{"id":33815,"date":"2015-09-04T07:47:56","date_gmt":"2015-09-04T05:47:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33815"},"modified":"2015-09-06T06:04:58","modified_gmt":"2015-09-06T04:04:58","slug":"grafte-skielik-onder-medupi-ontdek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33815","title":{"rendered":"Grafte skielik onder Medupi ontdek"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Tweede impakstudie by Eskom se Medupi-kragstasie in Ellisras (Lephalale), Limpopo het gelei tot die ontdekking van verskeie swart grafte, het eNCA berig.<\/p>\n<p>Die onafhanklike assessering wat deur Mbofho Consulting gedoen is, het &#8216;n totaal van 20 &#8220;erfenisplekke&#8221;, wat sewe grafte insluit, op die terrein van die kragstasie ontdek.<\/p>\n<p>Eenheid Ses van Medupi is Sondag amptelik geopen deur President Jacob Zuma en word beskou as die antwoord op Suid-Afrika se kragleweringsprobleem.<\/p>\n<p>&#8216;n Paar swart gesinne kla nou oor &#8220;pyn en swaarkry&#8221; wat die konstruksie veroorsaak het, omdat hulle s\u00ea dit is gebou oor die grafte wat hul kommunikasie met voorvadergeeste belemmer het.<\/p>\n<p>Gesinne s\u00ea hulle is nie in staat om toegang tot die grafte te kry nie en hulle voel &#8220;verlate en ontkoppel&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Destyds was daar &#8216;n berg waarheen ons gegaan het en sodra ons met die voorvaders gepraat het, het ons nie gesukkel om re\u00ebn te kry nie, maar nou dat dinge deurmekaar is &#8211; weet ons nie wat om te doen nie,&#8221; het een van die eisers, Piet Mokawe ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die gesinne s\u00ea hulle is nie geraadpleeg toe die eerste erfenisimpakbeoordeling plaasgevind het voor die konstruksie begin het in 2007 nie.<\/p>\n<p>Eskom s\u00ea terwyl hulle die bevindinge van die mees onlangse impakstudie aanvaar, het hulle net geweet van een graf toe daar met konstruksie begin is in 2007.<\/p>\n<p>&#8220;Vanuit ons oogpunt is daar geen definitiewe bewyse nie en die rede waarom ek dit s\u00ea, is terwyl Eskom besig was om die OIE (omgewingsimpakstudie) te doen, het ons &#8216;n professionele mening ingewin, argeolo\u00eb se raad gekry, om die plek te inspekteer,&#8221; het Abram Masango, &#8216;n waarnemende uitvoerende beampte van Eskom ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die families wil h\u00ea President Jacob Zuma moet &#8216;n reinigingseremonie by die kragstasie bywoon.<\/p>\n<p>&#8220;Medupi het &#8216;n fout gemaak deur nie die gesinne te raadpleeg wie se grafte daar is nie en dit is hoekom ons al hierdie probleme het,&#8221; het &#8216;n plaaslike tradisionele geneser, Lazarus Seodisa aan eNCA ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die reinigingseremonie moet Zuma insluit, sowel as al die tradisionele genesers en hoofde van Limpopo, het Seodisa ges\u00ea en bygevoeg dat &#8216;n koei en &#8216;n bok vir elke graf geslag moet word.<\/p>\n<p>&#8220;Ons moet met die voorvaders oor Lephalale en Medupi praat. Die maatskappy moet suksesvol wees sodat ons kinders werk sal h\u00ea.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Tweede impakstudie by Eskom se Medupi-kragstasie in Ellisras (Lephalale), Limpopo het gelei tot die ontdekking van verskeie swart grafte, het eNCA berig. Die onafhanklike assessering wat deur Mbofho Consulting gedoen is, het &#8216;n totaal van 20 &#8220;erfenisplekke&#8221;, wat sewe grafte insluit, op die terrein van die kragstasie ontdek. Eenheid Ses van Medupi is Sondag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33815\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grafte skielik onder Medupi ontdek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33817,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[21232,4827,10668,21233,10808,17043],"class_list":["post-33815","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-erfenisimpakbeoordeling","tag-eskom","tag-grafte","tag-impakstudie","tag-medupi","tag-voorvadergeeste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33815","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33815"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33815\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33817"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33815"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33815"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33815"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}