{"id":34475,"date":"2015-10-14T08:57:37","date_gmt":"2015-10-14T06:57:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34475"},"modified":"2015-10-14T08:57:37","modified_gmt":"2015-10-14T06:57:37","slug":"boko-haram-slaan-toe-in-tsjad-en-kameroen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34475","title":{"rendered":"Boko Haram slaan toe in Tsjad en Kameroen"},"content":{"rendered":"<p>Dubbele selfmoordbomaanvalle Sondag het die lewe van minstens nege mense in die verre noorde in Kameroen ge\u00ebis, \u2019n dag nadat driedubbele ontploffings in Tsjad die dood van 41 mense veroorsaak het.<\/p>\n<p>Boko Haram word vir die naweek se geweldpleging verantwoordelik gehou, het AFP berig.<\/p>\n<p>Albei lande is deel van die streekskoalisie wat teen die militante veg, wat in die afgelope maande hul bloedige aanvalle uit hul tradisionele vesting in die noorde van Nigeri\u00eb verder buite die land se grense geneem het.<\/p>\n<p>Twee vroue selfmoordbomaanvallers het die aanvalle in die Kameroense nedersetting Kangaleri uitgevoer, het veiligheidswoordvoerders ges\u00ea.<\/p>\n<p>Nege mense is dood toe die eerste vrou \u2019n bom in \u2019n klein melk- en oliebolrestaurant laat ontplof het. Die tweede bom\u00adaanvaller was die enigste slagoffer toe sy haar bom laat ontplof het.<\/p>\n<p>Van die 29 beseerdes is verskeie \u201cbaie ernstig\u201d beseer, het \u2019n plaaslike amp\u00adtenaar ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die dodetal in Saterdag se drie bomontploffings in die stad Baga Sola in Tsjad het intussen tot 41 gestyg.<\/p>\n<p>Nog 48 mense is in die aanvalle beseer, het die Tsjadiese regering in \u2019n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Een van die ontploffings het \u2019n vismark in Baga Sola geteiken en die ander twee ontploffings het in \u2019n vlugteling\u00adkamp aan die buitewyke van die stad plaasgevind.<\/p>\n<p>Dit was die eerste sodanige aanval op Baga Sola. Die indruk dat dit \u2019n redelike veilige stad is, het tienduisende Nigeriese vlugtelinge en inwoners van Tsjad wat haweloos gelaat is deur Boko Haram-geweld, na die stad laat stroom om \u2019n veilige hawe te vind.<\/p>\n<p>Humanit\u00eare- en veiligheidsbronne s\u00ea verskeie mense het hulself in die middel van \u2019n skare mense opgeblaas.<\/p>\n<p>Tsjad se verre noordelike gebied het reeds sedert Julie 15 selfmoordbomaanvalle beleef wat aan Boko Haram toegeskryf word. Meer as 100 mense is in die aanvalle dood.<\/p>\n<p>Minstens 17 000 mense is reeds dood en meer as 2,7 miljoen is haweloos gelaat sedert Boko Haram in 2009 met sy insurgensie begin het.<\/p>\n<p>Die groep, wat \u2019n alliansie aangekondig het met die Islamitiese Staat wat in Irak en Siri\u00eb veg, het die afgelope tyd grondgebied verloor nadat met \u2019n multinasionale aanslag begin is, maar veg nou met guerrilla-styl aanvalle en bomaanvalle terug.<\/p>\n<p>Die Nigeriese weermag het Sondag Boko Haram-vegters aangemoedig om oor te gee.<\/p>\n<p>Die weermag s\u00ea meer as 200 lede van die militante groep het hulle op 25 September in die noordoostelike dorp Banki oorgegee. Die dorp is as afspringplek vir aanvalle teen Kameroen gebruik.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dubbele selfmoordbomaanvalle Sondag het die lewe van minstens nege mense in die verre noorde in Kameroen ge\u00ebis, \u2019n dag nadat driedubbele ontploffings in Tsjad die dood van 41 mense veroorsaak het. Boko Haram word vir die naweek se geweldpleging verantwoordelik gehou, het AFP berig. Albei lande is deel van die streekskoalisie wat teen die militante &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34475\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Boko Haram slaan toe in Tsjad en Kameroen&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16712,17849,10126,20778,7829,16755],"class_list":["post-34475","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-boko-haram","tag-islamitiese-staat","tag-kameroen","tag-selfmoordbomme","tag-terreur","tag-tsjad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34475","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34475"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34475\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34475"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34475"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34475"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}