{"id":33609,"date":"2015-08-21T07:45:33","date_gmt":"2015-08-21T05:45:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33609"},"modified":"2015-08-22T10:59:01","modified_gmt":"2015-08-22T08:59:01","slug":"bangkok-bommer-is-uitlander","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33609","title":{"rendered":"Bangkok-bommer is &#8216;uitlander&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die man waarna Thailand se owerhede nou soek, is opgemerk op kringtelevisie-beeldmateriaal naby die Hindoe Erawan-tempel waar die bom ontplof het.<\/p>\n<p>&#8216;n Polisiewoorvoerder, het aan AP ges\u00ea die man is nie slegs die verdagte nie, hy is die bomplanter.<\/p>\n<p>Daar word vermoed dat die verdagte van Oeigoer-oorsprong is, maar premier Prayut Chan-o-cha het Woensdag die gerugte ontken. Die Oeigoere is &#8216;n Moslemminderheid van die weste van China wat streef daarna om outonomie van die vasteland te bekom.<\/p>\n<p>Die Bangkok Post het die week ges\u00ea Oeigoermilitante het die bom geplant uit weerwraak na Thailand se deportasie van 109 Oeigoervlugtelinge na China.<\/p>\n<p>Minstens nege van die slagoffers was burgers van verskeie Asiatiese lande, maar veral Chinese het omgekom.<\/p>\n<p>Die regering het ges\u00ea die aanval Maandag tydens spitstyd in Bangkok se middestad was daarop gemik om die ekonomie en die toerismebedryf te vernietig.<\/p>\n<p>Niemand het nog verantwoordelikheid vir die daad aanvaar nie.<\/p>\n<p>Dinsdag het die spanning in die stad toegeneem toe \u2019n klein ploftoestel van \u2019n brug af in \u2019n rivier gegooi is, maar niemand is beseer nie, het \u2019n polisiebeampte op die toneel ges\u00ea.<\/p>\n<p>Somyot Pumpanmuang, Thailand se nasionale polisiehoof, het egter toegegee dat die man &#8216;n buitelander kan wees.<\/p>\n<p>\u201cDaardie man het \u2019n rugsak gedra en verby die toneel gestap toe die voorval plaasgevind het. Maar ons moet na die beeldmateriaal voor \u00e9n n\u00e1 die voorval kyk om te bepaal of daar \u2019n verband is,\u201d het Somyot op \u2019n media\u00adkonferensie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die polisie het die toneel van die ontploffing Dinsdag vir leidrade gefynkam. Die polisie het ook bevestig dat 22 mense dood en 123 in die aanval beseer is.<\/p>\n<p>Volgens die polisie is die ontploffing deur \u2019n pypbom veroorsaak.<\/p>\n<p>China se amptelike nuusagentskap, Xinhua, het berig dat vier van die slagoffers Chinese was.<\/p>\n<p>Twee Maleisi\u00ebrs, \u2019n Singapoerees, \u2019n Indonesi\u00ebr en \u2019n Filippyn het ook omgekom. Talle van die gewondes is Chinese en Taiwanners.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die man waarna Thailand se owerhede nou soek, is opgemerk op kringtelevisie-beeldmateriaal naby die Hindoe Erawan-tempel waar die bom ontplof het. &#8216;n Polisiewoorvoerder, het aan AP ges\u00ea die man is nie slegs die verdagte nie, hy is die bomplanter. Daar word vermoed dat die verdagte van Oeigoer-oorsprong is, maar premier Prayut Chan-o-cha het Woensdag die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33609\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bangkok-bommer is &#8216;uitlander&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33610,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5311,7551,5358,21083,14561,10394],"class_list":["post-33609","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-china","tag-minderhede","tag-moslems","tag-oeigoere","tag-thailand","tag-turke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33609","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33609"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33609\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33610"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33609"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33609"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33609"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}