{"id":34015,"date":"2015-09-16T14:35:57","date_gmt":"2015-09-16T12:35:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34015"},"modified":"2015-09-16T14:35:57","modified_gmt":"2015-09-16T12:35:57","slug":"manfred-delport-is-die-politiek-korrektes-steeds-sjimpansees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34015","title":{"rendered":"Manfred Delport: Is die politiek korrektes steeds sjimpansees?"},"content":{"rendered":"<p>Soos met die meeste nuusgebeure in Suid-Afrika, het die ontdekking van Homo Naledi by die sogenaamde Wieg van die Mensdom vir groot vermaak en komedie gesorg. Ek het my veral verkneukel aan drie reaksies op di\u00e9 vonds.<\/p>\n<p>Die eerste was vanaf Zwelinzima Vavi, die voormalige hoof van Cosatu. Vavi was verskriklik beswaard omdat hy kwansuis nie van \u2018n sjimpansee afstam nie. Vavi lees duidelik nie baie nie. Had hy wel, sou hy besef het dat die wetenskaplikes nooit beweer het dat mense van sjimpansees afstam nie. Hulle beweer wel dat mense, gorillas en sjimpansees iewers \u2018n gemeenskaplike voorouer gehad het, maar dat ons en sjimpansees se paaie iewers geskei het.<\/p>\n<p>Die tweede bron van vermaak was Mathole Motshekga, \u2018n voormalige premier van die Gautengprovinsie, deesdae \u2018n ANC-LP en ook \u2018n deeltydse toordokter. Nes Vavi het Motshekga Homo Naledi as \u2018n persoonlike belediging ervaar, en ook te velde getrek teen wetenskaplikes wat volgens hom beweer dat dit spesifiek Afrikane is wat van bobbejane afstam. Hy beweer dat hy toegang het tot 36 000 jaar oue Afrikaliteratuur wat die wetenskaplikes verkeerd bewys. (Vreemde aanspraak, daardie een. Kon Afrikane selfs 360 jaar gelede lees en skryf, laat staan 36 000 jaar gelede?)<\/p>\n<p>Die grootste bron van vermaak was egter die reaksies op bogenoemde kritiek van die wetenskaplikes self, en meer spesifiek hulle politieke korrektheid oor die aangeleentheid. Gelukkig vir die wetenskaplikes is Vavi en Motshekga onbelese en vra hulle nie die regte vrae nie, want die regte vrae kon \u2018n lelike geneuk en selfs meer ongemak vir die wetenskaplikes veroorsaak het. Die wetenskaplikes het gepaai en \u2018n politiek korrekte antwoord gegee: \u201cNie net Afrikane nie, maar alle mense stam van \u2018n aapmens-voorouer af.\u201d Dit is egter nie die volle verhaal nie.<\/p>\n<p>Kom ons raak nie betrokke in \u2018n debat oor die meriete van die evolusieteorie teenoor godsdiens nie, en ons neem vir die doeleindes hiervan aan dat die wetenskaplikes se teorie oor die evolusie van die mensdom \u2018n geldige model van die werklike verloop van sake is.<\/p>\n<p>Die huidige teorie van menslike evolusie lui min of meer soos volg: Mense en ander groot ape soos gorillas en sjimpansees stam van \u2018n gemeenskaplike voorouer af. Mense se voorouers kom van Oos-Afrika af en het eens in bome gebly. Die klimaat van Oos-Afrika het egter \u2018n paar miljoen jaar gelede begin verander. Bome het verdwyn en is vervang deur grasvelde. Die verdwyning van bome het die ape in Oos-Afrika uit die bome laat\u00a0klim en op die grasvlaktes laat\u00a0woon. Dus: Klimaat het \u2018n invloed\u00a0op evolusie, ook menslike evolusie, uitgeoefen.<\/p>\n<p>Vir \u2018n wese wat op \u2018n grasvlakte wil oorleef, is dit voordelig om regop te loop, om prooi en roofdiere te kan raaksien, en om gereedskap te gebruik om mee te jag. Dit het noodwendig vereis dat die brein van die aapmense moes groei. Diere gebruik nie dikwels gereedskap nie, alhoewel dit soms gebeur. Daar was, volgens die wetenskaplikes, verskeie tussenstappe tussen die voorouer en Homo Sapiens, elkeen met toenemende breingroottes, tot waar ons vandag min of meer by 1300 kubieke sentimeter trek. Homo Naledi was glo een van hierdie stappe, maar volgens wetenskaplikes soos di\u00e9, was Homo Naledi kwalik meer as \u2018n aap, met \u2018n breingrootte van sowat 400 kubieke sentimeter. Die mens het ook glo 100 000 jaar gelede uit Afrika migreer en na die res van die aarde versprei.<\/p>\n<p>Tot hiertoe ons voorlesing uit die teorie van menslike evolusie.<\/p>\n<p>Kom ons dink egter bietjie mooi oor bostaande teorie, met ons politiek korrekte hoed op. Die religie van politieke korrektheid en nie-rassigheid lui dat alle mense, swart en wit, presies dieselfde is, buiten vir velkleur. Enige fanatikus in die Kerk van Anti-Rassisme sal veral begin skuim om die mond van verontwaardiging as iemand selfs suggereer dat intelligensie tussen rasse kan verskil.<\/p>\n<p>Daar blyk egter wydverspreide konsensus onder wetenskaplikes te wees dat \u2018n groot brein \u2018n kenmerkende eienskap, en selfs di\u00e9 kenmerkende eienskap, is wat \u2018n mens van \u2018n aapmens onderskei. Geen wetenskaplike betwis immers dat Homo Sapiens meer intelligent is as wat Homo Naledi of Homo Erectus (1000 kubieke cm) was nie. Hier sit die politiek korrektes se eerste probleem: Dit is \u2018n bewese anatomiese feit dat Afrikane se breingrootte steeds vandag kleiner is as blankes s\u2019n, wat op sy beurt kleiner is as Oos-Asiate s\u2019n. Waar laat hierdie ongerieflike feit die politiek korrektes, as daar dan wel \u2018n kontinuum bestaan vanaf aapmense na Homo Sapiens, en as \u2018n groot brein wel \u2018n indikator is van, wel, menslikheid?<\/p>\n<p>Die tweede ongerieflike vraag vir die politiek korrektes is die skynbaar wonderbaarlike staking van menslike evolusie sowat 100 000 jaar gelede. Homo Naledi of Homo Erectus of Homo Australopithecus het iewers ontwikkel in Homo Sapiens, maar as jy waarlik wil glo dat mense in 2015 almal presies dieselfde is, moet jy noodwendig glo dat menslike evolusie iewers opgehou het, en meer spesfiek dat die evolusie van menslike intelligensie gestaak het. Was dit toe mense die Rooi See oorgesteek het, miskien?<\/p>\n<p>\u2018n Derde vraag is waarom, as \u2018n verandering in klimaat of omgewing in Afrika so \u2018n radikale uitwerking\u00a0op aapmense gehad het \u2013 dit het hulle uit bome laat\u00a0klim, begin regop loop, gereedskap gebruik en hul intelligensie sodoende laat verhoog \u2013 dieselfde proses nie voortgesit is n\u00e1 die mens uit Afrika na bewering vertrek het na kouer klimate nie. Minder bome is een ding. Ysige koue, nege maande van die jaar, in die noordelike dele van Europa en Asi\u00eb is iets heeltemal anders. As \u2018n relatief klein verandering in klimaat in Oos-Afrika \u2018n radikale uitwerking\u00a0op aapmense se intelligensie kon h\u00ea, hoeveel groter moes die ysige koue van die noordelike halfrond nie op menslike intelligensie h\u00ea\u00a0nie? Kyk gerus na die foto\u2019s van prof Berger se navorsingspan en let op die rassesamestelling van daardie span, terloops. Almal ysmense. Wonder waarom?<\/p>\n<p>Vavi en Motshekga is weliswaar nie heeltemal reg as hulle beweer dat die wetenskaplikes s\u00ea mense kom van sjimpansees af nie, maar wat die wetenskaplikes se navorsing eintlik s\u00ea, en sou dit waar wees, is net sulke slegte nuus vir menere Vavi en Motshekga. Tog jammer die wetenskaplikes is te politiek korrek en doodbang om reguit en eerlik te wees oor die ware implikasies van hulle werk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos met die meeste nuusgebeure in Suid-Afrika, het die ontdekking van Homo Naledi by die sogenaamde Wieg van die Mensdom vir groot vermaak en komedie gesorg. Ek het my veral verkneukel aan drie reaksies op di\u00e9 vonds. Die eerste was vanaf Zwelinzima Vavi, die voormalige hoof van Cosatu. Vavi was verskriklik beswaard omdat hy kwansuis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34015\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Manfred Delport: Is die politiek korrektes steeds sjimpansees?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":34016,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-34015","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34015","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34015"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34015\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34016"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34015"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34015"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34015"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}