{"id":34436,"date":"2015-10-13T07:26:29","date_gmt":"2015-10-13T05:26:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34436"},"modified":"2015-10-13T07:26:29","modified_gmt":"2015-10-13T05:26:29","slug":"veldbrande-woed-in-vrystaat-limpopo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34436","title":{"rendered":"Veldbrande woed in Vrystaat, Limpopo"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie wegholveldbrande het die afgelope naweek in winderige toestande oor die Vrystaat en Limpopo heen gewoed, maar inligting oor die omvang van die skade en die gebiede wat geraak is, word nog ingesamel.<\/p>\n<p>Boere en plaaswerkers het by Working on Fire-personeel aangesluit in &#8216;n poging om die verwoestende veldbrande in die Waterberg-gebied buite Modimolle in Limpopo te blus. <\/p>\n<p>Die gebiede by Alma en Vaalwater word ook geraak. Vyftien brandbestrydingspanne van Limpopo, Mpumalanga en Gauteng is in die gebied ontplooi. <\/p>\n<p>Die brand het Vrydag in dro\u00eb veld ontstaan te midde van die hittegolf oor die gebied.<\/p>\n<p>Die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Malcolm Proctor s\u00ea dit is nog te vroeg om te s\u00ea hoeveel hektaar die naweek in brande verwoes is, maar sowat 62 000 hektaar veld is al sedert die begin van die jaar in die Vrystaat vernietig. <\/p>\n<p>Dit teenoor die meer as 350 000 hektaar, dieselfde tyd verlede jaar. Hy skryf die afname toe aan \u2018n brandsiklus.<\/p>\n<p>Proctor s\u00ea in die afgelope twee weke is sowat 25 000 hektaar veld in hoofsaaklik die Vrystaat se hoof re\u00ebnvalgebiede, wat die oostelike deel van die provinsie insluit, vernietig. <\/p>\n<p>Dit is gebiede langs die Lesotho-grens en gebiede soos Harrismith wat aangrensend aan KwaZulu-Natal is.<\/p>\n<p>Hy waarsku die brandgevaarindeks is steeds baie hoog.<\/p>\n<p>Intussen is &#8216;n brandbestryder volgens die SABC doodgebrand terwyl hy gehelp het om die veldbrande buite Vaalwater in Limpopo te bestry.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie wegholveldbrande het die afgelope naweek in winderige toestande oor die Vrystaat en Limpopo heen gewoed, maar inligting oor die omvang van die skade en die gebiede wat geraak is, word nog ingesamel. Boere en plaaswerkers het by Working on Fire-personeel aangesluit in &#8216;n poging om die verwoestende veldbrande in die Waterberg-gebied buite Modimolle in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34436\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Veldbrande woed in Vrystaat, Limpopo&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[9115,6869,6307,18027],"class_list":["post-34436","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-limpopo","tag-veldbrande","tag-vrystaat","tag-weiding"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34436","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34436"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34436\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34436"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34436"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34436"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}