{"id":34543,"date":"2015-10-18T13:13:25","date_gmt":"2015-10-18T11:13:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34543"},"modified":"2015-10-20T07:17:41","modified_gmt":"2015-10-20T05:17:41","slug":"dan-roodt-ja-koos-die-konformistiese-afrikaner-se-denke-is-bankrot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34543","title":{"rendered":"Dan Roodt: Ja, Koos, die (konformistiese) Afrikaner se denke is bankrot"},"content":{"rendered":"<p>Onlangs het Koos Kombuis \u2018n rubriek gepubliseer met die titel <a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/stemme\/menings\/2015-10-07-koos-kombuis-is-ons-denke-werklik-so-bankrot\">Is ons denke werklik so bankrot?<\/a> Ek wil graag daarop antwoord, nie net omdat hy verkeerdelik na my en Steve Hofmeyr as \u201cwit nasionaliste\u201d verwys nie, maar ook omdat ek sy aanvoeling dat \u201cons denke\u201d bankrot is, wil beaam. Hoeveel onse in jou pond Koos? kan mens tereg vra. Vir seker sluit ek nie myself en die res van die PRAAG-rubriekskrywers en nog minder vir Steve Hofmeyr by di\u00e9 \u201conse\u201d met bankrotdenke in nie.<\/p>\n<p>Ten eerste wil ek vir Koos Kombuis reghelp met sy ontnugtering. Hy skryf:<\/p>\n<blockquote><p>Dit lyk asof al die kulturele bastions wat ons probeer bou het om die chaos buite te hou, vanaf die eng denke van die N.P. tot die droom van \u2019n eenheid bo alle rasgrense heen, meteens \u2019n dilemma ervaar wat vergelykbaar is met die Springbokke n\u00e1 hul rampspoedige wedstryd teen Japan verlede maand.<\/p>\n<p>Morele, strukturele en selfs geestelike bankrotskap.<\/p>\n<p>Die droom van \u2019n \u201cre\u00ebnboognasie\u201d is vervang deur die retoriek van die revolusie. Apartheid is terug in nuwe gedaantes.<\/p>\n<p>In kort: hoe verder die spekter van wit nasionalisme verdwyn in die verlede in, hoe harder word die tromgeslag gehoor van \u2019n nuwe gedagtestroom: swart nasionalisme.<\/p>\n<p>Natuurlik moet alle regdenkende Suid-Afrikaners enige vorm van nasionalisme verwerp.<\/p><\/blockquote>\n<p>Onmiddellik wil ek vra: Moet \u201calle regdenkende Suid-Afrikaners\u201d insgelyks\u00a0Engelse en Suid-Afrikaanse nasionalisme &#8211; wat deesdae een en dieselfde ding is &#8211; verwerp? Want die ekstreemlinkse Engelse (en Jode) is ooglopend triomfantelik en nasionalisties oor hul \u201coorwinning\u201d oor Afrikaners. Die stryd om beheer oor swart opvoeding en media wat al sedert die koms van die Britse sendelinge woed, is o\u00ebnskynlik deur hulle gewen. Dis waaroor die sogenaamde \u201copstand teen Afrikaans\u201d in 1976, wat deur die Anglikaanse Kerk, asook <em>The Star<\/em> en <em>The Rand Daily Mail<\/em>, georganiseer en georkestreer is, \u00f3\u00f3k gegaan het.<\/p>\n<p>In die roes van hul nuutgevonde oorheersing binne ons demokratuur &#8211; \u2018n mengsel van demokrasie en diktatuur &#8211; stook hulle gedurig die revolusie. Die \u201ctransformasie\u201d van Suid-Afrika wat hulle verlang, word in al hoe radikaler terme geskilder.\u00a0Kennelik verteenwoordig die radikalisering van die demokratuur &#8211; nou met minder demokrasie en meer diktatuur &#8211; vir Koos en baie ander wat in die skadu van die Helderberg op Stellenbosch grootgeword het, \u2018n verrassing. Diegene van ons wat in Johannesburg opgegroei en die radikale, Engelse beweging by Wits en elders van naderby leer ken het, is eerder verras dat Suid-Afrika nie reeds veel nader aan sy Zimbabwaanse (om nou die pragtige Nederlandse adjektief te gebruik) eindpunt gekom het nie.<\/p>\n<p>Koos verwys na \u201cdie eng denke van die N.P.\u201d, maar is dit nie presies waarmee hy besig is nie? Beleef ons nie nou juis wat die N.P. in sy terminale fase vir ons wou bewerkstellig nie? Immers is Roelf Meyer, F.W. de Klerk, Leon Wessels, Renier Schoeman en die res van die N.P. tot die Engelse neomarxisme van \u2018n multikulturele demokratuur bekeer! Die drie wesentlike elemente van Marx, Engels en Lenin se politieke denke is die volgende:<\/p>\n<ul>\n<li>die nastreef van \u2018n maatskaplike omwenteling of revolusie;<\/li>\n<li>wat gelei word deur die \u201cvoorhoede van die werkersklas\u201d en;<\/li>\n<li>wat n\u00e1 die staatsgreep \u2018n \u201cdiktatuur van die proletariaat\u201d sal vestig.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Al drie hierdie elemente is reeds in Suid-Afrika verwesenlik. Die ekstreemlinkse Engelse en Jode was die \u201cvoorhoede\u201d wat met \u2018n kombinasie van stedelike terreur en propaganda vir ons die revolusie gebring het. Die diktatuur van die proletariaat of die massa is ook reeds gevestig. Vandeesweek het ons by Wits gesien hoe selfs di\u00e9 eertydse sitadel van marxistiese Boerehaat en \u201cprogressiewe denke\u201d die knie moes buig voor \u2018n skare wat die administrasiegebou, Senate House, beset het. Die \u201cvoorhoede\u201d en die massa baklei tans oor die mag, hoewel die \u201cvoorhoede\u201d bly in beheer van d\u00edt wat die Franse marxis, Louis Althusser, die \u201crepressiewe staatsapparaat\u201d genoem het: die weermag, die polisie en ander veiligheidsdienste. By enige marxistiese revolusie is die massa of die voorhoede bloot die instrument wat die voorhoede se finale oorheersing en magsgreep moet bewerkstellig.<\/p>\n<p>Waarom is die Broederbond, die N.P., die N.G. Kerk en elke ander belangrike instelling so maklik tot die revolusie bekeer? Juis vanwe\u00eb die bankrotskap van hul denke! Terugskouend het F.W. de Klerk en die res van die N.P. aan Joe Slovo, Ronnie Kasrils, Ben Turok en hul figurant Nelson Mandela oorgegee omdat hulle nie werklik verstaan het met wie en waarmee hulle te doene gehad het nie! De Klerk en sy broer Wimpie was produkte van die PUK waar dans tot redelik onlangs verbode was en die werke van Marx en Engels, asook die geskrifte van Harold Wolpe, Joe Slovo, Ruth First en ander, seker dieper in die doofpot gesteek is as Wimpie se seksuele skandes by die meisieskoshuis waar hy eens koshuisvader was. Praat van wolf skaapwagter maak!<\/p>\n<p>Elke dag as ek die Afrikaanse koerante of hul aanlynoorblyfsels lees, kom ek onder die indruk van die volslae na\u00efwiteit van ons mense, hul gebrekkige begrip van internasionale politiek, maar veral die enorme leemte in hul opvoeding as dit kom by die Europese denktradisie wat steeds in \u2018n ho\u00eb mate die gang van globale politiek bepaal. In Frankryk, Nederland, Swede, Duitsland en ander lande heers daar tans \u2018n intense debat oor kultuurkonflik wat deur die sg. \u201cmigrante\u201d verhewig word. Europa ontdek nou die problematiek waarmee Verwoerd en sy tydgenote destyds geworstel het, di\u00e9 van \u2018n multi\u00ebtniese samelewing met diepgewortelde kultuurverskille. Pleks daarvan dat Afrikaanse skrywers, intellektuele en politici egter op gelyke voet hieraan deelneem, is hulle tjoepstil. Hulle probeer Slovo en Mandela se revolusie ter wille wees! Oor die enkele interessante idees en politieke insigte wat ons mense oor die jare ontwikkel het, het hulle geheueverlies, of verkies om glad nie daarvan kennis te neem nie omdat dit teenstrydig met die heersende Slovo\u00efsme sou wees.<\/p>\n<p>Mandela was nooit opreg in enigiets wat hy ges\u00ea het nie. Sy sogenaamde \u201cversoenende uitsprake\u201d is gemaak in \u2018n tyd toe die ANC-SAKP nog nie volkome beheer oor die weermag en polisie gehad het nie. Hy was \u2018n kulkunstenaar wat die revolusion\u00eare broodnodig gehad het om hul staatsgreep te verstewig. Die paragraaf van Mandela wat Koos aanhaal, is in elk geval al tot vervelens toe aan ons deur die hoofstroommedia opgedring en dit is sinneloos. Geen grondwet op aarde kan die oorheersing van \u2018n etniese minderheid verhoed nie, tensy dit dalk in Kanada is. Maar in alle veeltalige Westerse lande soos Kanada, Belgi\u00eb of Spanje waar daar min of meer billik met die regte van verskillende taal- of etniese groepe omgegaan word, geskied dit vanwe\u00eb die dreigement van selfbeskikking en onafhanklikwording van die minderheidsgroep. Dis \u2018n hele debat op sigself en ek laat dit daar.<\/p>\n<p>Terug na \u201cons\u201d intellektuele bankrotskap, waarvan ek myself en \u2018n klein groepie andersdenkende Afrikaners uitsluit. Ons is nie deur die wierook van die demokratuur om die bos gelei nie. Die SAKP en sy \u201cvoorhoede\u201d van \u201cprogressiewe denkers\u201d en hatige revolusion\u00eare verdrukkers was nie aan ons onbekend nie. Trouens, my eie vader het op dieselfde tydstip as Yossel (Joe) Slovo aan Wits gestudeer in \u2018n tyd toe een derde van die studente op di\u00e9 Engelse kampus Afrikaners was en daar reeds \u2018n felle politieke stryd in aanloop tot die 1948-verkiesing gevoer is. Ons het as\u2019t ware saam met die revolusion\u00eare \u201cvoorhoede\u201d grootgeword. Al was ons by tye hoe liberaal of hoe afvallig van die hoofstroom- Afrikanerkultuur, sou ons nooit die fout gemaak het om soos die N.P. ons vertroue in die revolusie te plaas nie. My liewe hemel, het die Afrikaner in 1994 dan niks geweet nie? Het hy nie Solsjinitsin gelees, of selfs Arthur Koestler of Albert Camus oor die &#8220;Rooi Kerk&#8221; nie? Die Franse intellektuele wat in die sewentigerjare verdoemende kritiek op marxisme en kommunisme gelewer het, het in die laat sewentigerjare selfs die voorblad van die Amerikaanse tydskrif <em>Time<\/em> gehaal. Het \u201cons\u201d &#8211; Koos Kombuis se \u201cons\u201d &#8211; nie daarvan kennis geneem nie?<\/p>\n<p>Interessant genoeg laat weet Leon Lemmer vir my per e-pos nie te lank gelede nie dat hy reeds in 1980 op ons destyds aweregse tydskriffie <em>Taaldoos<\/em> &#8211; waarin Koos Kombuis destyds ook gepubliseer het &#8211; ingeteken was. Vandag <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=34531\">hier op Praag<\/a> herinner Lemmer ons aan \u2018n brokkie deur Jaap Steyn dat Verwoerd in 1941 die voorstel gemaak het dat Afrikaans die enigste amptelike taal van Suid-Afrika moes wees. Vandag is Engels die enigste amptelike taal. Maar die feit dat \u2018n klein groepie van ons al dekades lank en ondanks die revolusie wat die land &#8211; en die w\u00eareld, as ons dink aan die skipbreuk van Oos-Europese kommunisme &#8211; intussen deurgemaak het, steeds konsekwent pro-Afrikaans en anti-kommunisties in ons denke gebly het, verskaf darem \u2018n sprankie hoop dat nie almal se denke \u201cbankrot\u201d is nie.<\/p>\n<p>Daar is net een stukkie waarheid in Koos Kombuis se kommentaar en dit is dat swart nasionalisme in Suid-Afrika \u2018n \u201cpseudo-beweging\u201d is. Net soos elke bankrot Afrikaland deur \u2018n groter moondheid of \u201cdonateur\u201d (deesdae veral China) gemanipuleer word, s\u00f3 staan daar agter elke \u201cswart nasionalis\u201d \u2018n blanke marxis of organiseerder of geldskieter. Waarskynlik het Malema nog nooit \u2018n sent van enige van sy ondersteuners in die lokasie (\u201ckasi\u201d is seker die meer polities korrekte spelling, soos die SABC dit gebruik) ontvang nie. \u2018n Beweging soos die EFF ontstaan nie uit die niet of \u201cspontaan\u201d nie. Politiek kos geld, baie geld. Sekere elemente van die \u201cvoorhoede\u201d beskou dit egter as in hulle belang om \u2018n figuur soos Malema te befonds, aan te praat, publisiteit te gee en van allerlei logistieke steun te voorsien.<\/p>\n<p>Koos Kombuis het ook nie gelyk as hy meen dat ek en Steve Hofmeyr \u201cwit nasionliste\u201d is nie. Ek kan nie vir Steve praat nie, maar n\u00earens het hy nog ooit \u2018n oproep gedoen dat \u201cdie witmense van Suid-Afrika\u201d teen ander rasse moet saamstaan, op die manier waarop sommige Amerikaners dit doen nie.<\/p>\n<p>Afgesien van die rol van marxistiese ideologie, verskaf taal die sleutel om Suid-Afrika te verstaan. Koos Kombuis ly aan die Stockholmsindroom as hy dink dat Steve Hofmeyr vir Blade Nzimande of Panyaza Lesufi sou \u201cuitlok\u201d om teen Afrikaners en Afrikaans op te tree. Het ons ooit die Engelse in die negentiende eeu uitgelok? Nietemin het die Britse koloniale owerheid alles in sy vermo\u00eb gedoen om ons taal te onderdruk en kort n\u00e1 1902 is dit deur Milner voortgesit.<\/p>\n<p>Die probleem is dat Afrikaans en Afrikaners in die weg van die revolusie staan. Dit is deel van die doktrine van die SAKP wat reeds in die 1950\u2019s aangeneem is dat Engels die enigste landstaal moet wees en dat die totale bevolking geassimileer moet word in een Engelstalige proletariaat wat deur die Party en die voorhoede gelei sal word. Die Katalaanse akademikus en politikus Alfred Bosch het \u2018n skerpsinnige opstel oor die \u201cANC se konsep van nasie\u201d geskryf en bevind dat Joe Slovo die kern daarvan verwoord het toe hy ges\u00ea het:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cSuid Afrika is nie \u2018n veelrassige land nie: dis \u2018n nasie-in-wording\u2026 Ons weet baie goed wat \u2018veelvolkery\u2019 beteken. Dis \u2018n uitgeslape manier om nasionale heerskappy te behou\u2026 Ons kan geen uitgebreide of berekende voorstelle aanvaar wat \u2018n \u2018veelvolkige\u2019 raamwerk in stand hou en wat \u2018n verbrokkelde nasionale identiteit en daarmee saam wit rassisme, beskerm nie\u201d (M. Van Diepen, 1988, p. 148).<\/p><\/blockquote>\n<p>In sy liedjie oor Koos de la Rey, geskryf deur Sean Else, het Bok van Blerk gesing:<\/p>\n<blockquote><p>Want my vrou en my kind<br \/>\nl\u00ea in &#8216;n kamp en vergaan,<br \/>\nen die Kakies se murg loop oor<br \/>\n&#8216;n nasie wat weer op sal staan.<\/p><\/blockquote>\n<p>Om dit na die hede te transponeer, kon hy net sowel gesing het:<\/p>\n<blockquote><p>Want my vrou en my kind<br \/>\nl\u00ea tuis in angs en vergaan,<br \/>\nen die kommunis se murg loop oor<br \/>\n\u2018n nasie wat weer op sal staan.<\/p><\/blockquote>\n<p>Nie net die kommunistiese revolusion\u00ear nie, maar ook sy handlanger, die grootkapitalis wat in radikalisme en revolusie \u2018n manier sien om deur korrupsie en die koop van mag en invloed sy rykdom te vergroot, is ons vyand. Alles wat die Afrikaner geskep en ontwikkel het, soos Eskom, Telkom, Sasol, Transnet, die poskantoor, die munisipaliteite, om nie van die boere se grond te vergeet nie, sal nog op \u2018n groot bankrotveiling verkoop word. Grootkapitaliste lek reeds hul lippe daarvoor af.<br \/>\nDaarom lei die Afrikaner se bankrotdenke onvermydelik tot sy finansi\u00eble en maatskaplike bankrotskap.<\/p>\n<p>Onlangs lees ek in Rapport oor die huidige \u201cstudenteopstand\u201d by Wits wat binne die verband van Suid-Afrika se \u201cklassestryd\u201d deur ene Claudi Malovich ontleed word (&#8220;Die anatomie van studenteprotes: Wat die Wits-protes oor ons samelewing s\u00ea&#8221;). Dis byna lagwekkend! Die spook van Karl Marx en sy volgelinge preek nou vir ons vanuit die \u201ckonserwatiewe\u201d N.P. se eertydse koerant en Sondagmondstuk.<\/p>\n<p><em>Plus \u00e7a change, plus \u00e7a reste la m\u00eame chose<\/em>, soos die Franse s\u00ea. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Ek verstout my om te s\u00ea dat dieselfde groepering of dampkring wat vir die Anglo-Boereoorlog verantwoordelik was &#8211; \u2018n paar grootkapitaliste in Londen en Johannesburg, asook Kaapse politici &#8211; vandag steeds poog om Afrikaans en, soos Joseph Chamberlain dit gestel het, \u201cdie laaste oorblyfsels van Afrikanerisme in Suid-Afrika uit te roei\u201d.<\/p>\n<p>Internasionaal heers daar \u2018n bedreiging vir alle blankes en ons sou dom wees om dit heeltemal te ignoreer. Maar in Suid-Afrika moet ons veral nie wit nasionaliste wees nie, want dit sal ons verhoed om \u201cdie mag agter die troon\u201d raak te sien. Die swartman as sodanig is nie ons vyand nie; sedert die Voortrekkers se dae werk ons met bepaalde swart stamme saam, sluit ooreenkomste met hulle en verskaf bepaalde dienste en ontwikkelingshulp aan hulle in ruil vir hul goedgesindheid en neutraliteit in die groter stryd om beheer oor Suid-Afrika wat al 200 jaar of langer woed.<\/p>\n<p>Nie net is die Afrikaner tans te swak om enige voordeel vir \u2018n ander groep te h\u00ea nie, maar FW en Roelf Meyer het ook ons laaste oorblywende swart bondgenote in die vroe\u00eb negentigerjare in die rug gesteek. Geen selfrespekterende swart leier sal ooit weer \u2018n Afrikaner vertrou nie, danksy die optrede van sogenaamde \u201cAfrikanerleiers\u201d in die onlangse verlede.<\/p>\n<p>Wat Koos Kombuis uiteindelik bepleit, is \u2018n Fukuyama-agtige \u201ceinde van die geskiedenis\u201d. Hy hoop dat die geskiedenis in 1994 ge\u00ebindig het en dat ons vyande almal soos mis voor die son verdwyn het. Daarom bestaan daar nou die moontlikheid van ewigdurende samesyn in \u2018n \u201cnie-rassige utopie\u201d. Suid-Afrika is egter tans meer rasbewus as ooit onder sogenaamde \u201capartheid\u201d.<\/p>\n<p>Die hoofkarakter in James Joyce roman <em>Ulysses<\/em> s\u00ea ook iewers aan die begin, verwysende na Ierland: \u201cDie geskiedenis is \u2018n nagmerrie waaruit ek graag sou wou ontwaak.\u201d Oral waar Engelse bedrywig was, het hulle sulke \u201cnagmerries\u201d geskep.<\/p>\n<p>Ongelukkig vir Koos Kombuis en baie ander Afrikaners wat gedink het dat die geskiedenis of die stryd nou tot stilstand gekom het, of dat die nagmerrie daarvan \u201copgehou\u201d het, is so iets onmoontlik. Paul Kruger het die ontdekking van goud in die Transvaal as \u2018n vloek beskou, want hy het besef dat dit afguns en konflik sou veroorsaak.<\/p>\n<p>Net so het Afrikanerregering in die twintigste eeu rykdom en welvaart geskep, wat verdere afguns en gierigheid veroorsaak het. Slegs wanneer die laaste Afrikanerbate ingepalm is, sal die konflik ophou, indien ooit. Want solank as wat ons oor die vermo\u00eb beskik om steeds die Afrikaanse taal en kultuur te bedryf, tesame met voortreflike skole en kampusse, sal daardie jaloesie oor ons aangewakker raak, al oorhandig ons elke ander ding wat ons besit, elke huis, plaas of voertuig. Selfs al gaan die hele Suid-Afrika tot niet en poog ons agterna om dit weer te herbou, sal dit vyandskap en nydigheid ontlok; lees maar Joseph Conrad se grootste roman, <em><a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Nostromo\">Nostromo<\/a><\/em>, oor &#8216;n fiktiewe Suid-Amerikaanse kolonie waar &#8216;n Britse erfgenaam probeer om &#8216;n silwermyn weer aan die gang te kry.<\/p>\n<p>Ongelukkig is ons in \u2018n alles-of-niks-stryd vasgevang. \u00d3f ons gaan heeltemal ten gronde, \u00f3f ons doen iets daaraan en begin opstaan soos ons voorouers soveel male vantevore gedoen het.<\/p>\n<p>Steve Hofmeyr het nog nooit \u201calle swartmense voor die voet af(ge)maak as minderwaardige halfmense\u201d nie. Net so is dit wensdenkery om te dink dat die Afrikaner se legio vyande, noudat hulle die hef in die hand het, gaan ophou om ons te kasty.\u00a0Inteendeel, \u201cons\u201d onkunde en apatie maak die roofdierinstink in hulle wakker en lei tot die tipe magswanbalans en oorheersing wat die Suid-Afrikaanse demokratuur tans kenmerk.<\/p>\n<p>Anders as in jou Stockholmsindroomlogika, Koos, is dit nie Steve wat die toenemende revolusion\u00eare klimaat aanhits nie, maar jy en ander wat nie die werklikheid van ons geskiedenis en die land se etniese en talige dinamiek in die o\u00eb wil kyk nie. Een of ander tyd word elke lekkergeloof of drogredenasie egter aan die toets van die werklikheid onderwerp. Die pessimistiese toon van jou rubriek s\u00ea reeds vir my dat die \u201cre\u00ebnboogteorie\u201d, wat \u2018n tydelike foefie van die vyand was &#8211; terwyl hy besig was om die weermagmagasyne en die polisiestasies oor te neem &#8211; aan skerwe l\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs het Koos Kombuis \u2018n rubriek gepubliseer met die titel Is ons denke werklik so bankrot? Ek wil graag daarop antwoord, nie net omdat hy verkeerdelik na my en Steve Hofmeyr as \u201cwit nasionaliste\u201d verwys nie, maar ook omdat ek sy aanvoeling dat \u201cons denke\u201d bankrot is, wil beaam. Hoeveel onse in jou pond Koos? &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34543\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Ja, Koos, die (konformistiese) Afrikaner se denke is bankrot&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[768,6016,5970,7905,2227,20756,9377],"class_list":["post-34543","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaner","tag-engels","tag-koos-kombuis","tag-marxisme","tag-nasionalisme","tag-radikalisme","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34543","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34543"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34543\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34543"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34543"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34543"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}