{"id":34134,"date":"2015-09-23T09:35:47","date_gmt":"2015-09-23T07:35:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34134"},"modified":"2015-09-23T09:35:47","modified_gmt":"2015-09-23T07:35:47","slug":"johannesburgse-stadsraad-beplan-ekomobiele-oktobermaand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34134","title":{"rendered":"Johannesburgse stadsraad beplan &#8216;ekomobiele&#8217; Oktobermaand"},"content":{"rendered":"<p>Die Johannesburgse stadsraad maak gereed vir &#8216;n &#8220;ekomobiele w\u00eareldfees&#8221; tydens aanstaande maand wat op die sakesentrum Sandton sal fokus. Die fees is deel van &#8216;n w\u00eareldwye poging om meer ekovriendelike en gesonde vervoermiddels soos fietsry en stap, asook openbare vervoer, aan te moedig. Tesame met ekomobiliteit sal besoekers en pendelaars egter ook &#8216;n goeie dosis politieke korrektheid inkry, want volgens die stadsraad &#8220;sal die stedelike sentrum van Sandton met die nabygele\u00eb lokasie Alexandra gekoppel word en vele van die aanbiedings is ontwerp om di\u00e9 diverse woonbuurte te integreer&#8221;.<\/p>\n<p>Die rede waarom Sandton gekies is om as ekomobiele uitstalruimte te dien, is omdat 300 000 voertuie elke dag die paar vierkante kilometer van die Sandtonse sakesentrum besoek en verlaat, &#8216;n getal wat na beraming\u00a0binne die volgende tien jaar met 50% gaan toeneem. Onder ANC-bestuur het die middestad van Johannesburg, waar infrastruktuur reeds meer as &#8216;n eeu lank gebou word, tot &#8216;n derdew\u00eareldstad van verlate geboue en straatsmouse verval, terwyl &#8216;n nuwe stad in die woonbuurt Sandton sonder enige beplanning verrys het.<\/p>\n<p>Lisa Seftel, die huidige vervoerbaas van Johannesburg, was in haar jong dae &#8216;n marxistiese aktivis aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy wil die vervoerkrisis waarop Sandton afstuur, met &#8216;n &#8220;ge\u00efntegreerde plan&#8221; troef wat openbare vervoer en ekomobiele vervoer insluit. Die probleem is egter dat Suid-Afrikaners &#8211; veral diegene wat in Sandton werk &#8211; baie traag is om openbare vervoer te gebruik. Op enige weeksoggend kan welgeklede vroue in BMW&#8217;s op pad Sandton toe op een van die hoofare gesien word waar hulle Whatsapp-boodskappe vanaf hul iPhones versend.<\/p>\n<p>Mense se houdings sal drasties moet verander. En dis nou waar die W\u00eareldekomobiliteitsfees 2015 inkom. Lisa Seftel s\u00ea: &#8220;Om infrastruktuur te bou en dienste bekend te stel, gaan nie noodwendig beteken dat mense uit hul motors gaan klim om openbare vervoer te gebruik of fiets te ry nie. Die stad moet gedragsveranderings moontlik maak en ondersteun deur ho\u00ebgehalte-openbarevervoerinligting te verskaf en om seker te maak dat di\u00e9 middele veilig is. Dit kan deur bewusmakings-, wetstoepassings en opvoedkundige programme bewerkstellig word.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Johannesburg beskik oor &#8216;n jaarlikse begroting van bykans R50 miljard. Die uitvoerende burgemeester, Mpho Parks Tau, s\u00ea dat die Fees &#8220;sal demonstreer dat &#8216;n ekomobiele toekoms moontlik is en dat openbare vervoer, stap en fietsry toeganklik, veilig en aantreklik kan wees&#8221;.<\/p>\n<p>Die doelwit is om die aantal motors in die Sandtonse sakesentrum gedurende Oktober met 30% te verminder. Strate sal vir motors gesluit word en voetgangers en fietsryers sal voorkeur geniet. Spontane straatvertonings met musikante of ander kunstenaars sal aangemoedig word.<\/p>\n<p>Die hele kommunikasieveldtog word egter net in Engels gevoer. Moontlik moet PRAAG van die geleentheid gebruik maak om die Johannesburgse stadsraad onder die indruk van veeltaligheid te bring?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Johannesburgse stadsraad maak gereed vir &#8216;n &#8220;ekomobiele w\u00eareldfees&#8221; tydens aanstaande maand wat op die sakesentrum Sandton sal fokus. Die fees is deel van &#8216;n w\u00eareldwye poging om meer ekovriendelike en gesonde vervoermiddels soos fietsry en stap, asook openbare vervoer, aan te moedig. Tesame met ekomobiliteit sal besoekers en pendelaars egter ook &#8216;n goeie dosis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34134\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Johannesburgse stadsraad beplan &#8216;ekomobiele&#8217; Oktobermaand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34135,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[21389,5285,21387,10938,21388],"class_list":["post-34134","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-ekomobiliteit","tag-johannesburg","tag-lisa-seftel","tag-stadsraad","tag-wereldekomobiliteitsfees"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34134","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34134"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34134\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34135"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34134"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34134"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34134"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}