{"id":34229,"date":"2015-09-30T11:57:01","date_gmt":"2015-09-30T09:57:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34229"},"modified":"2015-09-30T11:59:19","modified_gmt":"2015-09-30T09:59:19","slug":"dan-roodt-afrikanervolksmoord-wie-sit-daaragter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34229","title":{"rendered":"Dan Roodt: Afrikanervolksmoord: Wie sit daaragter?"},"content":{"rendered":"<p>Met Suid-Afrika se astronomiese moordsyfer wat <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=34209\">gister weer bekendgemaak is<\/a>, is dit helder dat geweldsvlakke in die land toeneem eerder as afneem. Gruwelike plaasmoorde, huisrowe en verkragtings kombineer om die situasie vir baie mense onhoudbaar te maak, wat eenvoudig landuit vlug of emigreer. Maar is dit nie presies wat die vyand wil bereik, om ons uit die land te verdryf in \u2018n etniese reinigingsproses nie?<\/p>\n<p>\u2018n Jaar gelede het ek in \u2018n rubriek die aandag gevestig op die verskynsel dat marxistiese bewinde en volksmoorde gewoonlik sinoniem is: <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23644\">Volksmoord en die tweede revolusie<\/a>. Suid-Afrika word gedeeltelik deur \u2018n kommunistiese party geregeer wat oor \u2018n geskiedenis van Boerehaat beskik. Heel onlangs het die leier van die SAKP, Blade Nzimande, wat ook die minister vir ho\u00ebr onderwys is, hom sterk teen Afrikaans uitgelaat, iets wat nogmaals die etniese haat verraai het wat binne die party jeens Afrikaners gis en borrel. Die tweede revolusie wat deel van die SAKP se doktrine is, sou die geleentheid kon bied vir die grootskaalse uitwissing van minderheidsgroepe, veral Afrikaners. Sedert onafhanklikwording het verskeie volksmoorde in Afrika plaasgevind: dink maar aan Rwanda, Darfoer, die Itoeri-provinsie van die DRK en elders.<\/p>\n<p>Afrikaners word op grond van ras en taal deur die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty geteiken. Dog daar mag ook ander instrumentele redes wees waarom ons uit die land verdryf of uitgewis moet word.<\/p>\n<p>Heel onlangs het ek \u2018n toevallige gesprek met \u2018n speurder van die Lindense polisiestasie in Johannesburg gehad. Volgens hom word die meerderheid gewapende aanvalle en plaasmoorde deur Zimbabwi\u00ebrs gepleeg wat milit\u00ear opgelei is. Sulke aanvalle word dan ook met die spreekwoordelike \u201cmilit\u00eare presisie\u201d uitgevoer. Die vraag is nou: waarom sou Zimbabwe van sy soldate in burgerdrag oor die grens stuur om ons te kom aanval? Is daar \u2018n oorhoofse strategie en wie het dit bepaal? Die samewerking tussen ZANU PF en die ANC-SAKP kan seker nie beter nie, want Mugabe word met volle eerbewys in die land ontvang. Dieselfde soort \u201cTsjimoerenga\u201d of revolusie met grondroof word vir Suid-Afrika in die vooruitsig gestel. \u2018n Tyd gelede het Mugabe laat val dat hy in die negentigerjare met grondroof in sy land gewag het omdat hy nie die SA blankes die skrik op die lyf wou jaag terwyl die ANC-SAKP nog besig was om die veiligheidsmagte oor te neem nie, dus heers daar op ho\u00eb vlak strategiese samewerking tussen die twee lande.<\/p>\n<p>Nog iets wat die Lindense speurder vir my s\u00ea, is dat die ANC-regering die gewapende rowers beskerm. Sodra die polisie hulle begin vasvat, word daar van bo af by polisie-ondersoeke ingemeng, eenhede word ontbind of sake word eenvoudig belemmer sodat die rowers, eintlik aanvallers, nooit skuldig bevind word nie. Gestel dat gewapende rowe gebruik word om plaasaanvalle en milit\u00eare opleiding van volksmoordenaars of \u201cgenocidaires\u201d soos dit op Frans heet, te befonds? Om skadu-agtige \u201cmisdadigers\u201d te gebruik om burgerlikes te vermoor, is natuurlik die ideale situasie, want n\u00f3g ons regering n\u00f3g di\u00e9 van Zimbabwe sal ooit hiervoor aanspreeklik gehou word. Dis mos \u201cnet misdaad\u201d, soos ons daagliks verseker word, al is al die aanvallers milit\u00ear opgelei en al maak hul duiwelswerk deel uit van \u2018n bre\u00ebr strategie wat moontlik deur regerings en inligtingsdienste bepaal word.<\/p>\n<p>In my vorige rubriek het ek ook verwys na Solsjenitsin se bewerings dat Jode soveel Russe tydens die revolusie in daardie land uitgemoor het:<\/p>\n<blockquote><p>Solsjenitsin het beweer dat Jode onder Stalin vervolg is, maar dat hulle tydens die aanvanklike Bolsjewistiese oorname massamoorde op Russe gepleeg het of laat pleeg het. Jode was ook oorverteenwoordig in die gevreesde Tsjeka of geheime polisie.<\/p><\/blockquote>\n<p>Nou is dit ook opvallend dat daar by die huidige aanstigting van Boerehaat, waaronder die veldtogte teen Afrikaans op skool en op universiteit, soveel Jode betrokke is. \u2018n Mens sou dink dat Jode, wat self taalnasionalisties genoeg was om Hebreeus n\u00e1 2000 jaar te laat herleef, waardering vir Afrikaners se taalgevoelens sou h\u00ea. Maar nee. Ook die joernaliste en ander figure wat Steve Hofmeyr dit verkwalik dat hy soms Die Stem sing, is merendeels Jode in Johannesburg of Kaapstad.<\/p>\n<p>Sekerlik is daar konserwatiewe Jode ook en sou \u2018n mens kwalik kon beweer dat die meerderheid Jode in Suid-Afrika van Boerehaatveldtogte teen Afrikaans \u2018n stokperdjie gemaak het. Nogtans kan \u2018n mens nie anders as om \u2018n radikale groepie van ultraliberale of marxistiese Jode raak te sien wat kennelik meen dat die werk van die SAKP nie voltooi is solank daar iewers nog \u2018n Afrikaanse skool of Afrikaanse universiteit bestaan of \u2018n Afrikanerboer wat \u2018n plaas besit nie. Een van hulle, Glen Moss, skrywer van die onlangse boek <em><a href=\"http:\/\/www.jacana.co.za\/book-categories\/biography-a-memoir\/the-new-radicals-a-generational-memoir-of-the-1970s-detail\">The new radicals<\/a><\/em>, het in my huis aan my ges\u00ea dat die Afrikaanse woordeboek binnekort \u201coorbodig\u201d gaan wees omdat die taal nie meer sal bestaan nie.<\/p>\n<p>Volgens die <a href=\"http:\/\/www.jpost.com\/International\/Zimbabwe-opposition-accuses-Mossad-of-helping-Mugabe\">Jerusalem Post<\/a> ontvang Robert Mugabe hulp van Israelse maatskappye en die Mossad om stemme tydens Zimbabwiese verkiesings te manipuleer. Di\u00e9 bewering is nog nooit ontken nie. Die Israelse argiewe het ook tydens Mandela se dood \u2018n dokument vrygestel waarin bekendgemaak is dat die Xhosa-revolusion\u00ear in die sestigerjare <a href=\"http:\/\/beta.iol.co.za\/news\/world\/mossad-trained-mandela-document-shows-1626285\">opleiding van die Mossad ontvang het<\/a>. Mandela se bande met Jode in Johannesburg, New York en elders, is alombekend en hy het ook daaroor in sy outobiografie, <em>Long walk to freedom<\/em>, geskryf:<\/p>\n<blockquote><p>At Wits, I met many people who were to share with me the ups and downs of the liberation struggle, and without whom I would have accomplished very little. Many white students went out of their way to make me feel welcome. During my first term at Wits I met Joe Slovo and his future wife, Ruth First. Then as now, Joe had one of the sharpest, most incisive minds I have ever encountered. He was an ardent Communist, and was known for his high-spirited parties. Ruth had an outgoing personality and was a gifted writer. Both were the children of Jewish immigrants to South Africa. I began lifelong friendships with George Bizos and Bram Fischer. (Mandela, <em>Long walk to freedom<\/em>, hoofstuk 10)<\/p><\/blockquote>\n<p>Die Afrikaanse digter en vorige redakteur van <em>Sarie<\/em> en <em>Rapport<\/em>, wyle Izak de Villiers, het my op \u2018n keer attent gemaak op die hoeveelheid Jode wat onder die beskuldigdes tydens die Rivoniaverhoor saam met Mandela verskyn het. Trouens, daar was feitlik geen blankes beh\u00e1lwe Jode nie. Tot my taamlike verbasing het die Joodse Raad van Afgevaardigdes in die onlangse verlede hom vereenselwig met die terreur, sabotasie en ander dade wat radikale, kommunistiese Jode soos Joe Slovo, Ronnie Kasrils en ander sedert die sestigerjare in Suid-Afrika gepleeg het.<\/p>\n<p>Hoewel <em>Beeld<\/em> en ander linkse koerante in Suid-Afrika deesdae terreur as \u2018n \u201cmiddel tot \u2018n doel\u201d geheilig het, moet ons besef dat terrorisme steeds \u2018n internasionale misdaad is wat w\u00eareldwyd vervolgbaar is. Daar is selfs lande waar terroriste verhoor kan word wat terreur buite hul eie jurisdiksie gepleeg het!<\/p>\n<p>Tesame met Kuba, Noord-Korea, Zimbabwe en \u2018n paar ander, beskik Suid-Afrika tans oor een van die mees radikale regerings ter w\u00eareld, \u2018n regering wat dalk nie self volksmoord sou pleeg nie, maar wat dit op allerlei maniere mag ondersteun of vergemaklik deur opgeleide terroriste vanuit \u2018n buurland soos Zimbabwe op ons grondgebied toe te laat en te sorg dat hulle nie gevang of vervolg word nie.<\/p>\n<p>Malema is sekerlik een van die mees radikale politici ter w\u00eareld wat toegelaat word om aan die hoofstroompolitiek deel te neem. Hy vaar openlik teen die Afrikanerminderheid uit, hoewel hy reeds van haatspraak en aanhitsing tot volksmoord aangekla is. Die plaaslike korrespondent van die Londense <em>Guardian<\/em>, David Smith, is amper die persoonlik publisiteitsagent van Malema, want hy volg hom oral waar hy gaan en twiet en berig oor elke juweeltjie uit die man se mond. My gesonde verstand s\u00ea vir my dat Malema, wat oor \u2018n \u201choutwerkmatriek\u201d beskik, nie man-alleen \u2018n politieke party en massa-organisasie met \u2018n internasionale publisiteitsmasjien op die been sou kon bring nie. Agter Malema staan daar duistere magte waaroor ons maar net kan spekuleer. Hy is egter die \u201cswart gesig\u201d van die \u201ctweede revolusie\u201d, nes Mandela di\u00e9 van die eerste revolusie was.<\/p>\n<p>Wat is die uiteindelike doelwit? Vandat FW de Klerk en die Broederbond polities geabdikeer het, is alle Afrikanerbates eintlik beskikbaar om geroof of gekonfiskeer te word. Die mite dat ons \u201cdie grond van die swartes gesteel het\u201d, word elke dag in die massamedia gepropageer, wat die weg op radikale optrede voorberei. Ons plase, huise, aandele, pensioenfondse, selfs spaarrekenings, is alles beskikbaar vir wie ook al die goetspa gaan h\u00ea om dit af te vat.<\/p>\n<p>Hoeveel lewens in die proses verlore sal gaan, weet ons nog nie. \u2018n Mens voel egter instinktief aan dat Suid-Afrika maar nog aan die begin van sy gewelddadige fase verkeer. Die \u201cgroot transformasie\u201d kom nog. Onthou dat \u201ctransformasie\u201d nog altyd deur Suid-Afrikaanse kommuniste as \u2018n eufemisme vir \u201crevolusie\u201d gebruik is. Die revolusion\u00eare het nou maar eers bloed geruik.<\/p>\n<p>Die probleem met Afrikaners is dat hulle, anders as hul vyande, nie ideologies dink nie. Trouens, die meeste Afrikaners het geen benul van marxisme of ander radikale ideologie\u00eb nie en stel ook nie daarin belang nie. Die geskiedenis van die twintigste eeu en sy revolusies is vir hulle \u2018n geslote boek.<\/p>\n<p>Intussen sit ons hier op \u2018n kruitvat van radikalisme, hebsug en etniese haatgevoelens wat een of ander tyd tot uitbarsting m\u00f3\u00e9t kom. En let wel: dis glad geen rassestryd nie, hoewel ras natuurlik daagliks witwarm aangeblaas word.<\/p>\n<p>Na my ervaring koester swartes geen spontane afkeer van of haatgevoelens jeens Afrikaners nie. Tans word hulle egter gel\u00e9\u00e9r om ons te haat.<\/p>\n<p>Diegene wat ons die meeste haat, is ook nie swartes nie. Trouens, daar is selfs \u2018n paar verloopte Afrikaners &#8211; kinders van Bram Fischer &#8211; onder hulle wat hand om die blaas met die radikale aanhou om ons verdag te maak en as afstootlike \u201crassiste\u201d voor te stel.<\/p>\n<p>Wat ek nou skryf, sal weereens op dowe ore val. Slegs \u2018n klein groepie Afrikaners stel nog belang om oor ons toekoms te dink, asook die hede en verlede na behore te ontleed. Wat nodig is, is dat ons kwessies soos Boerehaat, volksmoord en marxisme in boeke en artikels moet boekstaaf sodat die w\u00eareld nie verbaas sal wees as die onvermydelike plaasvind nie.<\/p>\n<p>So \u2018n ontleding mag selfs volksmoord verhoed, hoewel ek kry die gevoel dat Suid-Afrika blindelings op \u2018n ramp afstuur, met Afrikaners wat soos lammers ter slagting agter een of ander Fluitspeler van Hamelin vrolik na hul dood toe sal aanstap. In die onlangse verlede het ons dit al soveel keer gesien.<\/p>\n<p>Hopelik word ek verkeerd bewys&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met Suid-Afrika se astronomiese moordsyfer wat gister weer bekendgemaak is, is dit helder dat geweldsvlakke in die land toeneem eerder as afneem. Gruwelike plaasmoorde, huisrowe en verkragtings kombineer om die situasie vir baie mense onhoudbaar te maak, wat eenvoudig landuit vlug of emigreer. Maar is dit nie presies wat die vyand wil bereik, om ons &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34229\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Afrikanervolksmoord: Wie sit daaragter?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[21424,9219,2261],"class_list":["post-34229","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-anc-sakp","tag-boerehaat","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34229","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34229"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34229\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34229"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34229"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34229"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}