{"id":34411,"date":"2015-10-12T08:55:47","date_gmt":"2015-10-12T06:55:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34411"},"modified":"2015-10-12T12:35:52","modified_gmt":"2015-10-12T10:35:52","slug":"historiese-boere-iets-van-die-verlede-se-piet-kopdoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34411","title":{"rendered":"&#8216;Historiese boere&#8217; iets van die verlede s\u00ea Piet Kopdoek"},"content":{"rendered":"<p>Piet Croucamp het tydens die 69ste kongres van die Namibi\u00eb Landbou-unie (NLU) di\u00e9 naweek aan produsente ges\u00ea, &#8220;historiese boere&#8221; is iets van die verlede.<\/p>\n<p>Die Namibiese vleisbedryf is glo in die moeilikheid. Volgens mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het die winsgewindheid van beesboerdery sedert 2006 met 40% gedaal.<\/p>\n<p>Croucamp is ondermeer die aanbieder van die televisieprogram Megaboere op kykNET, en &#8216;n dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg met klaarblyklik onbeperkte toegang tot die media.<\/p>\n<p>Hy het gepraat oor hoe hy deur middel van di\u00e9 televisieprogram wou vasstel hoe die suksesvolste boere in Suid-Afrika dink en wat ander daaruit kan leer.<\/p>\n<p>Volgens hom het hierdie boere die vermo\u00eb om baie goed by veranderde omstandighede aan te pas, hulle gryp nuwe tegnologie en ontwikkeling in die landboubedryf aan, grond is vir hulle \u2019n kommoditeit eerder as iets wat sentimentele waarde het en \u2019n boerdery word soos \u2019n besigheid hanteer.<\/p>\n<p>Hulle dink op \u2019n \u201cmegaskaal\u201d.<\/p>\n<p>Hulle floreer in tye van onsekerheid, want hulle gebruik kwessies soos grondhervorming tot alle betrokkenes se voordeel en oorskadu selfs die regering se pogings tot swart bemagtiging. Hulle handhaaf \u2019n heel ander verhouding met plaaswerkers wat vir hulle \u2019n vennoot met kosbare spesialiteitsvaardighede word. Verder het di\u00e9 boere die behoefte om risiko\u2019s te neem. Boonop is die w\u00eareld hul mark en brei hulle buite Suid-\u00adAfrika na lande soos Amerika uit, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cAs jy nog boer soos jou oupa dit gedoen het, is jy in groot moeilikheid en as jy boer soos jou pa, dan moet jy bekommerd raak. Die moderne boerdery is die mees dinamiese bedryf om tans in te wees en produsente moet anders oor moderne uitdagings in die bedryf begin dink,\u201d het Croucamp ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens hom is die tipiese \u201chistoriese boere\u201d besig om te verdwyn en uiteindelik sal net sowat 20 000 baie suksesvolle boere in Suid-\u00adAfrika oor wees.<\/p>\n<p>\u201cMegaboere stel vas hoe hulle hul boerderye so doeltreffend as moont\u00adlik kan bestuur en die melkprodusente in Suid-Afrika gee die toon aan in di\u00e9 opsig. Onlangs is 22 ton per hektaar mielies in Suid-Afrika geoes. Oor tien jaar sal dit die norm wees.\u201d<\/p>\n<p>Namibi\u00eb se mielieproduksie het vanjaar vanwe\u00eb die droogte van nagenoeg 60 000 metrieke ton tot skaars 30 000 metrieke ton verminder. Hiervan is ongeveer 18 000 metrieke ton deur die regering se groenskemaprojekte geproduseer.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Piet Croucamp het tydens die 69ste kongres van die Namibi\u00eb Landbou-unie (NLU) di\u00e9 naweek aan produsente ges\u00ea, &#8220;historiese boere&#8221; is iets van die verlede. Die Namibiese vleisbedryf is glo in die moeilikheid. Volgens mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het die winsgewindheid van beesboerdery sedert 2006 met 40% gedaal. Croucamp is ondermeer die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34411\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Historiese boere&#8217; iets van die verlede s\u00ea Piet Kopdoek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4111,19147,6503,6831,10916,21490],"class_list":["post-34411","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-landbou","tag-markte","tag-mielies","tag-namibie","tag-piet-croucamp","tag-vleisproduksie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34411","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34411"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34411\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34411"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34411"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34411"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}