{"id":342,"date":"2007-04-23T08:13:00","date_gmt":"2007-04-23T08:13:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=342"},"modified":"2007-04-23T08:13:00","modified_gmt":"2007-04-23T08:13:00","slug":"dis-sarkozy-teen-royal-in-2de-rondte-om-franse-presidentskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=342","title":{"rendered":"Dis Sarkozy teen Royal in 2de rondte om Franse presidentskap"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Le Pen se omstrede beeld en ouderdom (hy is 78) het egter teen hom getel, hoewel sy dogter en moontlike opvolger by die Front National, Marine Le Pen, ontken het dat dit &rsquo;n &ldquo;terugslag is&rdquo;. &ldquo;Die Front National is meer as ooit nodig, dit bly die enigste groot opposisiemag,&rdquo; het sy verklaar.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jean-Marie Le Pen het gepoog om sy mislukking by die stembus te verminder deur sy intellektuele oorwinning te beklemtoon. &ldquo;Ons het die ide&euml;-geveg gewen, want die volk, immigrasie en misdaad is nou in die middelpunt van die verkiesingsveldtog geplaas deur opponente wat gister nog hierdie begrippe met &rsquo;n sweem van afsku verwerp het,&rdquo; het hy bygevoeg.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die meeste Franse koerante het die ordelike verloop van die verkiesing, asook die volwassenheid van die debat oor moeilike kwessies soos immigrasie en misdaad, geloof.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die tafel is egter nou gedek vir &rsquo;n klassieke links-regskonfrontasie soos die Franse daarvan hou in die tweede rondte wat oor twee weke plaasvind, met Sarkozy en Royal wat alles in hul vermo&euml; gaan doen om die nodige 50% te verkry om as volgende Franse president gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n Groot aantal openbare en media-verskynings word van albei kandidate verwag, met mev. Royal wat vergaderings in Montpellier, Lyon en Parys gaan toespreek en mnr. Sarkozy wat in Rouen, Clermont-Ferrand (tuiste van die Michelin-fabriek) en Parys te siene sal wees.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Mev. Royal, wie se vriend, Fran&ccedil;ois Hollande, insgelyks die eerste sekretaris van die Sosialistiese Party is, het reeds &rsquo;n oproep tot die kiesers in die middel van die spektrum gerig deur te beweer dat &ldquo;die meerderheid van die Franse, ook buite die Sosialistiese Party wil verteenwoordig&hellip; terwille van &rsquo;n nuwe Frankryk&rdquo;. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met &rsquo;n gebroke stem weens die wekelange veldtog wat hom reeds na 45 departemente (die Franse distrikte) binne drie maande geneem het, dus gemiddeld een openbare vergadering elke twee dae, het Hollande verklaar dat oorwinning vir Royal en hul party &ldquo;binne bereik is&rdquo;.<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Hy het bygevoeg: &ldquo;Daar is 14 dae en 15 nagte oor; dis nou nodig om <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> veldtog te voer soos ons dit nog nooit gedoen het nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die stempersentasie in die eerste rondte was om en by 80%, wat vele kommentators as <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> aanduiding beskou dat die Franse, in weerwil van hul klagtes oor korrupte beroepspolitici en hul gebrek aan ware leierskap, nog lank nie hul belangstelling in of smaak vir die politiek verloor het nie.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/pazly\">\u043f\u0430\u0437\u0437\u043b\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/test.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/royalsarkosw.JPG\" width=\"373\" height=\"264\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">S?gol?ne Royal (links) en Nicholas Sarkozy<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die uitslag van die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing is gisteraand bekendgemaak en Nicolas Sarkozy van die sentrum-regse UMP het 30,5% van die stemme gekry teenoor 25,7% vir die linkse kandidaat van die Sosialistiese Party, S&eacute;gol&egrave;ne Royal. Onderskeidelik derde en vierde was die sentris Fran&ccedil;ois Bayrou met 18,5% en die regse kandidaat Jean-Marie Le Pen op 11%.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Die verkiesing word as &rsquo;n mislukking vir Le Pen beskou wat in die vorige verkiesing in 2002 vir &rsquo;n opskudding gesorg het toe hy die Sosialistiese kandidaat Lionel Jospin in die eerste rondte die loef afgesteek het en so na die tweede rondte teen Chirac deurgedring het. Onderwysers, wat meesal sosialisties gesind is, het agterna die kinders in hul klasse aanges&ecirc; om op straat teen Le Pen te gaan betoog en daar is selfs in die harwar wat onstaan het vir die voortbestaan van demokrasie in Frankryk gevrees.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[478,162,21089],"class_list":["post-342","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-dis-sarkozy-teen-royal-in-2de-rondte-om-franse-presidentskap","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/342","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=342"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/342\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=342"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=342"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=342"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}