{"id":33877,"date":"2015-09-08T12:18:37","date_gmt":"2015-09-08T10:18:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33877"},"modified":"2015-09-09T08:31:48","modified_gmt":"2015-09-09T06:31:48","slug":"dan-roodt-papsak-max-se-skoene-charles-smith-en-kampusonluste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33877","title":{"rendered":"Dan Roodt: Papsak-Max se skoene, Charles Smith en kampusonluste"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Mens raak skoon moedeloos as jy die reaksies lees op die stygende geweld en onmin wat daar sedert begin 2015 op die land se mees prestigieuse kampusse heers. Veral Stellenbosch staan weereens in die spervuur terwyl blanke studentes aan die Universiteit van Pretoria &#8216;n paar dae gelede in \u2018n gebou toegesluit is om hulle teen amokmakende EFF-studente op die kampus te beskerm. Die enigste rubriekskrywer in die HSM (hoofstroommedia) wat di\u00e9 situasie kon raakvat, was Charles Smith van Die Volksblad wat tereg s\u00ea: <a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/stemme\/menings\/2015-09-03-charles-smith-revolusie-dreig-en-afrikaners-paartie-toe-o\" target=\"_blank\">Revolusie dreig en Afrikaners paartie toe o\u00eb<\/a>.<\/p>\n<p>Smith meen \u201c\u2019n handjievol kommies onder Blade [Nzimande] het almal in vrees en bewing\u201d en haal \u2018n slagspreuk van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty aan:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cSociety is always in constant revolution, with the ultimate goal being the seizure of political and state power.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit is goed dat Charles Smith ons hieraan herinner. Mense is so in die oomblik vasgevang dat hulle nie die groter of geskiedkundige prentjie raaksien nie. Die kommunistiese of linkse aanslag op Suid-Afrika het nie vanjaar begin nie; dit strek verder as \u2018n eeu terug. Soos ek in my boek Raiders of the lost Empire argumenteer, het die Litause Jode die tradisie van radikale sosialisme en revolusie, andersins bekend as marxisme, in die vroe\u00eb twintigste eeu hierheen gebring. Lees maar Alan Wieder se biografie oor Joe Slovo en Ruth First of my resensie hier op Praag, hoe daar in losieshuise in Doornfontein gefantaseer is oor w\u00eareldrevolusie en die verdrywing van die Afrikaner uit Suid-Afrika.<\/p>\n<p>In reaksie op Charles Smith se meningstuk waarin hy tereg sy kommer uitspreek oor die verval van Suid-Afrika, reageer Max du Preez met \u2018n stuk papsak- linkse snobisme. Dis een ding wat eintlik baie snaaks is: by gebrek aan idees of intellek, reik Suid-Afrikaanse linkses altyd na snobisme as hul vernaamste wapen om hul opponente mee te verkleineer. Daarom swaai Max, wat net in clich\u00e9s en gemeenplase kan dink, die grootste clich\u00e9 van almal rond deur \u201cbrandewyn-en-Coke\u201d by te haal:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDit was nou regtig \u2019n Boer-om-die-braaivuur-brannas-en-Coke-stuk skryfwerk, Charles. Goedkoop populisme wat Julius Malema jaloers sou maak.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Die gedagte dat Max, die ou papsak-takhaar wat enige opgevoede Europe\u00ebr of Afrikaner op straat vir \u2018n boemelaar of bergie sou aansien, nou as \u201csmaakarbiter\u201d optree om mense links en regs te snobeer, is uiters lagwekkend. Dit herinner my aan iets uit Idi Amin se Uganda: Idi met die rits medaljes op sy uniform moet ons be\u00efndruk. Net so verkeer papsak-Max onder die indruk dat hy \u2018n aristokratiese fynproewer is wat vir ons die <em>Nuwe goeie maniere en etiket<\/em> moet aanleer!<\/p>\n<p>Max die <em>snob<\/em>, wat op ons Afrikaners neersien. Ai. Ek herinner my daar het iewers \u2018n foto van Max verskyn waar hy by Riebeeck-Kasteel of waar hy ook al deesdae wegkruip afgeneem is en waarin hy kompleet soos Jochem van Bruggen se \u201cAmpie\u201d lyk, in \u2018n kortbroek, hemp wat oorhang en stukkende skoene. Die skoene wat Max dra, is in elk geval so lelik dat hulle eerder stukkend kan wees, dan sal hulle \u2018n tikkie mooier lyk. Ongelukkig kon ek nie Max se \u201cAmpie\u201d-foto vind nie, maar het wel op die foto hier bo afgekom waar Max tesame met die Boerehaat-fotograaf, David Goldblatt, op \u2018n verhoog verskyn. Max verag Afrikaners maar aanbid mense soos Goldblatt, Slovo of Nadine Gordimer en elke ander Boerehater wat daar nog ooit in Suid-Afrika voet aan wal gesit het. Op die foto dui ek enkele elemente van papsak-Max, die superghwar wat uit die gopse gesteier het om sy heil in agtertangse linksheid te vind, se \u201cstyl\u201d aan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_33879\" aria-describedby=\"caption-attachment-33879\" style=\"width: 215px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-33879\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies-215x300.jpg\" alt=\"Keanu Reeves met vellies\" width=\"215\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies-215x300.jpg 215w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies-106x148.jpg 106w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies-22x31.jpg 22w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies-27x38.jpg 27w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies-154x215.jpg 154w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/keanu_reeves_vellies.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 215px) 85vw, 215px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-33879\" class=\"wp-caption-text\">Keanu Reeves met vellies<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2018n Mens vra jou af: Watse skoene dra Max? Is dit tekkies, hardloopskoene of die Litause interpretasie van vellies? Die tradisionele Afrikaanse velskoen is \u2018n funksionele, eerlike en landelike skoenvorm wat deesdae w\u00eareldwyd hoog mode is. In Engeland, Australi\u00eb en elders noem hulle dit \u2018n \u201cdesert boot\u201d of \u201cchukka boot\u201d, in so \u2018n mate dat die Engelse selfs daarop aanspraak maak dat h\u00falle dit eerste begin dra het en nie ons nie.<\/p>\n<p>As Max maar vellies gedra het. Helaas. Miskien trek hy drolbruin hardloopskoene aan selfs as hy slaap sodat hy beter van sy verlede af kan weghardloop, daardie verre verlede toe hy nog \u2018n vurige NP-ondersteuner was, iets waaraan wyle Chris Louw ons so gereeld herinner het. Dan is daar Max se hemp wat uithang, moontlik om \u2018n papsak vaaljapie wat hy iewers vir koerasie saamdra, te kamoefleer.<\/p>\n<p>As \u2018n mens die res van papsak-Max se dronkverdrietige opeenstapeling van clich\u00e9s oor hoe ons net aan \u201cluide swart intellektuele, beroepslui en politici\u201d mag \u201cfluister\u201d lees, klink dit soos iemand wat sy Stockholm-sindroom bely. Terwyl Max ons teen die \u201cbrandewyn-en-Coke-Boere\u201d soos Charles Smith waarsku, vrees hy eintlik die swartman wat dalk gewelddadig mag raak as ons nie \u201cmooi en saggies praat\u201d nie. Hoe rym dit? \u2018n Mens moet seker nie logika by \u2018n ylende papsak-skollie met sy afgryslike skoene en kleredrag soos Max verwag nie, maar het dit nog nooit tot hom deurgedring dat dit dalk presies die soort \u201crassisme\u201d is waarteen hy ons waarsku nie? Hy praat selfs van die \u201cswart driftiges\u201d wat ons moet paai. Waarom moet hulle gepaai word? Almal in Suid-Afrika is mos nou vry om onbeteueld te s\u00ea en te doen wat hulle wil? Enkele jare gelede nog het papsak-Max, soos Thabo Mbeki destyds, afrosentries geargumenteer dat Afrika beskaafd was nog voor die Europese barbare in die Kaap anker gegooi het. Volgens Max se eie logika behoort die \u201cswart driftiges\u201d mos vrye teuels gegee te word dat die tweede revolusie kan plaasvind en ons land die utopie kan word waarvoor dit nog altyd bestem was? Waarom is hy dan nou so bang vir Charles Smith se \u201cprovokasie\u201d?<\/p>\n<p>Kyk weer na die foto hier bo. Agter Max en sy Boerehatervriend, David Goldblatt, pryk die lelikste skildery wat daar nog ooit in \u2018n \u201croekelose\u201d (om papsak-Max se woord te gebruik) oomblik geverf is. Dit voltooi as\u2019t ware die prentjie. \u2018n Mens hoef nie Nietzsche te gelees het om te verstaan dat daar \u2018n verband tussen swak smaak en swak idees is nie. Max met sy lelike drolbruin straatsmousskoene beskik oor ewe afskuwelike idees. Dis \u2018n allegaartjie &#8211; <em>assiette anglaise<\/em> oftewel \u2018n deurmekaar Engelse bord soos die Franse s\u00ea &#8211; van vooroordele en gemeenplase. Vooroordele teenoor Afrikaners, want Max is mos \u2018n bekeerde jingo, asook gemeenplase oor apartheid en die gewaande nasleep daarvan. Hoe meer Suid-Afrika in \u2018n moeras van korrupsie en geweld versink, hoe harder sanik papsak-Max oor \u201capartheid\u201d. Alles is mos apartheid se skuld. Kan \u2018n mens so eenogig en fundamentalisties wees? Dis hoog tyd dat ons van \u201capartheidfundamentalisme\u201d begin praat. Dis die geloof of bygeloof in ons land dat alles wat verkeerd loop aan \u201capartheid\u201d of die \u201cnalatenskap van apartheid\u201d toegeskryf kan word.<\/p>\n<p>Naby die einde van papsak-Max se artikel raak hy nogal die volgende skoenmetafoor kwyt:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Dit sal natuurlik help as ons \u00adblekes probeer om onsself in ons swart landgenote se skoene te plaas en te wonder hoe ons dan in vandag se Suid-Afrika en instellings soos die universiteite op Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein sou gevoel het.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Sover ek kan sien, is die meeste swartes in ons land nogal uitspattig geskoei en bestee hulle soveel aan skoene as wat Afrikaners op\u00a0hul kinders se skoolfonds uitgee. As ek soos die Amerikaanse skrywer Tom Wolfe wou aantrek, sou ek daaraan kon dink om my &#8220;in swartes se skoene te plaas&#8221;. Verder word die gemiddelde swart student by &#8216;n Afrikaanse universiteit net op die hande gedra en kom hulle dikwels deur waar &#8216;n blanke student sou druip.<\/p>\n<p>Feit is egter dat die afbrekende revolusion\u00eare wat al hoe meer in beheer is &#8211; die swart betogers en ontlastingstrooiers fungeer maar net as hul marionette &#8211; die kampusse as \u2018n volgende \u201coperasionele teater\u201d ge\u00efdentifiseer het. Die redes daarvoor is voor die hand liggend:<\/p>\n<p>Solank as wat daar iewers nog Afrikaanse lesings gehou word, bestaan die gevaar dat daar weer soos tydens die twintigste eeu \u2018n taaloplewing, gevolg deur \u2018n nasionalistiese beweging onder Afrikaners self, mag plaasvind. D\u00edt wil ons heersers ten alle koste vermy. Vandaar dus die oorlog wat daar teen ons taal op kampusse verklaar is.<\/p>\n<p>Die ander probleem waarmee ons oorheersers sit, is dat daar steeds honderde Afrikaners met nagraadse kwalifikasies is wat poste aan ons universiteite beset. Die plan is om hulle met ideolo\u00eb te vervang en solank alles nie 100% Engels is nie, kan sulke ideolo\u00eb nie so gemaklik \u201contplooi\u201d word nie. Daarom word die swart en bruin marionette teen Afrikaans opgestook, want van die werklose linkse ideolo\u00eb soek baantjies.<\/p>\n<p>\u2018n Goeie voorbeeld is wat met die voormalige RAU gebeur het. Die oomblik toe dit as die \u201cUniversity of Johannesburg\u201d verengels en verswart is, het \u2018n hele eksodus van sogenaamde \u201cakademici\u201d vanuit Wits en Kaapstad plaasgevind en ekstremiste soos Steven Friedman het daar nes gemaak. Wanneer daar van \u201ctransformasie\u201d gepraat word, beteken dit ook dat enige oorblywende Afrikaanse dosente met Engelstalige linkses en neomarxiste vervang moet word. \u2018n Paar werfbobbejane soos Piet Croucamp bly natuurlik oor om hul nuwe base se voete te soen en die indruk van etniese suiwering te versag.<\/p>\n<p>Soos ek nou die dag in my brief aan die <a href=\"http:\/\/www.bdlive.co.za\/opinion\/letters\/2015\/09\/07\/letter-anti-afrikaans-drive\" target=\"_blank\">Business Day<\/a> geargumenteer het, verteenwoordig die huidige veldtog teen Afrikaans op kampusse \u2018n ooglopend georkestreerde poging. Dit het baie min met \u201cswart frustrasie\u201d te make en meer met die georganistreerde strategie om Afrikaners al hoe verder te marginaliseer. Uiteindelik moet ons uit die land verdryf word sodat ander alles wat ons voorouers opgebou het, ingepalm kan word; as ons nie fisiek uitgewis word nie. Want waarom konstante propaganda- en haatveldtogte in die massamedia teen ons voer as daar nie vir ons \u2018n gewelddadige einde in die vooruitsig is nie? Ek ly nie soos papsak-Max met sy afskuwelike skoene aan vae, Freudiaanse vrese vir swart geweld nie; ek maak bloot \u2018n logiese gevolgtrekking. Ook moet ons nie die boosheid van ekstreemlinkses onderskat wat gedurende die twintigste eeu tienmiljoene mense in die naam van gelykheid laat uitmoor het nie. Oor die hele gedoente op die kampusse waak die leier van die SA Kommunisteparty, met die gepaste naam \u201cBlade\u201d Nzimande. Dalk wil hy nie net Afrikaans \u201clem\u201d nie, maar ook die mense wat dit praat en daarin klasgee&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Mens raak skoon moedeloos as jy die reaksies lees op die stygende geweld en onmin wat daar sedert begin 2015 op die land se mees prestigieuse kampusse heers. Veral Stellenbosch staan weereens in die spervuur terwyl blanke studentes aan die Universiteit van Pretoria &#8216;n paar dae gelede in \u2018n gebou toegesluit is om hulle &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33877\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Papsak-Max se skoene, Charles Smith en kampusonluste&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":33878,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[4976,19460,21259,504,8672,4861],"class_list":["post-33877","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-bloemfontein","tag-charles-smith","tag-kampusse-afrikaans","tag-max-du-preez","tag-potchefstroom","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33877","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33877"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33877\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33878"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33877"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33877"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33877"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}