{"id":34466,"date":"2015-10-14T08:08:56","date_gmt":"2015-10-14T06:08:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34466"},"modified":"2015-10-14T14:06:34","modified_gmt":"2015-10-14T12:06:34","slug":"indiese-president-besoek-palestina-te-midde-van-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34466","title":{"rendered":"Indiese president besoek Palestina te midde van geweld"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Palestynse moeder en haar driejarige dogter is Sondag dood in \u2019n Israelse lugaanval in Gasa. Di\u00e9 Israelse lugaanval kom na &#8216;n reeks beweerde mesaanvalle deur Palestyne.<\/p>\n<p>Volgens die Israelse polisie het hulle gekeer dat \u2019n motorbom Jerusalem bereik deur \u2019n lugaanval in Gasa uit te voer. <\/p>\n<p>Palestyne betwis dit egter en meen \u2019n brand wat weens \u2019n elektriese fout in die motor ontstaan het, is verkeerdelik vir \u2019n ontploffing aangesien.<\/p>\n<p>Talle Israeli\u2019s en Palestyne is die afgelope tyd in die bloedvergieting dood. Moslemwoede kook oor weens toegang vir Jode tot die Al-Aqsa-moskeekompleks in Jerusalem.<\/p>\n<p>Geweld het versprei van die Heilige Stad en die Israeli-\u00adbesette Wesoewer na die binneland en die Hamas-beheerde Gasa.<\/p>\n<p>Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, se vermaning aan Israeli\u2019s dat daar geen kitsoplossing vir die \u00adsituasie is nie, het die vermoede versterk dat Israel nie gou oplossings vir die konflik sal vind nie. <\/p>\n<p>Dit het vrese oor \u2019n derde Palestynse opstand, &#8216;n Intifada, laat opvlam.<\/p>\n<p>Volgens Palestynse mediese beamptes is 37 Palestynse betogers Sondag gewond deur Israelse troepe in die Wesoewer.<\/p>\n<p>In reaksie op die vuurpylaanvalle oor die grens het \u2019n Israelse vegvliegtuig \u2019n Hamas-fasiliteit in Gasa geteiken. <\/p>\n<p>Volgens Palestynse mediese beamptes is \u2019n swanger ma en haar driejarige dogter wat naby gewoon het in di\u00e9 aanval dood.<\/p>\n<p>Moslems is gekant teen die Joodse teenwoordigheid by die Aqsa-moskeeplein, Islam se derde heiligste terrein. <\/p>\n<p>President Pranab Mukherjee het intussen die eerste Indiese staatshoof geword wat Palestina Maandag amptelik besoek het.<\/p>\n<p>Indi\u00eb het sy steun vir &#8216;n Palestynse staat bevestig tydens &#8216;n ontmoeting met die president van die Palestynse Nasionale Owerheid, Mahmoed Abbas.<\/p>\n<p>Abbas het ges\u00ea Palestina se volle aandag is gerig op die beheer van die spanning. Die Palestyne eis \u2019n staat in die Wesoewer en Gasa saam met Oos-Jerusalem.<\/p>\n<p>Israel het \u00e1l drie die dele in 1967 in die Midde-Oosterse oorlog verower. Volgens Jode is dit ook die ligging van Bybelse tempels. <\/p>\n<p>Abbas blameer Joodse fundementaliste se optrede by Al-Aqsa moskee in Jerusalem vir die huidige krisis. <\/p>\n<p>Die Tempelberg, waarbinne die moskee gele\u00eb is, word bedreig deur die Islamitiese staat, sowel as ander militantegroepe soos Al-Qaeda en die al-Nusra Front het die Palestynse Owerheid ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Palestina glo nie in hierdie organisasies nie, en wil hulle nie op sy grondgebied h\u00ea nie.&#8221; <\/p>\n<p>Mukherjee het ges\u00ea Indi\u00eb glo in &#8220;&#8216;n onafhanklike staat van Palestina met Israel as sy buurman en Oos-Jerusalem as hoofstad&#8221;. <\/p>\n<p>Indi\u00eb ondersteun die Palestynse standpunt dat &#8216;n oplossing gevind moet word op die basis van die grense voor 1967, en dat die huidige situasie nie volhoubaar is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Palestynse moeder en haar driejarige dogter is Sondag dood in \u2019n Israelse lugaanval in Gasa. Di\u00e9 Israelse lugaanval kom na &#8216;n reeks beweerde mesaanvalle deur Palestyne. Volgens die Israelse polisie het hulle gekeer dat \u2019n motorbom Jerusalem bereik deur \u2019n lugaanval in Gasa uit te voer. Palestyne betwis dit egter en meen \u2019n brand &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34466\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Indiese president besoek Palestina te midde van geweld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1665,8026,21501,17039,17849,5174,5358,11223],"class_list":["post-34466","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-geweld","tag-indie","tag-intifada","tag-isis","tag-islamitiese-staat","tag-israel","tag-moslems","tag-palestina"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34466","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34466"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34466\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34466"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34466"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34466"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}