{"id":34575,"date":"2015-10-20T06:52:08","date_gmt":"2015-10-20T04:52:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34575"},"modified":"2015-10-20T07:20:42","modified_gmt":"2015-10-20T05:20:42","slug":"polisie-neem-betogers-by-uk-in-hegtenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34575","title":{"rendered":"Polisie neem betogers by UK in hegtenis"},"content":{"rendered":"<p>Betogers by die Universiteit van Kaapstad is deur die polisie in hegtenis geneem. Die groep het hulself nie verset nie en protesliedjies gesing terwyl hulle in vangwa&#8217;s gelaai is.<\/p>\n<p>Die betogende studente het die ingang na die Bremner-gebou beset.  <\/p>\n<p>Die universiteit het vroe\u00ebr &#8216;n hofbevel van die Kaapstadse Hooggeregshof verkry om betogers vas te vat wat klasse en bedrywighede op die kampus ontwrig. <\/p>\n<p>Oproer wat landwyd georkestreer word teen tersi\u00eare instellings het die kampus van UK tot stilstand gedwing.<\/p>\n<p>Alhoewel universiteite nie dieselfde fooie hef nie, betoog groepe landwyd teen registrasiefooie.<\/p>\n<p>Die minister van Ho\u00ebr Onderwys, Blade Nzimande het die klein groepe amokmakers wat gewelddadig betoog en universiteite se eiendom vernietig, veroordeel. <\/p>\n<p>Nzimande die studente tot kalmte gemaan tydens &#8216;n mediasessie en ges\u00ea die huidige vlaag studentebetogings is nie &#8216;n krisis nie. <\/p>\n<p>Hy het toegegee dat dit &#8216;n uitdaging is, maar is vol vertroue dat &#8216;n oplossing bereik kan word deur besprekings, onderhandelings en kompromie\u00eb. <\/p>\n<p>Nzimande sal vandag in Kaapstad wees vir &#8216;n vergadering met verteenwoordigers van verskeie universiteite universiteitsfooie te bespreek.<\/p>\n<p>&#8216;n Leier van die studente organisasie Sasco, Ntuthuko Makhombothi, s\u00ea universiteite vererger die situasie deur die polisie in te roep.<\/p>\n<p>Alhoewel die staat arm studente help met studielenings, het die voorsitter van die ANC-subkomitee oor onderwys, Naledi Pandor ges\u00ea studente wat voorheen benadeel is, nie &#8220;uitgesluit&#8221; word nie.<\/p>\n<p>By die Universiteit van die Vrystaat, waar fooie hoog is, was daar tot dusver nie betogings nie, terwyl Rhodes Universiteit wat goedkoop is, moes deurloop.<\/p>\n<p>Intussen het studente aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad die bestuur se aanbod rakende die minimum deposito verwerp en onderneem om voort te gaan met hul betoging. <\/p>\n<p>Hulle wil h\u00ea dat die universiteit sy minimum deposito afskaf, wat vereis dat studente 50 persent van hul klasgeld vooraf betaal om te kan registreer. <\/p>\n<p>Die universiteit het aangebied om die deposito na 20 persent te verminder. Die studente wil ook h\u00ea dat die verhoging in klasgeld verlaag word.<\/p>\n<p>Di\u00e9 opstande wat kort voor die eindeksamen opgevlam het, laat die vermoede ontstaan dat wanpresteerders dit as &#8216;n verskoning wil gebruik om die universiteite te dwing om hulle deur te sit.<\/p>\n<p>Professor Adam Habib het intussen gewaarsku dat &#8216;n sluiting kan volg indien geweld toeneem, nadat studente verkeer in Johannesburg ontwrig en &#8216;n motor omgekeer het. <\/p>\n<p>Op die Stellenbosch-kampus het sowat 50 studente die Administrasie B-gebou beset en ge\u00ebis om met die bestuur oor fooie te praat. Dreigemente om die kampus onregeerbaar te maak is ook geopper.<\/p>\n<p>Berigte is ook ontvang dat studente aan die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap met optrede dreig indien verhogings nie heronderhandel word nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Betogers by die Universiteit van Kaapstad is deur die polisie in hegtenis geneem. Die groep het hulself nie verset nie en protesliedjies gesing terwyl hulle in vangwa&#8217;s gelaai is. Die betogende studente het die ingang na die Bremner-gebou beset. Die universiteit het vroe\u00ebr &#8216;n hofbevel van die Kaapstadse Hooggeregshof verkry om betogers vas te vat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34575\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie neem betogers by UK in hegtenis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5806,5298,21530,19288,15528,5808,5096,4917,5008],"class_list":["post-34575","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-betogings","tag-blade-nzimande","tag-fooie","tag-klasgelde","tag-minister-van-hoer-onderwys","tag-opstand","tag-uk","tag-universiteite","tag-wits"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34575","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34575"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34575\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34575"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34575"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34575"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}