{"id":34010,"date":"2015-09-16T08:51:37","date_gmt":"2015-09-16T06:51:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=34010"},"modified":"2015-09-16T08:54:09","modified_gmt":"2015-09-16T06:54:09","slug":"dan-roodt-gita-du-toit-en-die-gefabriseerde-konsensus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=34010","title":{"rendered":"Dan Roodt: Gita du Toit en die gefabriseerde konsensus"},"content":{"rendered":"<p>Verlede week het ek \u2018n brief in die <a href=\"http:\/\/www.bdlive.co.za\/opinion\/letters\/2015\/09\/07\/letter-anti-afrikaans-drive\" target=\"_blank\">Business Day<\/a> gepubliseer waarin ek verwys na die \u201cgeorkestreerde veldtog\u201d teen die Universiteit van Stellenbosch deur \u2018n organisasie soos Open Stellenbosch, wat sy oorsprong in tradisionele Boerehaat het. Dit was in reaksie op \u2018n meningsartikel deur Franny Rabkin wat \u2018n pleidooi vir \u2018n Engelse Stellenbosch gelewer het.<\/p>\n<p>Gegewe sy geskiedenis van giftige anti-Afrikaanse propaganda, is dit nogal verbasend dat Business Day &#8211; wat voorheen as die berugte Rand Daily Mail bekendgestaan het &#8211; hoegenaamd my brief sou plaas. \u2018n Dag of wat later verskyn daar egter n\u00f3g \u2018n meningsartikel deur ene Gita du Toit, \u2018n voormalige studente aan di\u00e9 universiteit onder die blatante opskrif: \u201c<a href=\"http:\/\/www.bdlive.co.za\/opinion\/2015\/09\/08\/maties-language-policy-excludes-blacks\" target=\"_blank\">Maties language policy excludes blacks<\/a>\u201d. Tot dusver was dit min of meer wat ons van die oud-Rand Daily Mail met sy Boerehaatbeleid kon verwag. Ek het \u2018n paar punte gemaak oor die gebrek aan Afrikaanse taalregte in ons land, wat dus deur Gita du Toit geneutraliseer moes word met \u2018n rasse-aanval. Taalregte mag verengelsing troef, maar die rassekaart troef alles, dit weet ons mos.<\/p>\n<p>Vandeesweek verskyn Du Toit se brief egter netjies in vertaalde vorm op Netwerk24.com. Iemand, iewers, het dus gemeen dat dit nie genoeg is dat die Business Day se Engelse lesers moet verneem dat \u201cStellenbosch swartes uitsluit\u201d nie, maar dat di\u00e9 gedagte ook onder Afrikaners gepropageer moet word. Omdat die rassekaart taalregte troef, moet die hele Stellenbosch sommer totaal verengels. Soos dit gestel word:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cAfrikaans is nie, en sal nooit, erken word as \u2019n internasionale akademiese taal nie. Om die teendeel voor te gee, is gek. Enige universiteit, en veral di\u00e9 wat hulself as besonders beskou, behoort die kommunikasie van kennis deur kritiese ontleding sy hoogste prioriteit te maak.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Ek is nie seker wat Du Toit, wat slegs in 2012 \u2018n BA-graad behaal het, onder \u2018n \u201cinternasionale akademiese taal\u201d verstaan nie. Dit klink asof daar volgens haar geen \u201cinternasionale akademiese tale\u201d behalwe Engels bestaan nie, dus is Afrikaans, Duits, Frans, Italiaans, Spaans, Russies, Nederlands, Sweeds, Noors, ens., almal in dieselfde bootjie. Om te argumenteer dat alle tersi\u00eare opleiding oral ter w\u00eareld slegs deur medium van Engels moet geskied, is honderd maal meer \u201cgek\u201d as die bestaan van een of twee Afrikaanstalige kampusse in Suid-Afrika!<\/p>\n<p>Kennelik is die jonge dame in haar anglosentriese kokon taamlik oningelig oor hoe kennis en universiteite \u201cinternasionaal\u201d daar uitsien. Wat my egter meer interesseer, is die \u201consigbare hand\u201d agter die Afrikaanse hoofstroommedia wat toenemend daarvoor sorg dat ons met sulke ekstremistiese Boerehaatmenings gebreinspoel word. Wat Gita du Toit en haar marionetmeesters, wie hulle ook al is, aan ons wil oordra, is: Julle het geen regte nie. Taalregte wat \u201cinternasionaal\u201d erken word, bestaan nie. Menseregte is slegs op gekleurdes of Engelssprekendes van toepassing. Die behoeftes van die swart, Engelssprekende student, waarin daar reeds rojaal op 22 kampusse dwarsdeur die land voorsien word, weeg swaarder as die behoeftes van die Afrikanerstudent en sy ouers wat vir sy opvoeding aan die US, die PUK of waar ook al ten duurste bet\u00e1\u00e1l.<\/p>\n<p>Soos wat die ANC-bewind al hoe meer \u201cgek\u201d en radikaal raak &#8211; om nou Gita du Toit se byvoeglike naamwoord te gebruik, neem die behoefte aan denkbeheer in ons land kennelik toe. Kritiek op die heersende orde en sy absurditeite, sy korrupsie en magsmisbruik, waaronder ook swart rassebevoordeling, moet in die HSM tot die minimum beperk word terwyl die konsensus van oorgawe en masochistiese onderdanigheid veral onder Afrikaners gestimuleer moet word. Vandaar dus sulke skrywes wat \u201cwonderbaarlik\u201d opduik sodra \u2018n openbare debat opvlam of sodra \u2018n mening posvat dat Afrikaners of Afrikaans ook tog iewers oor \u201cregte\u201d beskik.<\/p>\n<p>Ek bemerk \u2018n evolusie in die gebruik van polities korrekte media-agente wat \u2018n onderdanige konsensus onder Afrikaners in die hand moet werk. Aanvanklik was dit verloopte Afrikaners of hanskakies soos Max du Preez en Adriaan Basson wat di\u00e9 takie moes verrig. Die nuwe fase van denkbeheer is egter, ironies genoeg, vertaling. Sowel amptelike as liter\u00eare vertaling is iets wat by uitstek met die NP-bewind geassosieer word. Immers het ons toe amptelike tweetaligheid geniet en is vele boeke uit Europese tale, asook Engels, in Afrikaans vertaal. Tans het ons amptelike eentaligheid, met min of geen vertaling. Behalwe waar dit gaan om ekstremistiese Engelse menings wat Afrikaners eenvoudig m\u00f3\u00e9t hoor. Dan word dit vir ons goedgunstiglik in die \u201capartheidstaal\u201d vertaal en meedo\u00ebnloos aan ons opgedring.<\/p>\n<p>Wie beheer di\u00e9 proses? wonder \u2018n mens. Is daar iewers \u2018n komitee wat vergader en besluit: Afrikaners het n\u00f3g linkse en ekstremistiese propaganda nodig en as die huidige falanks links-liberale joernaliste dit nie self in Afrikaans kan produseer nie, laat ons dit vir hulle vertaal! Hier, d\u00e8: hier is vir julle \u2018n bietjie Engelse neomarxisme om aan te herkou, in jul \u201ceie geliefde taal\u201d. Hoewel, byges\u00ea, Die Burger publiseer toenemend artikels sommer regstreeks in Engels en waarskynlik gaan die koerant nog die paadjie van Tuks se studentekoerant, Die Perdeby, loop waar slegs die mashoof nog Afrikaans is en die inhoud 100% Engels.<\/p>\n<p>Vreemde tye, voorwaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verlede week het ek \u2018n brief in die Business Day gepubliseer waarin ek verwys na die \u201cgeorkestreerde veldtog\u201d teen die Universiteit van Stellenbosch deur \u2018n organisasie soos Open Stellenbosch, wat sy oorsprong in tradisionele Boerehaat het. Dit was in reaksie op \u2018n meningsartikel deur Franny Rabkin wat \u2018n pleidooi vir \u2018n Engelse Stellenbosch gelewer het. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=34010\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Gita du Toit en die gefabriseerde konsensus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,5424,6016,21317,11002,5565,10536,4893],"class_list":["post-34010","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-business-day","tag-engels","tag-gita-du-toit","tag-rand-daily-mail","tag-taal","tag-universiteit-van-stellenbosch","tag-verengelsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34010"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34010\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}