{"id":33767,"date":"2015-08-31T09:57:58","date_gmt":"2015-08-31T07:57:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33767"},"modified":"2015-08-31T09:57:58","modified_gmt":"2015-08-31T07:57:58","slug":"madelein-louw-poetin-zuma-en-verwoerd-se-nukes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33767","title":{"rendered":"Madelein Louw: Poetin,  Zuma en Verwoerd se &#8216;nukes&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Sodra koerante na \u2018nukes\u2019 verwys, laat dit lesers aan atoombomontploffings en kernoorlog dink.\u00a0Daarom gebruik wit beheerde liberale koerante in Suid-Afrika die woord &#8220;nukes&#8221; met opset wanneer hulle na Poetin en Zuma se kernkragvoorstelle verwys.<\/p>\n<p>Hoofstroom- wit beheerde koerante in Suid-Afrika, beide Engelse en Afrikaanse meningsvormers, is deurgaans grensloos beledigend anti-Poetin en anti-Zuma.\u00a0Poetin en Zuma laat hulle egter nooit-ooit onderkry deur liberale politieke opponente nie. Poetin en Zuma het vir verskeie jare onvermoeid saamgewerk aan Suid-Afrika se grootskaalse kernkragprogram.<\/p>\n<p>Drie persone moet al die krediet kry vir Suid-Afrika se komende kernkragbouprogram. Hulle is Mnr Poetin, Mnr Zuma en Dr Verwoerd.<\/p>\n<p>Dr Verwoerd het Suid-Afrika se kernnywerheidsbedryf beplan en Zuma se kernprogram moontlik gemaak. Tydens die NP-Broederbondbewind is die eerste twee grootskaalse kernkragreaktore gebou, asook hulle brandstofstaafvervaardigingsaanleg, ook lae- en ho\u00eb-uraanverrykingsaanlegte, asook wereldklas- medisinale isotoopreaktors soos SAFARI I en II.<\/p>\n<p>Danksy Verwoerd en die Afrikanerstaat, is Suid-Afrika in 2015 gereed vir Poetin en Zuma se kernkraguitbreidingsprogram. Alle regulasies, kodes, kundigheid, fasiliteite, prosesse en organisasies is in plek, danksy die bedryf en instandhouding van die NP se Koeberg- en Pelindaba-aanlegte, asook\u00a0die Afrikanerkernkragkorrelbedprogram. Die gesonde Suid-Afrikaanse kernbedryf se personeelsamestelling voldoen nie aan die ANC se dom regstellende-aksie-kwotas nie, en danksy Zuma word kundige blanke werknemers in spesialisposte beskerm.<\/p>\n<p>Poetin het in 2005 persoonlik ingegryp by Rusland se kernkragreaktorontwerp. Met behulp van Duitse vriende soos die destydse kanselier Shroeder, het Poetin gesorg vir die modernisering, optimisasie en standardisasie van \u2018n Afrika-en Japan-bestande kernkragreaktor, die VVER1200-TOI met vele Duitse tegnologie-insette. TOI staan vir Technology Optimised for Information, en die reaktorbedryf word vanuit Rusland gemonitor, maak nie saak waar op aarde die reaktore gebou is nie.<\/p>\n<p>Soos wat Verwoerd die vader was van Suid-Afrika se w\u00eareldbeste kernbedryf, so is Poetin die persoonlike vader van die w\u00eareld se beste kernkragreaktor- en kernkragvoorsieningsketting.<\/p>\n<p>Poetin het persoonlik seker maak dat die veilige VVER1200 vinnig en foutloos opgerig kan word. Europese maatskappye soos Outokumpu verkies nou Poetin se reaktor bo die duur EPR1500 van die Europese Areva. Areva is bankrot en sonder nuwe reaktorbestellings. Met die EPR1500 het Areva al die konsepsuele fout gemaak wat Poetin spesifiek vermy het met sy VVER1200. Vir Poetin was \u2018n internasionaal suksesvolle VVER1200 persoonlik lewensbelangrik, asook &#8216;n vereiste vir die ekonomiese oorlewing van Rusland.<\/p>\n<p>Poetin bied verskeie finansieringsmodelle aan kli\u00ebnte. Dit is \u2018n feit dat laertemperatuurstoom en laerdrukstoomkernaanlegte se basisladingkrag vir die eerste 20 jaar 20% duurder is as die meer effektiewe superkritiese-stoommynmondsteenkoolaanlegte soos Medupi en Kusile, maar vir die volgende 40 jaar daarna is hulle 50% goedkoper.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se kusstede het nie steenkoolmyne nie, en daarom het Verwoerd en die Nasionale Party vir Kaapstad, Bantamsklip naby PE, en Gansbaai gesoneer om basisladingkrag aan kusstreke te lewer.<\/p>\n<p>Met die ultraho\u00ebspanninglangafstandkragtransmissiekabel wat die NP-regering tussen die Kaap en Transvaal gebou het, kan kernkragaanlegte aan die Kaapse kus ook nou krag na die binneland van Afrika uitvoer teen wins.<\/p>\n<p>Poetin het aan Zuma \u2018n w\u00eareldbeste aanbod gemaak. Suid-Afrika word nou reeds deel van Rusland se globale kernvoorsieningskanaal, en agent vir VVER-aanlegte in Afrika. Boonop sal Poetin vir Zuma help om weer kernbrandstof in Pelindaba te vervaardig, asook om Suider-Afrikaanse uraan weer in Pelindaba te verryk.<\/p>\n<p>Vir Zuma en sy Zoeloe-binnekring van Zoeloeland in hulle strategies gele\u00eb KZN-magsbasis, is dit van absolute langtermynoorlewingsbelang om nie soos Gadaffi van Libi\u00eb weerloos teen VSA-bomdreigemente te wees nie.<\/p>\n<p>Iran het nou deur sy Russies gesteunde kernkragprogram bewys dat dit moontlik en relatief maklik is om Libi\u00eb-tipe bombardemente en regeringsomverwerping deur die VSA en Europa te vermy.<\/p>\n<p>Danksy Verwoerd en Afrikanerkundigheid, en danksy Poetin, gaan Zuma probeer om van Zoeloeland en D\u2019Urban \u2018n langtermynmagsbasis in Suider-Afrika te maak.<\/p>\n<p>Alhoewel meer kernkragstasies langs die koue kus die DA in die Kaap op die lange duur onafhanklik van Eskom-steenkoolkrag uit die ou Transvaal maak, en die ou Kaapkolonie dus polities onafhanklik van die ANC kan maak, stry die DA en hulle liberale Afrikanerondersteuners in die Wes-Kaap tans kortsigtig teen basisladingkernkrag.<\/p>\n<p>Zuma het egter die kernkragprogram met Poetin meesterlik hanteer, en selfs die Chinese aanbod van Amerikaans gelisensieerde reaktore getroef, deur China ook in die Zuma-Poetinprogram vir Afrika in te lyf. Poetin het die konsep van &#8216;n globale voorsieningsketting briljant vir bemarking gebruik. Dit is \u2018n wen-wen-wenprogram vir Zuma, Poetin en Xi, en verloor-verloor vir Europa en Amerika.<\/p>\n<p>Wat sou Verwoerd hiervan gedink het?<\/p>\n<p>Tydens Verwoerd se bewind het Frankryk se soewereine president, Charles de Gaulle, \u2018n anti-Amerikaanse en anti-NAVO-beleid gevolg, en die NP-Suid-Afrika met onder meer kernkragtegnologie gehelp. Koeberg is een gevolg daarvan.<\/p>\n<p>Sonder enige twyfel sou Verwoerd vandag ook ten nouste met Rusland se Poetin saamgewerk het.<\/p>\n<p>En wat sou Verwoerd van die tradisionele Zoeloe Zuma se kernkragprogram gedink het?<\/p>\n<p>Weens Harry Oppenheimer en Harry Shwarz se invloed oor en advies aan Buthelezi, het Zoeloeland nooit staatstatus en internasionale erkenning bereik nie. Hierdie feit kan gesien word as die rede vir die mislukking van Groot Apartheid as veelvolkige konfederasie en ge\u00efntegreerde kontinentale superstreeksmag. Hierdie einste mislukking het gelei tot \u2018n traumatiese groot magsvermindering van Zoeloemag in Zoeloeland-KZN, wat ge\u00ebindig het in die Tweede Zoeloeburgeroorlog van die 1990\u2019s met tienduisende ongevalle.<\/p>\n<p>Jacob Zuma self was deurslaggewend in die be\u00ebindiging van die Tweede Zoeloeburgeroorlog, en die herrysing van Zoeloeland-KZN as \u2018n Suider-Afrikaanse magsbasis.<\/p>\n<p>Histories, van die 19de tot die 21ste eeu, en geopolities gesien, sedert die dae van Andries Pretorius, deur na HF Verwoerd, FW de Klerk en tot vandag toe, is Zoeloemag gelyktydig gekorreleer met Afrikanermag en omgekeerd.<\/p>\n<p>Rusland en Poetin beteken vandag meer vir Afrikanerpolitiek as Rusland tydens die ABO. Zuma en Zoeloeland se soewereiniteit en langtermynoorlewing is afhanklik van Denel se winsgewende Afrikanerwapentegnologieverkope en NECSA se Afrikanerkernkragkundigheid.<\/p>\n<p>Al is Afrikanerkultuurskeppers- en waardeerders vandag magteloos en staatloos, dit wil s\u00ea sonder die vermo\u00eb tot effektiewe aksie, be\u00ebnvloed hulle verlede vandag steeds die geskiedenis, grotendeels deur middel van Zuma as tradisionele Zoeloe wat van Zoeloeland-KZN \u2018n politieke magsbasis gemaak het &#8211; d\u00edt wat apartheidteenstanders en Afrikaneropponente juis wou verhoed.<\/p>\n<p>Vir tradisionele Westerlinge wat glo aan identiteitslewe na die dood, sou mens kon skryf dat Verwoerd en PW tans\u00a0waarneem: Zoeloe Zuma doen nou presies wat ons as Afrikaners ook sou gedoen het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sodra koerante na \u2018nukes\u2019 verwys, laat dit lesers aan atoombomontploffings en kernoorlog dink.\u00a0Daarom gebruik wit beheerde liberale koerante in Suid-Afrika die woord &#8220;nukes&#8221; met opset wanneer hulle na Poetin en Zuma se kernkragvoorstelle verwys. Hoofstroom- wit beheerde koerante in Suid-Afrika, beide Engelse en Afrikaanse meningsvormers, is deurgaans grensloos beledigend anti-Poetin en anti-Zuma.\u00a0Poetin en Zuma laat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":23,"featured_media":33768,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21046,10],"tags":[21211,10580,14242,5440,2078,4953,5026,321],"class_list":["post-33767","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-madelein-louw","category-rubrieke","tag-de-gaulle","tag-kernkrag","tag-pelindaba","tag-poetin","tag-rusland","tag-verwoerd","tag-zoeloe","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33767","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/23"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33767"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33767\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33768"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33767"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33767"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33767"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}