{"id":33790,"date":"2015-09-02T08:48:16","date_gmt":"2015-09-02T06:48:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33790"},"modified":"2015-09-02T08:48:16","modified_gmt":"2015-09-02T06:48:16","slug":"dene-duitsland-waarsku-dat-migrantekrisis-kan-hande-uitruk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33790","title":{"rendered":"Dene, Duitsland waarsku dat migrantekrisis kan hande uitruk"},"content":{"rendered":"<p>Sommige Europese regerings weier om migrante in te neem en bied weerstand teen EU-voorstelle om die aankomelinge te huisves.<\/p>\n<p>Die huidige voorstelle behels dat alle lidlande migrante uit Afrika, Asi\u00eb en die Midde-Ooste moet inneem. <\/p>\n<p>Magneetlande soos Duitsland besef dat afkeur teen immigrasie by kiesers bou en probeer die probleem versprei.<\/p>\n<p>Die Deense sekretaris vir Vlugtelinge, Andreas Kamm, was eers &#8216;n multikulturalis, maar het di\u00e9 week gewaarsku dat Europa op Armageddon afstuur.<\/p>\n<p>Die Duitse regering s\u00ea hulle sal nie kan voortgaan om die buitensporige toeloop van vlugtelinge te akkomodeer nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Duitse regeringswoord\u00advoerder het ges\u00ea Duitsland verwag dat die aantal asielsoekers wat reeds die land binnegestroom het, viervoudig tot sowat 800 000 vanjaar gaan toeneem. <\/p>\n<p>Na verwagting kan hierdie getal vanjaar selfs een miljoen haal.<\/p>\n<p>&#8220;Duitsland en \u2019n paar ander lande ontvang verreweg die meeste vlugtelinge,\u201d het Steffen Seibert, \u2019n woordvoerder van die regering, op \u2019n mediakonferensie ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDaar is 28 EU-lidlande en hierdie situasie kan nie voortduur nie. Daar moet \u2019n regverdiger verspreiding en meer samehorigheid wees.\u201d<\/p>\n<p>Honderde voorvalle van brandstigting by migtantekampe in Itali\u00eb en Duitsland is reeds aangemeld en meer as 30 polisielede is verlede naweek beseer in oproer in die oostelike stad Heidenau, naby Dresden, toe protes teen so &#8216;n kamp handuit geruk het.<\/p>\n<p>Opstande in migrantekampe in Frankryk kom gereeld voor, maar linkse Franse leef steeds in ontkenning oor die probleem.<\/p>\n<p>Die mate waartoe linksers is staat is tot selfmisleiding ten spyte van daaglikse harde bewyse dat hulle die inval verkeerd takseer, is legio.<\/p>\n<p>LiveLeak het &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.liveleak.com\/view?i=114_1438657699\">video-opname<\/a> van linkse Franse wat die &#8220;verbruikersamelewing&#8221; blameer vir hoe sogenaamde &#8220;honger vlugtelinge&#8221; optree geplaas.<\/p>\n<p>Saterdag het 5 000 linkses deelgeneem aan \u2019n optog in Dresden om hul steun aan die migrante te betoon, maar Oostenryk het toegangsbeheer by grensposte in die ooste van die land verskerp nadat 71 vlugtelinge verlede week dood in &#8216;n verlate vragmotor op &#8216;n hoofweg gevind is.<\/p>\n<p>Die voertuig het deur Hongarye toegang tot die EU verkry.<\/p>\n<p>&#8220;Ons sal vir &#8216;n onbepaalde tyd (strenger) beheermaatre\u00ebls by alle belangrike grensposte in die ooste van die land toepas en alle voertuie ondersoek waarin mense moontlik versteek kan word,&#8221; het Johanna Mikl-Leitner van die departement van binnelandse sake gister aan ORF-radio ges\u00ea.<\/p>\n<p>Oostenryk grens in die ooste aan Hongarye, Slowakye, Sloweni\u00eb en die Tsjeggiese Republiek.<\/p>\n<p>Die Hongaarse nasionale nuusagentskap MTI het berig oor reuse verkeersopeenhopings van meer as 20km op &#8216;n hoofweg wat na die grens met Oostenryk lei. Daar was na wat berig word ook &#8216;n opeenhoping op &#8216;n sekond\u00eare pad na die grens.<\/p>\n<p>Die polisie het die afgelope drie dae meer as 8 700 migrante wat Hongarye binnegekom het, in hegtenis geneem. <\/p>\n<p>Intussen werk &#8216;n Amerikaanse hulporganisasie <a href=\"http:\/\/www.outsideonline.com\/2012536\/african-middle-eastern-refugee-sea-rescue-catrambone-phoenix\">MOAS<\/a>, onverpoos om vlugtelinge na Itali\u00eb te bring.<\/p>\n<p>Lees ook <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=20196\">hier<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sommige Europese regerings weier om migrante in te neem en bied weerstand teen EU-voorstelle om die aankomelinge te huisves. Die huidige voorstelle behels dat alle lidlande migrante uit Afrika, Asi\u00eb en die Midde-Ooste moet inneem. Magneetlande soos Duitsland besef dat afkeur teen immigrasie by kiesers bou en probeer die probleem versprei. Die Deense sekretaris vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33790\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dene, Duitsland waarsku dat migrantekrisis kan hande uitruk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33791,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4774,10101,5227,21226,9700,16687],"class_list":["post-33790","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrikane","tag-denemarke","tag-duitsland","tag-fortuinsoekers","tag-hongarye","tag-migrante"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33790","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33790"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33790\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33791"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33790"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33790"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33790"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}