{"id":34401,"date":"2015-10-12T08:15:59","date_gmt":"2015-10-12T06:15:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34401"},"modified":"2015-10-12T08:42:16","modified_gmt":"2015-10-12T06:42:16","slug":"anc-se-internasionale-strafhof-is-die-pad-byster","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34401","title":{"rendered":"ANC s\u00ea Internasionale Strafhof is die pad byster"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC se Nasionale Hoofraad het besluit dat die regering sy lidmaatskap van die Internasionale Strafhof moet onttrek omdat die hof die pad byster is.<\/p>\n<p>Betrekkige tussen Suid-Afrika en die hof is op sy laagste vlak nadat die regering nie &#8216;n hofbevel afgedwing het om die president van Soedan, Omar al-Basjir in hegtenis te neem nie.<\/p>\n<p>Al-Bashir het die beraad van die Afrika-Unie in Sandton, Johannesburg bygewoon en daarna vertrek ten spyte van &#8216;n lasbrief wat teen hom uitgereik is.<\/p>\n<p>Soedan se president is tot &#8216;n oorlogsmisdadiger deur die strafhof verklaar vir beweerde volksmoord en oorlogsmisdade tydens die konflik in Darfur in 2003 waarin 300.000 mense omgekom het.<\/p>\n<p>Intussen het Indi\u00eb Al-Basjir saam met 54 staatshoofde vir die derde Indi\u00eb-Afrika-spitsberaad\u00a0uitgenooi.<\/p>\n<p>Hoewel die hof Indi\u00eb versoek het om Al-Bashir in hegtenis te neem terwyl Indi\u00eb nie die Roomse Statuut onderteken het nie, het die hof aangedui dat hulle verwag dat Indi\u00eb die bekamping\u00a0van die &#8220;w\u00eareld se ergste misdade&#8221; sal bevorder deur hom kragtens Veiligheidsraadresolusie 1593\u00a0te arresteer.<\/p>\n<p>Die kwessie sal glo op die volgende vergadering van die hof se beraad vir staatshoofde\u00a0bespreek word.<\/p>\n<p>Die ANC se nasionale-uitvoerendekomiteelid, Obed Bapela, het gepraat by &#8216;n mediakonferensie in Midrand nadat Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale \u00adbetrekkinge en samewerking, die aangekondiging oor Suid-Afrika se onttrekking Sondag gemaak het.<\/p>\n<p>Nkoana-Mashabane het ook bevestig dat Al\u00ad-Basjir op die gastelys is vir die Forum oor China-Afrika-samewerking (Focac) in Desem\u00adber in Johannesburg. China het oliebelange in Soedan en voorsien Al-Basjir van die nodige wapens en finansiering teen insurgente uit die onafhanklike Suid-Soedan.<\/p>\n<p>Bapela s\u00ea ondanks die besluit om aan die hof te onttrek, bly die ANC &#8216;n voorstander van menseregte. Die ANC het vroe\u00ebr die week ges\u00ea hy glo die hof dien geen doel vir die land nie.<\/p>\n<p>Bapela, wat ook as voorsitter van die ANC se subkomitee oor inter\u00adnasionale verhoudinge dien, s\u00ea Suid-Afrika kan hom nie meer met die Internasionale Strafhof vereenselwig nie. \u201cDaar is redes wat ons met die res van die vasteland deel. Die strafhof het ongelukkig koers verloor.\u201d<\/p>\n<p>Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, s\u00ea die regering moet sy lidmaatskap van die Internasionale Strafhof hersien.<\/p>\n<p>Volgens hom is die hof bevooroordeeld teenoor arm lande, en werk dit nie in belang van die vasteland nie.<\/p>\n<p>Mantashe s\u00ea hulle wil eerder die Menseregtehof op die vasteland versterk.<\/p>\n<p>Dit kom vier maande nadat die regering Soedan se president gehelp het om landuit te vlug ondanks die feit dat die hof \u2019n lasbrief vir sy \u00adinhegtenisneming uitgereik het.<\/p>\n<p>As die regering besluit om te onttrek, sal hulle formeel kennis moet gee van hul voornemens en Suid-Afrika se wet\u00adgewing oor deelname sal herroep moet word. Intussen geld die lasbriefbepalings.<\/p>\n<p>Nkoana-Mashabane s\u00ea Suid-Afrika het die kwessie reeds op die agenda geplaas vir die strafhof se beheerliggaam wat in Novem\u00adber vergader.<\/p>\n<p>Afrikastate beskuldig die strafhof daarvan dat Afrikaleiers uitgesonder word, maar dat die oortredings van Westerse leiers nie raakgesien word nie.<\/p>\n<p>As stigter-ondertekenaar van die Roomse Verdrag wat die hof tot stand gebring het, gaan Suid-Afrika se onttrekking die hof se geloofwaardigheid grondig aantas.<\/p>\n<p>Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, s\u00ea oudpres. Thabo Mbeki het uit sy pad gegaan om die beeld te vestig van Suid-Afrika as \u2019n land &#8220;wat sensitief vir menseregte is en ons so \u2019n gerespekteerde lid van die internasionale \u00adw\u00eareld te maak&#8221;.<\/p>\n<p>Onder Mbeki se leierskap het die ANC-Jeugliga gereeld by saamtrekke &#8220;Kill a Boer&#8221; gesing.<\/p>\n<p>Volgens die regering kan die permanente lede van die Veiligheidsraad, wat nie partye tot die Statuut van Rome is nie, ten volle deelneem aan besprekings oor die Internasionale Strafhof.<\/p>\n<p>Verder het die Veiligheidsraad se permanente lede stappe geneem om te verseker dat hul amptenare en milit\u00eare personeel nie onderwerp sal word aan die jurisdiksie van die hof nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC se Nasionale Hoofraad het besluit dat die regering sy lidmaatskap van die Internasionale Strafhof moet onttrek omdat die hof die pad byster is. Betrekkige tussen Suid-Afrika en die hof is op sy laagste vlak nadat die regering nie &#8216;n hofbevel afgedwing het om die president van Soedan, Omar al-Basjir in hegtenis te neem &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34401\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC s\u00ea Internasionale Strafhof is die pad byster&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34406,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20810,227,5311,21485,9955,5049,11282,2260,11396],"class_list":["post-34401","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-al-basjir","tag-anc","tag-china","tag-internasionale-jurisdiksie","tag-internasionale-strafhof","tag-olie","tag-roomse-statuut","tag-soedan","tag-veiligheidsraad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34401","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34401"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34401\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34406"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34401"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34401"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34401"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}