{"id":3396,"date":"2008-11-10T08:27:05","date_gmt":"2008-11-10T08:27:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3396"},"modified":"2008-11-10T08:27:05","modified_gmt":"2008-11-10T08:27:05","slug":"nkunda-waarsku-teen-saog-vredesmagte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3396","title":{"rendered":"Nkunda waarsku teen SAOG-vredesmagte"},"content":{"rendered":"<p>Afrikaleiers uit die suide van die kontinent en die Groot Mere-streek het vredesbeamptes aangebied as dit nodig sou wees om die oostelike streek van die Demokratiese Republiek van die Kongo te stabiliseer waar onlangse gevegte derduisende burgerlikes ontwortel het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Lande in die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het na &#39;n spitsberaad die naweek ges&ecirc; hulle sal milit&ecirc;re raadgewers na die oostelike Kongo stuur om die regering van DRK President Joseph Kabila te help. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die uitvoerende sekretaris, Tomaz Salomao s&ecirc; die SAOG sal &#39;n vredesmag na die Kongo stuur &quot;as en wanneer&quot; dit nodig is. Nkunda, wie se Tutsirebelle met die Kongo se regeringsmagte<span>&nbsp; <\/span>en hulle Rwanda-Hoetoe rebelle in gevegte betrokke is, s&ecirc; hy sal Afrikavredesbeamptes<span>&nbsp; <\/span>as &#39;n onpartydige mag verwelkom om vrede in Noord Kivu te herstel. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die Verenigde Nasies wat reeds die grootste vredesmag in die w&ecirc;reld &ndash; 17 000 man &#8212;<span>&nbsp; <\/span>in die DRK het, soek nog 3 000 ekstra soldate om sy operasies daar te versterk. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die VN s&ecirc; sy bestaande mag is uitgestrek oor &#39;n gebied so groot soos Wes-Europa, waar dit van gewapende groepe wemel. Dit is nie onmiddellik duidelik of die voorgestelde Afrikavredesbeamptes onder mandaat van die VN of afsonderlik sal opereer nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Leiers van die Groot Mere-streek waaronder Rwanda se president Paul Kagame, het Vrydag op &#39;n spitsberaad in Nairobi vir &#39;n skietstilstand en &#39;n politieke skikking in Noord Kivu gevra, maar s&ecirc; hulle sal vredesbeamptes stuur as dit nodig is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die DRK-regering het Angola, sy suidelike buurman wat hom tydens die 1998 tot 2003 oorlog gesteun het, weer om hulp gevra. Die swak en chaotiese Kongolese nasionale weermag het ineengestort teen die gedetermineerde opmars van Nkunda se geharde guerrilla-mag van ongeveer 4 000. Die verskyning van meer gedissiplineerde Portugees-prekende soldate aan regeringskant in Noord Kivu het gerugte laat ontstaan dat Angola reeds soldate na ooste van die DRK gestuur het. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>&#39;n Woordvoerder van Angola se departement van buitelandse sake het dit egter ontken. Ondanks beroepe deur die VN en Afrikaleiers vir &#39;n skietstaking in Noord Kivu, het sporadiese gevegte die afgelope naweek voortgeduur en humanit&ecirc;re pogings om derduisende vlugtelinge wat skuiling, kos en mediese hulp soek, belemmer. Humanit&ecirc;re agentskappe het hulle operasies opgeskerp om meer as 200 000 ontwortelde burgers rondom Goma tot hulp te kom. <\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravki-dlya-basseyna-kupit-s-dostavkoy\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0443 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die Kongo se rebelleleier Laurent Nkunda s&ecirc; hy sal Afrikavredesbeamptes beveg as hulle steun aan regeringsoldate teen hom verleen, terwyl meer streekstate by die poging aansluit om die konflik te be&euml;indig. <\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[3228,21089,21108],"class_list":["post-3396","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nkunda-waarsku-teen-saog-vredesmagte-sal-veg","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3396","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3396"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3396\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3396"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3396"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3396"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}