{"id":34512,"date":"2015-10-16T06:45:20","date_gmt":"2015-10-16T04:45:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34512"},"modified":"2015-10-16T06:50:57","modified_gmt":"2015-10-16T04:50:57","slug":"merkel-se-steun-neem-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34512","title":{"rendered":"Merkel se steun neem af"},"content":{"rendered":"<p>Kanselier Angela Merkel se gewildheid is besig om te taan weens haar tegemoetkomende houding teenoor die instroming van Moslemimmigrante.<\/p>\n<p>Horst Seehofer, die leier van die Beierse sustersparty van die CDU, stamp reeds \u2019n geruime tyd koppe met Merkel oor hoe Duitsland die invloei van hoofsaaklik jong mans moet behartig.<\/p>\n<p>Terwyl Merkel \u2019n oopdeurbeleid voorstaan en daarop aandring dat Duitsland dit sal kan behartig, het Seehofer, die premier van Bavaria, wat die eerste toegangspunt vir baie migrante in Duitsland is, gedreig dat sy staat die federale regering hof toe sal sleep om die aantal asielsoekers te beperk.<\/p>\n<p>Duitsland is \u2019n gunsteling bestemming vir migrante van oral wat beweer dat hulle uit lande in die oorloggeteisterde Siri\u00eb in die Midde-Ooste vlug, asook Siri\u00ebrs self.<\/p>\n<p>Ontleders meen Merkel probeer ISIS-militante beskerm deur Duitsland se deure vir hulle oop te gooi nadat Rusland aangekondig het dat hulle sal optree teen ISIS in Siri\u00eb.<\/p>\n<p>Dit het daartoe gelei dat die sogenaamde Forsa-meningsopname, wat die week vrygestel is, aantoon dat steun vir die konserwatiewes met een persentasiepunt tot 38 persent geval het.<\/p>\n<p>Die persentasie kiesers wat nie op een van die partye kan besluit nie, het ook met een persentasiepunt gestyg en staan nou op 34 persent.<\/p>\n<p>\u201cDie dispuut tussen Seehofer en Merkel irriteer sommige konserwatiewe ondersteuners, maar hulle beweeg nie na ander partye nie. Hulle dui eerder aan dat hul nie kan kies nie,\u201d het die hoof van Forsa, Manfred Guellner, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Groen-party het 10 persent steun, een persent meer as verlede week, en steun vir die ander partye het konstant gebly. Steun vir die Sosiale Demokrate (SPD), die junior koalisievennoot van Merkel se konserwatiewes, bly op 25 persent en die verlinkse Linke-party bly op nege persent.<\/p>\n<p>Die regse Alternatief vir \u00adDuitsland-party (AfD), wat eis dat \u00adimmigrante weggewys word, se steun in Beiere, wat aan Oostenryk grens van waar die meeste migrante Duitsland binnestroom, geniet nege persent steun en in die ooste van Duitsland steun 13 persent.<\/p>\n<p>Merkel se persoonlike gewildheid het ook afgeneem. Die volgende federale verkiesing vind in 2017 plaas. <\/p>\n<p>Na verwagting sal tussen 800 000 en \u2019n miljoen asielsoekers vanjaar in Duitsland aankom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kanselier Angela Merkel se gewildheid is besig om te taan weens haar tegemoetkomende houding teenoor die instroming van Moslemimmigrante. Horst Seehofer, die leier van die Beierse sustersparty van die CDU, stamp reeds \u2019n geruime tyd koppe met Merkel oor hoe Duitsland die invloei van hoofsaaklik jong mans moet behartig. Terwyl Merkel \u2019n oopdeurbeleid voorstaan en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5761,14306,6798,5227,21524,12614,21521,21522,6799,21523],"class_list":["post-34512","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angela-merkel","tag-beiere","tag-cdu","tag-duitsland","tag-horst-seehofer","tag-immigrante","tag-peiling","tag-seehofer","tag-spd","tag-toestromingskrisis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34512","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34512"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34512\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34512"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34512"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34512"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}