{"id":34344,"date":"2015-10-07T10:42:52","date_gmt":"2015-10-07T08:42:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34344"},"modified":"2015-10-07T10:42:52","modified_gmt":"2015-10-07T08:42:52","slug":"israel-le-palestynese-huise-in-puin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34344","title":{"rendered":"Israel l\u00ea Palestynese huise in puin"},"content":{"rendered":"<p>Israel het Dinsdag die huise van twee Palestyne wat na bewering agter verlede jaar se aanvalle was, in puin gel\u00ea. <\/p>\n<p>Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu beloof het om \u2019n ystervuis teen toenemende onrus in te span.<\/p>\n<p>Die verwoesting van die huise kom terwyl Netanyahu onder druk van regse faksies in sy koalisie is, met skermutselinge wat n\u00e1 die moord van vier Israeli&#8217;s voortduur.<\/p>\n<p>Die toename in geweld het tot internasionale oproepe tot kalmte gelei, met kommer dat die onluste buite beheer kan raak.<\/p>\n<p>Die huise wat vernietig is, het aan Ghassan Abu Jamal en Mohammed Jaabis behoort, het \u2019n milit\u00eare verklaring gelui. <\/p>\n<p>Opdrag vir die vernietiging van die huise is gegee nadat die mans Israeli\u2019s verlede jaar aangeval het.<\/p>\n<p>Gewapen met vleismesse en \u2019n pistool, het Abu Jamal en sy neef Uday Abu Jamal vier rabbi\u2019s en \u2019n polisieman vermoor voordat hulle in November 2014 doodgeskiet is.<\/p>\n<p>Jaabis het in Augustus 2014 met \u2019n stootskraper teen \u2019n bus vasgery. Een Israeli is dood en etlike is beseer. Hy is op die toneel deur die polisie doodgeskiet. Die vernietiging van die wonings is in Israel se hoogste hof uitgedaag, maar het enkele maande gelede goedkeuring gekry.<\/p>\n<p>Die strafmaatre\u00ebls volg nadat geweldpleging die afgelope dae na die ooste van Jerusalem en die Wes\u00adoewer versprei het n\u00e1 die moord van vier Israeli\u2019s, insluitende \u2019n egpaar wat hul kinders skool toe geneem het.<\/p>\n<p>Israeliese veiligheidsmagte het Maandag aangekondig dat hulle vyf Palestynse mans in hegtenis geneem het wat lede is van die militante groep, Hamas, en erken het dat hulle die egpaar geskiet het.<\/p>\n<p>Israeliese troepe het Maandag \u2019n Palestynse tiener doodgeskiet, die tweede sterfgeval van \u2019n Palestyn in 24 uur met dosyne mense wat in die jongste geweldpleging beseer en gewond is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Israel het Dinsdag die huise van twee Palestyne wat na bewering agter verlede jaar se aanvalle was, in puin gel\u00ea. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu beloof het om \u2019n ystervuis teen toenemende onrus in te span. Die verwoesting van die huise kom terwyl Netanyahu onder druk van regse faksies in sy koalisie is, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34344\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Israel l\u00ea Palestynese huise in puin&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7708,5174,5593,11223,9365],"class_list":["post-34344","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-hamas","tag-israel","tag-onrus","tag-palestina","tag-wesoewer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34344","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34344"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34344\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34344"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34344"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34344"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}