{"id":344,"date":"2007-04-24T00:00:00","date_gmt":"2007-04-24T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=344"},"modified":"2007-04-24T00:00:00","modified_gmt":"2007-04-24T00:00:00","slug":"n-afrikaner-in-engeland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=344","title":{"rendered":"&#8216;n Afrikaner in Engeland"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Ek is &#8216;n musiekjuffrou en gee reeds drie jaar lank in die suide van Engeland onderwys.&nbsp; As buitelander word mens vinnig gedwing om jouself volgens jou land van herkoms en velkleur te klassifiseer of tipeer.&nbsp; Op al die duisende aansoekvorms vir werk, <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">council tax<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">, en by die Suid-Afrikaanse tandarts moet ek spesifieke inligting aangaande my herkoms verskaf, byvoorbeeld:&nbsp; Is ek<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">A.&nbsp; Blank &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &#8211; Engels<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &#8211; Skots<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &#8211; Wallies<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &#8211; Iers<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &#8211; Enige ander blanke agtergrond, of<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">B.&nbsp; Swart (nie &quot;nie-blank&quot; of &quot;coloured&quot; nie, <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">swart<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">!), of<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">C.&nbsp; Asies, of<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">D. Sjinees, of <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">E. Gemengde ras of, helaas,&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">F.&nbsp; Gypsy.&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Ek maak &#8216;n netjiese merkie by &quot;<\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">enige ander blanke agtergrond<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">&quot; en vul &quot;<\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">South African<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">&quot; by die oop blokkie in &#8211; met gemenge gevoelens, want ek is &#8216;n Afrikaner, maar meeste Engelse sal dit nie verstaan nie, veral nie die burokrate wat my vorms moet verwerk nie.&nbsp; Ek het in meeste van die klasse die vraag in my studente se o&euml; gesien, maar hulle is reeds so polities korrek dat niemand durf vra &quot;<\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">How come you&#8217;re white if you&#8217;re from Africa<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">?&quot; nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Die inwoners in suid- en suid-westelike Engeland is oor die algemeen beter ingelig en begryp dat Suid-Afrika &#8216;n ander geskiedenis as meeste ander Afrikastate het.&nbsp; Mense wat al voorheen met Suid-Afrikaners in kontak was, vra my dikwels uit oor my Engelse aksent wat, volgens hulle, nie soos die Engels uit di&eacute; geweste klink nie.&nbsp; Dan verduidelik ek geduldig dat ek &#8216;n Afrikaner is, of &#8216;n boer (uitgespreek &quot;<\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">boor<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">&quot; &#8211; <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">pun intended!<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">) en dat Afrikaans my moedertaal is.&nbsp; Soms speel ek duiwels-advokaat en verduidelik verder dat Apartheid deur my mense georkestreer is. Die arme, verbouereerde, Engelsman\/vrou se reaksie wissel gewoonlik van ongeloof tot &#8216;n verle&euml; laggie, en hulle is teen daardie tyd jammer dat hulle gevra het!&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">My jong studente is meer spontaan &#8211; waarskynlik omdat hulle nie weet of omgee wat Apartheid is nie &#8211; en vra gewoonlik dat ek iets, verkieslik &#8216;n vloekwoord, in Afrikaans moet s&ecirc;.&nbsp; &#8216;n Beleefde &quot;Goeiedag, hoe gaan dit?&quot; word met groot entoesiasme nageboots en ek maak dan asof &ldquo;dankie&rdquo; &#8216;n vloekwoord is.&nbsp; &#8216;n Paar kwajongens het summier die ander Suid-Afrikaanse onderwyser in die skool bestorm met verskeie &ldquo;dankies&rdquo;, tot sy verbasing.&nbsp; My hoof was veral trots om my aan vreemdelinge voor te stel met &quot;<\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Our music teacher is from South Africa, she speaks Afrikaan<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">.&quot;&nbsp; Ek het nooit die moed gehad om hom te korrigeer nie, want hy het ten minste probeer!<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Afrikaners in Engeland bevind hulle in die tipiese situasie van vreemdelinge.&nbsp; Soos meeste buitelanders vergader hulle in groepe en woonbuurtes, en Saterdagaande word daar soveel Afrikaans op straat gepraat in Canada Water, Londen, dat jy jou verbeel jy is terug op Tukkies se kampus.&nbsp; &#8216;n Opgewonde nuwe aankomeling in Londen het my onlangs, baie in sy noppies, vertel van die plek waar mens &#8211; in die einste Canada Water &#8211; kan gaan (alkoholvry) sokkie.&nbsp; <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Wow!<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp; Hy doen al die moeite om na Engeland te kom, waar hy nuwe dinge kan ervaar, maar verkies om moeiteloos terug in sy gemaklike kulturele dop te kruip.&nbsp; In Putney is die <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Zoeloe Bar<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\"> waar Afrikaanse vermaaklikheidsterre met groot sukses kom optree, en waar die dak gelig word tydens die rugby of krieket se eb en vloed.&nbsp; Die <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Chakalaka<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">-restourant word deur &#8216;n Afrikaanssprekende besit en beheer, en die berugte <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Springbok bar<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">, in Covent Garden, is onlangs na <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">The Bok Bar <\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">herdoop<\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">.&nbsp; <\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">Die feit dat hierdie plekke hoofsaaklik deur Afrikaanssprekendes ondersteun word, maak die keuse van name en dekor (etniese motiewe) moeilik om te verstaan.&nbsp; Is die Zoeloe-kroeg en Xhosa-dekor hier in Engeland &lsquo;n aanduiding van ons Afrikanerherkoms?&nbsp; Of is almal in Afrika dalk t&oacute;g van dieselfde plek, soos my studente duidelik dink?&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&#8216;n Ander groep buitelanders, Somalies-Nederlandse vlugtelinge wat in Engeland woon, het by die skool onder my aandag gekom.&nbsp; Die wedersydse kommunikasie in Afrikaans en Nederlands het &#8216;n eiesoortige band en begrip tussen ons geskep.&nbsp; <\/span><span style=\"font-family: Arial\">Op &lsquo;n stadium het die einste &ldquo;band en begrip&rdquo; my amper in die moeilikheid laat beland toe ek &#8216;n vloekende meisie, in &#8216;n oomblik van ergernis, uitskel:&nbsp; &quot;<em>Jou klein k*k<\/em>!&quot;.&nbsp; Haar o&euml; het gerek.&nbsp; &quot;<em>She called me a little sh*t!&nbsp; Ik verstaat jouw, ik kom van Nederland<\/em>!&quot;&nbsp; <\/span><span style=\"font-family: Arial\">Ander kere het ons in die klas groot pret gehad deur in Afrikaans en Nederlands te praat, tot frustrasie van die ander kinders.&nbsp; Tydens &lsquo;n oueraand kon ek &lsquo;n Somaliese ma in Afrikaans vertel hoe stout haar kinders is, en sy kon op haar beurt in Nederlands vir my vertel van hul moeilike omstandighede.&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Soms wonder ek oor die Engelssprekende Suid-Afrikaners se identiteit &#8211; waar hulle nou eintlik regtig tuis voel: as Suid-Afrikaners of as Engelse?&nbsp; Ek het ten minste &lsquo;n unieke taal om mee te identifiseer &#8211; met &lsquo;n eiesoortige kultuur en geskiedenis as basis om die vreemde mee in te vaar.&nbsp; Ons kom almal goed hier oor die weg, maar ek wonder of hulle nie soms besonder verlore voel nie.&nbsp; Hoewel ek nou nie eintlik belangstel om op &#8216;n Saterdagaand te gaan sokkie nie, of op eerstenaamterme met die kroegknapie agter die <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Zoeloe Bar<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\"> te wees nie nie, weet ek, ek is &lsquo;n <\/span><em><span style=\"font-family: Arial\">Afrikaner<\/span><\/em><span style=\"font-family: Arial\">.&nbsp; &lsquo;n Aanpassing van Sting se liedjie:<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&quot;Oh-ho, ek&#8217;s &#8216;n vreemdeling, &#8216;n totale vreemdeling,<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Ek&#8217;s &#8216;n Afrikaner in Lon-den!&quot; <\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/12-xrustal-nye-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/society\/1063327-v-harkove-naznachen-novyiy-prokuror.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/maretha2sw.JPG\" width=\"97\" height=\"103\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>&quot;Where you from, miss?&quot;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&quot;I&#8217;m from South Africa&quot;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Sy gesig helder op.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&quot;John here is from South Africa too, innit!&quot;&nbsp; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">John laat sy kop moedeloos in sy hande sak, want hy is in Ghana gebore, waar sy ouers &#8216;n paar jaar gewoon het.&nbsp; Maar vir my studente is daar net een Afrika, en ek en John kom daarvandaan.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[75],"tags":[481,480,21092],"class_list":["post-344","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c60-maretha-davel-joubert","tag-n-afrikaner-in-engeland","tag-maretha-davel-joubert","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/344","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=344"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/344\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=344"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=344"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=344"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}