{"id":3367,"date":"2008-11-06T02:37:53","date_gmt":"2008-11-06T02:37:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3367"},"modified":"2008-11-06T02:37:53","modified_gmt":"2008-11-06T02:37:53","slug":"springboktoerspan-bekyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3367","title":{"rendered":"Springboktoerspan bekyk"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Pieter De Villiers se groep is myns insiens nie te ver weg van wat ek sou gekies het as ek die Sprinbokafrigter was nie:<\/p>\n<p>  Loskopstutte: Tendai Beast Mtawarira en Gurthr&ouml; Steenkamp. Hulle is ongetwyfeld die beste 2 losskopstutte in Suid- Afrika. Heinke van der Merwe is volgende in lyn, maar ek dink sy toekoms l&ecirc; op vaskopstut.<br \/>  Hakers: Bismarck Du Plessis en Chiliboy Ralepelle. Lyk my Pieter de Villiers het die lig gesien en besef Bismarck is die beste haker in Suid Afrika. Bismarck sal egter aan sy wispelturige temperament moet werk. Hy kan homself baie gelukkig ag dat hy Saterdag die wedstryd teen die Bulle voltooi het sonder om &lsquo;n rooikaart te kry. Enige ander internasionale skeidsregter sou hom met een beloon het vir sy getrappery op die Bulle-speler se enkel, en hy sal moet besef dat so iets &lsquo;n Springbokspan &lsquo;n toets kan kos. Chilliboy se insluiting slaan my dronk. Hy het al die talent om eendag &lsquo;n groot Springbok te word maar hy word weereens ryp gedruk. Gee hom &lsquo;n seisoen in die Super 14 en kies hom dan. Willie Wepener kan homself baie ongelukkig ag dat hy nie na &lsquo;n uitstekende seisoen gekies is nie.<br \/>  Vaskopstutte: John Smit en Brian Mujati. Hier is die Bokspan bietjie dun daaraan toe. John Smit gaan klaarblyklik op vaskopstut die span aanvoer. Hy kan dalk &lsquo;n paar sentimeter korter wees teen Kersfees, veral as een van sy direkte teenstanders die Engelse monsterloskop Andrew Sheridan gaan wees. Baie mense reken Jannie Du Plessis is ongelukkig om nie in die groep te wees nie. Ek verskil met die standpunt aangesien Jannie du Plessis nog nooit sy teenstander oorheers het nie en sy hande hom te veel in die steek laat.<br \/>  Slotte: Victor Matfield, Bakkies Botha, Andries Bekker en Danie Rossouw. Ek dink die viermanskap kies hulle self. Met Bakkies wat dalk &lsquo;n besering dra kan die klipharde Danie Rossouw waarneem as sy adjudant.<br \/>  Baljagterflanke: Schalk Burger en Heinrich Br&uuml;ssow. Ek dink nie daar is iemand in Suid Afrika wat nie sal saamstem dat Schalk Burger ons top flank is nie, maar wie tweede in die ry is kan dalk debat ontlont. Br&uuml;ssow het &lsquo;n goeie seisoen gehad en verdien &lsquo;n kans. Cobus Grobbelaar wonder seker wat hy nog moet doen om raakgesien te word.<br \/>  Toekantflank: Juan Smit. Juan en Schalk behoort die toetsflanke te wees.<br \/>  Agstemanne: Pierre Spies en Ryan Kankowski. Suid Afrika is hier gese&euml;nd met seker twee van die mees talentvolle spelers in die wereld. Ek sou graag albei in die bokspan wil sien. Met die nuwe re&euml;ls wat veroorsaak dat spanne nie sommer meer uitskop nie, is daar baie meer kans om van agter af aan te val. Hier kan Ryan of Pierre verwoestend wees en kan Pieter de Villiers gerus daaraan dink om een van die twee op vleuel &lsquo;n kans te gee. <br \/>  Skrumskakels: Fourie du Preez en Enrico Januarie. Fourie du Preez is die beste skrumskakel in die w&ecirc;reld en niemand sal met sy insluiting stry nie.<br \/>  Losskakels: Ruan Pienaar en Earl Rose. Hierdie posisie sal die meeste debat uitlok. Suid Afrika is in &lsquo;n penarie hier, want nie een van ons huidige top provinsiale losskakels is van &lsquo;n internasionale standaard nie. Pieter Grant se naam word genoem, maar hy kan nie &lsquo;n bal verder skop as wat meeste spelers dit kan gooi nie en Morne Steyn is heeltemal te onbestendig. Ruan Pienaar het die talent om een van die bestes in die w&ecirc;reld te word. Pieter moet hom net genoeg kans gee om homself te vestig. Wat dalk lelik in Pieter se gesig kan ontplof is die keuse van Earl Rose as die plaasvervanger. Earl Rose is hoogstens &lsquo;n goeie Vodacombekerspeler. Selfs in die Curriebeker, met al die bokke terug, het hy uit sy diepte gelyk.<br \/>  Binnesenters: Jean De Villiers en Frans Steyn. Vir die eerste keer in jare het Suid Afrika twee w&ecirc;reldklas binnesenters. Jean de Villiers beleef &lsquo;n droomseisoen en Frans blaas hard in sy nek.<br \/>  Buitesenters: Jaque Fourie en Adrian Jacobs. Jaque is w&ecirc;reldgehalte en Adrian het al sy kritici se monde stil gespeel in die Drienasies. Hier het Pieter ook beslis raakgevat.<br \/>  Vleuels: Brian Habana, Jongi Nokwe, JP Pietersen en Odwa Ndungane. Die w&ecirc;reldbekerpaar van Brian Habana en JP Pietersen behoort die toetsvleuels te wees. Ek hoop egter dat Pieter ten minste in die toets teen Skotland sal eksperimenteer met Kankowski op vleuel.<br \/>  Heelagter: Conrad Janjes. Stefan Terblanche kan redelik ongelukkig voel dat hy nie in die groep is nie. Hy speel nou beter rugby as toe hy oorspronklik vir die bokke gekies is. <\/p>\n<p>  Behlawe op losskakel en op vaskop is die bok toets twee &#8211; en &#8211; twintigtal redelik gevestig en kan ons uitsien na &lsquo;n goeie toer.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/37-ulichnyj-svetilnik-na-stolb\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u0443\u043b\u0438\u0447\u043d\u044b\u0439 \u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/crime\/1158396.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Dis weer daardie tyd van die jaar wat elke ou en sy hond &lsquo;n opinie het oor die Springbokspan wat gekies is vir die einde van die seisoen toer na die noordelike halfrond.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[21114,21101,3200],"class_list":["post-3367","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-springboktoerspan-bekyk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3367","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3367"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3367\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3367"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3367"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3367"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}