{"id":33757,"date":"2015-08-31T08:32:43","date_gmt":"2015-08-31T06:32:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33757"},"modified":"2015-08-31T10:03:35","modified_gmt":"2015-08-31T08:03:35","slug":"swartvlek-onder-beheer-terwyl-markte-in-ooste-groei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33757","title":{"rendered":"Swartvlek onder beheer terwyl markte in Ooste groei"},"content":{"rendered":"<p>Sitrusboere in Suid-Afrika is nie verle\u00eb oor die EU se besware teen &#8216;n sogenaamde swam op hul produkte nie.<\/p>\n<p>Sitrusinvoere na Europa is voorheen gestaak weens vrese oor swartvlek. Di\u00e9 stap is deur talle ontleders gesien as &#8216;n manier om Suid-Afrikaanse produkte uit die mark te hou tot voordeel van ander produsente.<\/p>\n<p>Die EU koop sowat 43 persent van Suid-Afrika se sitrus-uitvoere.<\/p>\n<p>Maatre\u00ebls om swartvlek te bestuur, voldoen tans aan die Europese Unie (EU) se vereistes. Dit is glo tot so &#8216;n mate onder beheer gebring dat invoere hervat kan word.<\/p>\n<p>Dit is luidens die jongste verslag van die EU se voedsel- en veeartsenykantoor. <\/p>\n<p>Alhoewel Europa die grootste mark verteenwoordig, het plaaslike sitrusboere nuwe markte in Asi\u00eb ontgin.<\/p>\n<p>Klein vragte word reeds na China en Indonesi\u00eb sowel as Suid-Korea verskeep, waar die aanvraag groei.<\/p>\n<p>Die uitvoerende hoof van die Sitrusgroeiers-vereniging, Justin Chadwick s\u00ea daar is steeds &#8216;n risiko dat die EU in die toekoms strenger maatre\u00ebls kan instel. <\/p>\n<p>Die plaaslike sitrusbedryf verskaf werk aan sowat 100\u2009000 mense en uitvoere verteenwoordig 80% van &#8216;n jaarlikse omset van R9,4\u2009miljard. <\/p>\n<p>Intussen het die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane verklaar dat droogtetoestande in Suid-Afrika na verwagting vir die volgende drie jaar kan voortduur.  <\/p>\n<p>Sy het aan afgevaardigdes by die W\u00eareldwaterweek in Swede ges\u00ea volgens navorsing sal die ongunstige weerstoestande tot minstens 2018 voortduur, wat tot ondergemiddelde re\u00ebnval sal bydra. <\/p>\n<p>Die departement het reeds noodtoestande weens watertekorte in dele van die land verklaar, veral in KwaZulu-Natal. <\/p>\n<p>Mokonyane s\u00ea die regering sal voortaan op waterbesparing fokus.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sitrusboere in Suid-Afrika is nie verle\u00eb oor die EU se besware teen &#8216;n sogenaamde swam op hul produkte nie. Sitrusinvoere na Europa is voorheen gestaak weens vrese oor swartvlek. Di\u00e9 stap is deur talle ontleders gesien as &#8216;n manier om Suid-Afrikaanse produkte uit die mark te hou tot voordeel van ander produsente. Die EU koop &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33757\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swartvlek onder beheer terwyl markte in Ooste groei&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33759,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[4111,14496,14492,21209,18491,20571],"class_list":["post-33757","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-landbou","tag-lemoene","tag-sitrus","tag-swamsiekte","tag-swartvlek","tag-uitvoere"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33757\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33759"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}