{"id":34419,"date":"2015-10-13T03:24:57","date_gmt":"2015-10-13T01:24:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34419"},"modified":"2015-10-14T08:28:45","modified_gmt":"2015-10-14T06:28:45","slug":"dan-roodt-ng-kerk-gebruik-homo-kwessie-om-apk-en-ngk-te-herenig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34419","title":{"rendered":"Dan Roodt: NG Kerk: Gebruik homo-kwessie om APK en NGK te herenig"},"content":{"rendered":"<p>Die nuus dat die NG Kerk se Algemene Sinode onder druk van \u2018n linkse faksie van kultuurmarxistiese akademici besluit het om homoseksualiteit vanuit die Bybel te regverdig, het skokgolwe deur die kerk gestuur en vrese vir skeuring word deur verskeie predikante geuiter. Di\u00e9 stap van die NG Kerk verteenwoordig net n\u00f3g \u2018n mislike stasie op die voortsnellende revolusion\u00eare trein wat Suid-Afrika en die Afrikaner uiteindelik gaan vernietig.<\/p>\n<p>Die akademiese teolo\u00eb hoop om hul loopbane aan die universiteite te bevorder deur ekstreme standpunte af te dwing. Nie net is ons geagte minister van ho\u00ebr onderwys die leier van die Kommunisteparty nie, maar aan die universiteite het die kultuurmarxisme van die Italiaanse kommunis, Antonio Gramsci, asook die Duits-Joodse \u201cFrankfurt-skool\u201d omtrent alle dissiplines oorgeneem, ten minste in die geesteswetenskappe. Die handjie vol akademiese teolo\u00eb wat die NG Kerk al verder na links druk sover dit homoseksualiteit en die bevrydingsteologiese \u201cBelhar-belydenis\u201d betref, is bereid om \u2018n miljoen gelowiges op te offer om hul eie selfsugtige kripvretery in die universit\u00eare burokrasie te bevorder.<\/p>\n<p>Sover ek dit verstaan, is elke NG-gemeente outonoom en beskik oor sy eie bates, soos vaste eiendom. Daarom staan dit elke gemeente vry om uit die NG Kerk te stap en byvoorbeeld by die meer behoudende Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) aan te sluit. Hierdeur kan \u2018n nuwe eenheid onder Afrikaanse gelowiges ontstaan, n\u00e1 die verdeeldheid wat die ekstremistiese marxiste en bevrydingsteolo\u00eb soos Andr\u00e9 Bartlett, Chris van Wyk, Johann Ernst, Monty Sahd en ander veroorsaak het.<\/p>\n<p>Eintlik beskik Suid-Afrika en veral die Afrikaner oor weinig tradisies van sekul\u00eare denke. Ons enigste wysbegeerte is di\u00e9 wat hand aan hand met die teologie geloop het. Amptelik bestaan 75% van die Suid-Afrikaanse bevolking uit Christene. Vandaar dan ook die mislukking van die marxisme-leninisme van Joe Slovo, Ahmed Kathrada, Jeremy Cronin, Albie Sachs en ander leiers\u00a0van die Kommunisteparty. Nie eens die sg. \u201cswart werkersklas\u201d wat vir hulle die \u201cenjin van die geskiedenis\u201d sou wees, was vatbaar vir die klassieke, ate\u00efstiese kommunisme soos dit in die voormalige Oos-Europa en veral die Sowjetunie beoefen is nie. In daardie lande, veral natuurlik in Rusland, is miljoene ortodokse Christene vermoor, gemartel en vervolg omdat hulle nie die \u201cnuwe evangelie\u201d van kommunisme wou aanvaar nie.<\/p>\n<p>Pleks van kommunistiese ate\u00efsme met geweld af te dwing, het plaaslike marxiste met die diaboliese plan vorendag gekom om die kerk self as \u2018n Trojaanse perd vir hul idees te gebruik. Nadat marxisme-leninisme en sy werkerskultus skipbreuk gely en die \u201ckultuurmarxisme\u201d die heersende ideologie geword het, het dit veral sin gemaak. Dit is deel van die \u201clang opmars deur die instellings\u201d waarvan Gramsci gepraat het. Benewens die skole en universiteite, wat reeds voertuie vir marxistiese breinspoeling geword het, bied die kerk toegang tot volwassenes wat nie meer deur opvoedkundige instellings be\u00efnvloed word nie.<\/p>\n<p>Indien enigeen twyfel aan wat ek hier s\u00ea, gesels met enige ondergraadse student aan ons sg. \u201cAfrikaanse universiteite\u201d in \u2018n geesteswetenskaplike rigting waar marxisme, feminisme, witskuld en die haat vir die blanke man verpligtend geword het. Die Rooi Kommissaar vir Ideologie en Geestelike Beheer, Andr\u00e9 Bartlett, klap nou die sweep vanaf Tukkies tot in die Algemene Sinode waar \u2018n klimaat van onverdraagsaamheid en vervolging van nie-marxiste reeds heers. Binnekort sal die NG Kerk self van \u201cafvalliges\u201d wat nie die Rooi Evangelie en die verguising van die blanke, heteroseksuele man deel nie, gesuiwer word, indien die huidige poging slaag.<\/p>\n<p>Inderdaad gaan dit weinig oor homoseksualiteit en meer oor die vestiging van kulturele marxisme in die kerk. In elk geval was Afrikaners nog altyd verdraagsaam teenoor homoseksuele in die onderwys, staatsdiens, letterkunde, kunste, toneel en waar hulle ook al aangetref word. Wat nou gebeur, is dat hierdie verdraagsaamheid beantwoord word met onverdraagsaamheid teenoor hoofstroom-Christene, asook man-vrou-en-kind-gesinne. Die revolusie is meedo\u00ebnloos en duld geen te\u00ebstand nie. Terwyl die minderheid \u201cprogressiewe\u201d, linkse, dekadente teolo\u00eb nie oor die demokratiese steun van die lidmate beskik nie, wil hulle beheer neem oor die magshefbome en voorste gestoeltes in die NG Kerk ten einde hul revolusie of \u201ctransformasie\u201d van ons gesinslewe te volvoer. Die parlement, die staatsdiens, die weermag, die polisie en die onderwysdepartement is reeds in die hande van die kommunistiese marionetmeesters wat hul kultuurmarxisme op die hele samelewing afdwing. Ook die hoofstroommedia en die joernaliste praat die revolusion\u00eare in hul oorlog teen blankes en heteroseksuele mans na. Dis net ons privaatwonings wat nog effens teen die totale aanslag bestand is. En ja, die aanslag is totaal, allesomvattend, radikaal, meer nog as in die ou Sowjetunie waar Stalin se Russiese nasionalisme dit nog getemper het! Suid-Afrika het die proefkonyn vir totale revolusie geword: biologies, geslagtelik, beskoulik, kultureel, talig (die vernietiging van Afrikaans).<\/p>\n<p>Binne die marxistiese denke moet alle instellings of \u201cproduksiemiddele\u201d waar konserwatiewe denke of houdings \u201cgereproduseer\u201d word, vernietig word. Juis daarom is die \u201cnormale\u201d gesin van heteroseksuele man en vrou, wat die onding begaan om kinders binne \u2018n huislike omgewing groot te maak, in hul visier. Dit gaan nie oor die homo\u2019s (kan ons maar afsien van die afskuwelike anglisisme \u201cgays\u201d?) nie, dit gaan oor die vernietiging van gesinne binne die totale revolusie. Marx en Engels se kreet in hul Kommunistiese Manifes van 1848, dat kinders deur die staat grootgemaak moet word, is steeds lewendig!<\/p>\n<p>Die koorsdroom van die Suid-Afrikaanse kommunis, dat alle blankes in \u2018n triomfantelike bloedbad uitgewis sou word, is nie bewaarheid nie. Daarom wil die revolusie hom nou op ons kinders wreek. As die man-vrou-gesin tot niet gemaak is, sal kinders tegelyk beskikbaar wees vir pedofiele \u00e9n die staat om van hulle soldate, nie vir Christus nie, maar vir die marxistiese beweging te maak.<\/p>\n<p>D\u00edt is die nagmerrie waarop ons afstuur: nie meer die \u201crooi\u201d kommunisme van die ou Sowjetunie nie, maar \u2018n nuwe \u201cpienk\u201d kommunisme, \u2018n pornokrasie waar ons almal tegelyk die slawe \u00e9n die prostitute van die staat sal wees.<\/p>\n<p>Het ons mense nog die moed om nee te s\u00ea vir fanatisme? Of is hulle al so vuisvoos en vertrap dat hulle die oorheersing van grootbek-ekstremiste met hul selfvoldane \u201cprogressiewe\u201d slagspreuke gedwee aanvaar?<\/p>\n<p>Eens het ons voorouers uit Europa gevlug voor die vervolging van die Roomse Kerk. Hulle het trou gebly aan hul protestantse geloof en aan die drie sleutelbelydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerre\u00ebls.<\/p>\n<p>Vandag word ons deur die ANC-SAKP en hul meelopers soos Andr\u00e9 Bartlett en sy trawante vervolg. As ons ons nie tot Homoseksuele Liefde en Haat vir die Blanke Man bekeer nie, sal ons weereens as ketters in die beskuldigdebank staan.<\/p>\n<p>Die wortel van die woord \u201cprotestant\u201d is \u201cprotes\u201d. Het dit nie tyd geword dat die Afrikaner weer die waarde van \u201cprotes\u201d besef nie?<\/p>\n<p>Laat ons ten sterkste beswaar maak teen die kaping van die NG Kerk vir die pienk revolusie. Ek kan nie sien waarom die meerderheid behoudende NG gemeentes nie met die APK en ander Afrikaanse kerke kan herenig nie. Op sy minste behoort daar gesprekke in di\u00e9 rigting plaas te vind en as PRAAG so iets kan fasiliteer, sal ons maar te bly wees.<\/p>\n<p>Laat die marxistiese teolo\u00eb hul eie paadjie onder hul pokgesigbaas, Blade Nzimande, loop. S\u00f3nder die gemeentes. Hoe gouer die gemeentes ook nie meer die kwalifikasies aanvaar van sekere teologiese skole wat Belhar en die bevrydingsteologie aanhang nie, hoe beter. Verwerp die links-ekstremistiese teolo\u00eb net soos hulle ons en ons gesinne verwerp.<\/p>\n<blockquote><p>Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.<\/p>\n<p>Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die w\u00eareldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.<\/p>\n<p>Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.<\/p>\n<p>Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,\u00a0en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.<\/p>\n<p>Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.<\/p>\n<p>En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees \u2014 dit is die woord van God<\/p>\n<p>&#8211; Ef\u00e9si\u00ebrs 6: 11-17<\/p><\/blockquote>\n<p><strong>PRAAG is die enigste Afrikaanse organisasie wat die heersende marxistiese en kultuurmarxistiese ideologie op &#8216;n ingeligte wyse beveg. <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Steun ons in di\u00e9 lewensbelangrike taak!<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuus dat die NG Kerk se Algemene Sinode onder druk van \u2018n linkse faksie van kultuurmarxistiese akademici besluit het om homoseksualiteit vanuit die Bybel te regverdig, het skokgolwe deur die kerk gestuur en vrese vir skeuring word deur verskeie predikante geuiter. Di\u00e9 stap van die NG Kerk verteenwoordig net n\u00f3g \u2018n mislike stasie op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34419\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: NG Kerk: Gebruik homo-kwessie om APK en NGK te herenig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[21491,21424,16947,21493,13045,21492,5298,21494,10548,16026,10990,7905,9539,6823,5855],"class_list":["post-34419","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-algemene-sinode","tag-anc-sakp","tag-andre-bartlett","tag-antonio-gramsci","tag-belhar-belydenis","tag-belydenisskrifte","tag-blade-nzimande","tag-frankfurt-skool","tag-gays","tag-homoseksualiteit","tag-kultuurmarxisme","tag-marxisme","tag-ng-kerk","tag-protes","tag-protestante"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34419","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34419"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34419\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34419"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34419"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34419"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}