{"id":34379,"date":"2015-10-09T09:31:20","date_gmt":"2015-10-09T07:31:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34379"},"modified":"2015-10-09T09:31:20","modified_gmt":"2015-10-09T07:31:20","slug":"navo-kla-luidkeels-oor-russiese-veldtog-teen-isis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34379","title":{"rendered":"NAVO kla luidkeels oor Russiese veldtog teen ISIS"},"content":{"rendered":"<p>Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Jens Stoltenberg, het Donderdag in Brussel ges\u00ea ministers van verdediging van die NAVO-alliansie moet NAVO se eie veiligheid oorweeg midde die \u201ckommerwekkende toename in Russiese milit\u00eare aktiwiteite\u201d in Siri\u00eb.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea Navo is gereed om, indien nodig, magte te ontplooi om die alliansie-lid, Turkye, te verdedig. Turkye is <a href=\"http:\/\/sputniknews.com\/middleeast\/20151008\/1028222854.html\">een van die lande<\/a> wat ISIS steun.<\/p>\n<p>Russiese vegvliegtuie het Woensdag \u00admissiele afgevuur in die eerste gekombineerde offensief met troepe van die Siriese regering sedert Moskou verlede week met sy milit\u00eare veldtog in Siri\u00eb begin het.<\/p>\n<p>NAVO het verlede naweek herhaaldelike skendings van Turkye lugruim deur Russiese vegvliegtuie aangemeld, maar die Turkse premier Ahmet Davutoglu het aan joernaliste ges\u00ea die voorvalle het nie betrekkinge tussen die twee lande aangetas nie. <\/p>\n<p>Volgens Davutoglu, het Moskou Ankara verseker dat sodanige voorvalle in die toekoms uitgeskakel sal word.<\/p>\n<p>NAVO het intussen Maandag nietemin in \u2019n verklaring ge\u00ebis dat die skendings moet end kry. <\/p>\n<p>Rusland het voorvalle in die Turkse lugruim toegeskryf aan grensbewaking.<\/p>\n<p>Brittanje se minister van verdediging, Michael Fallon, het Rusland daarvan beskuldig dat die land se betrokkenheid in Siri\u00eb nie soseer teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS) gemik is nie, maar eerder om die regering van pres. Bashar al-Assad by te staan.<\/p>\n<p>Rusland se weermag is op versoek van die Siriese president ontplooi teen internasionale terreur, terwyl NAVO oor geen wettige mandaat beskik om die Siriese leierskap omver te werp nie en boonop internasionale terreur stig om dit te bereik in die vorm van ISIS. <\/p>\n<p>Navo-woordvoerders het die vrees uitgespreek dat die situasie kan vererger en \u201cnog gevaarliker\u201d kan word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Jens Stoltenberg, het Donderdag in Brussel ges\u00ea ministers van verdediging van die NAVO-alliansie moet NAVO se eie veiligheid oorweeg midde die \u201ckommerwekkende toename in Russiese milit\u00eare aktiwiteite\u201d in Siri\u00eb. Hy s\u00ea Navo is gereed om, indien nodig, magte te ontplooi om die alliansie-lid, Turkye, te verdedig. Turkye is een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34379\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NAVO kla luidkeels oor Russiese veldtog teen ISIS&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8202,17039,17849,19339,17539,5878,2078,10641],"class_list":["post-34379","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-internasionale-terreur","tag-isis","tag-islamitiese-staat","tag-jens-stoltenberg","tag-lugaanvalle","tag-navo","tag-rusland","tag-sirie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34379","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34379"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34379\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34379"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34379"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34379"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}