togbeheer en \u2018n trukamera, asook as parkeersensors voor en agter maak die parkeer van die wa baie maklik.<\/p>\n<figure id=\"attachment_34604\" aria-describedby=\"caption-attachment-34604\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-34604\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim-300x182.jpg\" alt=\"Bagasieruim\" width=\"300\" height=\"182\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim-300x182.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim-148x90.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim-31x19.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim-38x23.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim-354x215.jpg 354w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/Bagasieruim.jpg 625w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-34604\" class=\"wp-caption-text\">Bagasieruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons toetsmotor was toegerus met Ford se 1,6 liter Ecoboost-petrolenjin. Die enjin lewer 110Kw en 240 Nm se wringkrag. Dit is gekoppel aan \u2018n seepgladde 6-spoed-outomatieseratkas. Ford gee die brandstofverbruiksyfer aan as 8.0l\/100km in die gekombineerde stads- en ooppadverkeer. Ons kon met ons rit vanaf Pretoria na Bela-Bela deur die stad en vol gelaai met 4 mense en al ons bagasie vir &#8216;n naweek 8,3l \/100km aanteken. Die Ford wou net ry. Ek het nie een keer gedink die enjin trek swaar of sukkel om ander motors verby te gaan nie, nie eers teen lang opdraendes nie. Die togbeheer het sonder moeite die Fordjie op ons gekose spoed gehou sonder om veel deur die ratte te skakel wanneer ons by &#8216;n bult kom.<\/p>\n<p>Teen R363\u00a0900 vir ons toetsmotor vergelyk die Ford baie goed met die Caddy se R368\u00a0200. Die Fiat Doblo is byna 50cm korter as beide die Ford en die VW en sal jou R324\u00a0000 kos terwyl die Mazda 5 ook byne 30cm korter is en jou R308\u00a0500 sal kos.<\/p>\n<p><b>Ford Grand Tourneo Connect 1,6T Titanium Outo<\/b><\/p>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">3 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms Buite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">3 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruim Kwaliteit en Afwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Spasie en Praktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en Ratkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">33 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><\/td>\n<td width=\"70\"><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><\/td>\n<td width=\"70\"><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ford was nog al die jare een van die tipe vervaardigers wat goeie betroubare voertuie gebou het. Die meeste van hulle was nog altyd sonder fieterjasies en foefies, slegs pure bloubloed-Fords. Ford is ook soos GM Motors een van die grootes uit die VSA. Hier in Suid-Afrika was jy in die 60 en 70&#8217;s of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":34599,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[21544,21545,21543,21546],"class_list":["post-34597","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-6t-titanium-outo","tag-bagasie","tag-ford-grand-tourneo-connect-1","tag-togbeheer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34597","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34597"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34597\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34599"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34597"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34597"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34597"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}