{"id":34587,"date":"2015-10-20T07:33:47","date_gmt":"2015-10-20T05:33:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34587"},"modified":"2015-10-20T07:33:47","modified_gmt":"2015-10-20T05:33:47","slug":"eu-wil-druk-op-turkye-plaas-om-migrantestroom-te-beperk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34587","title":{"rendered":"EU wil druk op Turkye plaas om migrantestroom te beperk"},"content":{"rendered":"<p>Leiers van die Euro\u00adpese Unie (EU) het vergader om druk op Turkye uit te oefen om die toestroming van migrante na Europa te beperk.<\/p>\n<p>Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ges\u00ea dit is \u201conaanvaarbaar\u201d dat die kort seeroete na Griekeland deur mensesmokkelaars beheer word.<\/p>\n<p>Die beraad in Brussel sal fokus op \u2019n ooreenkoms met Turkye waarin di\u00e9 land onderneem om die vloedgolf van mense wat uit die oorloggeteisterde gebiede in die Midde-Ooste en Noord-\u00adAfrika daarheen stroom om weer elders \u2019n heenkome te soek, stop te sit. <\/p>\n<p>Nagenoeg 600 000 mense het reeds vanjaar die Middellandse See oorgesteek.<\/p>\n<p>\u201cOns kan nie die vlugtelingstroom beheer of organiseer as ons nie die samewerking van Turkye het nie,\u201d het Merkel ges\u00ea terwyl sy Europa versoek het om saam te staan in sy ergste migrantekrisis sedert die Tweede W\u00eareld\u00adoorlog.<\/p>\n<p>\u201cEuropa moet nou solidariteit toon; enigiets anders sal \u2019n mislukkig wees,\u201d het sy gewaar\u00adsku. Merkel sal Turkye di\u00e9 naweek besoek as deel van \u2019n Europese diplomatieke offensief wat op Ankara gemik is.<\/p>\n<p>Terwyl leiers vergader het, het \u2019n boot met migrante naby die Griekse eiland Lesbos teen \u2019n Griekse reddingsboot gebots en agt migrante word vermis. <\/p>\n<p>Di\u00e9 eiland is tans die toegangsroete vir een uit elke vyf migrante wat hul toevlug tot Europa neem.<\/p>\n<p>Kroasi\u00eb het intussen ges\u00ea meer as 4 800 fortuinsoekers het die land Woensdag binnegekom, wat die totale getal na di\u00e9 EU-lidland op 175 000 te staan bring.<\/p>\n<p>Die EU-beraad sal druk uitoefen vir die \u00advoorgenome aksieplan met Turkye, waarheen meer as 2 miljoen sogenaamde Siriese vlugtelinge, waarskynlik ISIS-rekrute, reeds gestroom het. <\/p>\n<p>Di\u00e9 kwessie is verlede week al in gesprekke met pres. Recep Tayyip Erdogan aangeroer.<\/p>\n<p>Die EU se visepresident, Frans Timmermans, en ander senior amptenare het Woensdag in Turkye aangekom om regeringslui oor die voorgenome plan in te lig en hul onderneming vir steun te kry. <\/p>\n<p>Die span sou vroe\u00ebr gegaan het, maar moes die besoek weens die selfmoord-bomaanvalle die naweek in Ankara uitstel.<\/p>\n<p>Donald Tusk, president van die Europese Raad wat die beraad in Brussel lei, s\u00ea egter dit lyk asof dit \u201cmoeilik\u201d is om Turkye se instemming hiervoor kry.<\/p>\n<p>Hy het tydens \u2019n nuuskonferensie voor die beraad aan joernaliste ges\u00ea Europa moet seker wees Turkye se reaksie op sy aanbod sal net so konkreet en substan\u00adsieel wees.<\/p>\n<p>\u201cDie belangrikste nou is Turkye se samewerking om die vloedgolf van vlugtelinge te stop, veral omdat ons vrees die volgende golf gaan selfs nog groter wees as nou,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Leiers van die Euro\u00adpese Unie (EU) het vergader om druk op Turkye uit te oefen om die toestroming van migrante na Europa te beperk. Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ges\u00ea dit is \u201conaanvaarbaar\u201d dat die kort seeroete na Griekeland deur mensesmokkelaars beheer word. Die beraad in Brussel sal fokus op \u2019n ooreenkoms met Turkye &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34587\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;EU wil druk op Turkye plaas om migrantestroom te beperk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5761,4869,2715,5810,16687,8793],"class_list":["post-34587","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angela-merkel","tag-eu","tag-immigrasie","tag-krisis","tag-migrante","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34587","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34587"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34587\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34587"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34587"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34587"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}