{"id":34496,"date":"2015-10-15T08:34:08","date_gmt":"2015-10-15T06:34:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34496"},"modified":"2015-10-15T18:22:22","modified_gmt":"2015-10-15T16:22:22","slug":"ng-kerk-otjiwarongo-staak-finansiele-bydraes-aan-sa-ngk-oor-gays","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34496","title":{"rendered":"NG Kerk Otjiwarongo staak finansi\u00eble bydraes aan SA NGK oor gays"},"content":{"rendered":"<p>Die Nederduits Gereformeerde kerk Otjiwarongo het Woensdagaand n\u00e1 \u0149 buitengewone kerkraadvergadering besluit om alle bande met die Algemene Sinode in Suid-Afrika te verbreek. <\/p>\n<p>Die gemeente het alle finansi\u00eble bydraes aan die NG Kerk in Suid-Afrika gestaak, maar sal voortgaan om bydraes te lewer aan die Namibiese sinode, op voorwaarde dat di\u00e9 bydraes nie aan die algemene sinode oorbetaal mag word nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 besluit kom n\u00e1 die Algemene Sinode die naweek besluit het homoseksuele ampsdraers hoef ni\u00e9 meer \u0149 eed van selibaatskap af te l\u00ea om te kan praktiseer nie.<\/p>\n<p>Ds. Hector Jooste, leraar, het per brief die moderatuur van die algemene sinode en die Namibiese sinode ingelig en die brief ook op die gemeente se Facebook-blad geplaas.<\/p>\n<p>&#8216;n Kerkskeuring dreig nadat &#8216;n paar linkse voorbokke besluit het gays moet in die NG Kerk verwelkom word.<\/p>\n<p>Die Otjiwarongo-gemeente sal voorlopig bande met die Namibiese sinode hou en eers na die volgende sinodesitting &#8216;n besluit maak oor deelname.<\/p>\n<p>Ds. Pine Pienaar, moderator van die Namibiese sinode, het die besluit as \u201cverregaande\u201d beskryf en ges\u00ea dis &#8216;n  &#8220;oorhaastige, emo\u00adsionele besluit&#8221;.<\/p>\n<p>Pienaar s\u00ea die moderatuur van Namibi\u00eb vergader Vrydag oor die Otjiwarongo-gemeente se besluit.<\/p>\n<p>Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die algemene sinode, wou nie kommentaar lewer nie.<\/p>\n<p>Thinus Pretorius, voorsitter van die kerkraad se dagbestuur, het luidens die Republikein ges\u00ea die verklaring deur Jooste is gegrond op \u2019n konsepdokument deur die kerkraad en die gesprek daaroor vorm deel van \u2019n proses.<\/p>\n<p>Jooste het by navraag beaam dat die gemeente voorlopig sy verbintenis met die sinode in Namibi\u00eb behou en dat die kerkraad eers n\u00e1 die volgende Namibiese sinodale sitting vroeg aanstaande jaar oor di\u00e9 verbintenis sal besluit.<\/p>\n<p>Luidens die Algemene Sinode se besluit verlede week in Suid-Afrika kan kerkrade hul eie posisie oor die saak inneem en self besluit of hulle van hul homoseksuele ampsdraers verwag om selibaat te lewe of nie.<\/p>\n<p>Maar volgens Jooste is di\u00e9 besluit \u201conhoudbaar\u201d. \u201cOns hoef mos nie besluite by die Algemene Sinode te neem as hulle omdraai en s\u00ea elke gemeente kan maak soos hulle wil nie. Dit is \u2019n baie gevaarlike manier van doen.<\/p>\n<p>\u201cDie uitlewing van homoseksuele gedrag is verkeerd; die Bybel maak d\u00edt baie duidelik. Dit gaan oor die beginsel van die saak. As ons alles in die Bybel wil relativeer, waarvoor het ons dan nog \u2019n Bybel? Waar trek jy die streep? Gooi die boek dan liewer weg,\u201d het Jooste gister aan Republikein ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk dink homoseksualiteit is \u2019n komplekse kwessie, maar dit beteken nie ons kan homoseksuele gedrag goedkeur nie. Jy sal tog nie toelaat dat \u2019n alkoholis aanhou drink en in sy sonde volhard nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie Algemene Sinode se besluit laat toe dat mense met hul sondige leefstyl kan voortgaan; ons kan nie hiermee saamstem nie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens ds. Clem Marais, sekretaris van die Namibiese Sinode, is dit egter nie s\u00f3 maklik om net van die Algemene Sinode weg te breek nie. Hy s\u00ea ook dat so \u2019n besluit nie net oorhaastig en onnodig is nie, maar ook nie uitvoerbaar is nie.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Gemeente kan nie uit verband tree met die \u00adAlgemene Sinode en steeds in verband bly met \u2019n streeksinode nie. Die Algemene Sinode is nie \u2019n vergadering van gemeentes nie, maar \u2019n vergadering van sinodes,\u201d s\u00ea Marais.<\/p>\n<p>Marais s\u00ea verder dat predikante wat bande met die Algemene Sinode wil verbreek, hul \u201cbevoegdheid in gedrang kan bring\u201d aangesien dit die Algemene Sinode is wat leraars legitimeer en tot die bediening toelaat.<\/p>\n<p>Marais verduidelik dat \u2019n gemeente se potensi\u00eble wegbreking van die NG kerkverband ook geweldige spanning plaas op gemeentelede wat nie wil wegbreek nie. \u201cSou net een gesin in die gemeente aandui dat hulle nie wil deelneem aan die afskeiding van die NG verband nie, bly hulle agter as die NG gemeente Otjiwarongo en neem hulle alle bates en laste oor.<\/p>\n<p>\u201cDie Algemene Sinode se besluit laat volledig ruimte vir kerkrade om \u2019n eie standpunt oor die saak in te neem. Op di\u00e9 manier kan die gesprek hieroor voortgaan en kan ons almal mekaar help om die Skrif beter te hoor. Seksualiteit is myns insiens hoegenaamd nie so \u2019n kernsaak in die geloof dat dit afskeiding regverdig nie,\u201d s\u00ea Marais.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nederduits Gereformeerde kerk Otjiwarongo het Woensdagaand n\u00e1 \u0149 buitengewone kerkraadvergadering besluit om alle bande met die Algemene Sinode in Suid-Afrika te verbreek. Die gemeente het alle finansi\u00eble bydraes aan die NG Kerk in Suid-Afrika gestaak, maar sal voortgaan om bydraes te lewer aan die Namibiese sinode, op voorwaarde dat di\u00e9 bydraes nie aan die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34496\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NG Kerk Otjiwarongo staak finansi\u00eble bydraes aan SA NGK oor gays&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34498,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[10548,21518,21515,21517,21514,21516],"class_list":["post-34496","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-gays","tag-kerkraadvergadering","tag-kerkskeuring","tag-moderatuur","tag-namibiese-sinode","tag-otjiwarongo-gemeente"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34496\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34498"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}