{"id":33641,"date":"2015-08-24T09:15:20","date_gmt":"2015-08-24T07:15:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33641"},"modified":"2015-08-24T09:15:20","modified_gmt":"2015-08-24T07:15:20","slug":"twee-vroue-voltooi-amerikaanse-spesmagkursus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33641","title":{"rendered":"Twee vroue voltooi Amerikaanse spesmagkursus"},"content":{"rendered":"<p>Twee vroue het &#8220;milit\u00eare geskiedenis&#8221; gemaak toe hulle die eerste vroulike soldate geword het wat die Amerikaanse weermag se moordende Ranger-kursus voltooi het, het die weermag ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ongeveer 12 persent van die Amerikaanse mag wat in Irak en Afganistan ontplooi is, was vroue, en hulle verteenwoordig tans sowat twee persent van die Amerikaanse weermag se sterfgevalle in di\u00e9 oorlo\u00eb.<\/p>\n<p>Luidens \u2019n verklaring het di\u00e9 twee saam met 94 mans di\u00e9 62 dae lange leierskapskursus geslaag wat studente leer \u201choe om uitputting, honger en spanning te oorkom en om soldate in klein eenhede gedurende gevegsoperasies te lei\u201d, het Reuters berig.<\/p>\n<p>Die eerste Ranger-skool wat vroue ook insluit, het in April met 19 vroulike en 381 manlike studente begin. Die kursus wat by Fort Benning, Georgia, aangebied word, sluit opleiding in woude, bergagtige terrein en Florida se vleilande in.<\/p>\n<p>Die Rangers is vinnig ontplooi\u00adbare troepe wat opgelei is vir berg-, woestyn- en vleiterreine en hulle word dikwels in spesiale operasies gebruik.<\/p>\n<p>\u201cHoogtepunte van die kursus sluit in \u2019n fiksheidstoets, \u2019n swemtoets, \u2019n omgewingnavigasietoets; \u2019n 20 km-staptog in drie uur, verskeie hindernisbane, vier dae van milit\u00eare bergklim, drie valskermspronge, vier lugaanvalle op helikopters, verskeie rubberboot-operasies en 27 dae van skyngeveg-patrollies,\u201d lui \u2019n verklaring.<\/p>\n<p>\u2019n Uitpasseringsplegtigheid sal m\u00f4re by Fort Benning gehou word.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse weermag het twee jaar gelede met \u2019n proses begin om \u2019n duisend leiersposte in gevegseenhede vir vroue beskikbaar te stel. Die dienstakke ontwikkel ook geslagsneutrale vereistes vir weermagposte.<\/p>\n<p>Die weermag het baie teenkanting ervaar nadat vroue toegelaat is om in gevegseenhede te dien. Omdat ondervinding belangrik is vir bevordering, was dit tot dusver vir vroue moeiliker om vooruitgang te maak en topposte te kry in vergelyking met mans, het beamptes ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee vroue het &#8220;milit\u00eare geskiedenis&#8221; gemaak toe hulle die eerste vroulike soldate geword het wat die Amerikaanse weermag se moordende Ranger-kursus voltooi het, het die weermag ges\u00ea. Ongeveer 12 persent van die Amerikaanse mag wat in Irak en Afganistan ontplooi is, was vroue, en hulle verteenwoordig tans sowat twee persent van die Amerikaanse weermag se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33641\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee vroue voltooi Amerikaanse spesmagkursus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[17893,21153,19075,11808,10842],"class_list":["post-33641","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-amerikaanse-weermag","tag-ranger","tag-spesmagte","tag-troepe","tag-vroue"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33641","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33641"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33641\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33641"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33641"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33641"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}