{"id":33604,"date":"2015-08-20T07:15:18","date_gmt":"2015-08-20T05:15:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33604"},"modified":"2015-08-20T08:25:35","modified_gmt":"2015-08-20T06:25:35","slug":"bangkok-bomaanvaller-geidentifiseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33604","title":{"rendered":"Bangkok-bomaanvaller ge\u00efdentifiseer"},"content":{"rendered":"<p>Thailand se junta-hoof het verklaar dat die owerhede op soek is na \u2019n verdagte wat op CCTV-beeldmateriaal ge\u00efdentifiseer is, het AFP berig.<\/p>\n<p>Hy is naby die toneel van Maandag se bomontplof\u00adfing in Bangkok opgemerk wat die lewe van minstens 20 mense ge\u00ebis het en meer as 100 mense beseer het.<\/p>\n<p>Premier Prayut Chan-O-Cha het ges\u00ea Facebook-boodskappe waarin gewaarsku word oor dreigende gevaar voor die Bangkok-bom, kom van \u2019n teen-regeringgroep waarvan die basis in die noordooste van die land is. Die gebied is die hartland van die koninkryk se sogenaamde Rooi Hemp-beweging.<\/p>\n<p>Die ministerie van verdediging het egter ges\u00ea dit het geen vooraf kennis van enige beplande aanval gedra nie.<br \/>\nMaandag se bomaanval in spitsverkeer by \u2019n gewilde bedevaartsplek by \u2019n besige kruising, het liggame aan flarde geruk, vensters uitgeruk en motorfietse uitgebrand sodat net die metaalrame oorgebly het.<\/p>\n<p>\u201cDit is die ergste voorval wat nog in Thailand gebeur het,\u201d het Chan-ocha ges\u00ea. \u201cHulle wil ons ekonomie, ons toerisme vernietig.\u201d<\/p>\n<p>Die ontploffing het omstreeks 19:00 plaasgevind in \u2019n gebied vol toeriste, kantoorwerkers en mense wat besig was om inkopies te doen.<\/p>\n<p>Bangkok het sedert 2006 \u00adherhaaldelike geweld ervaar, maar buitelanders was selde slagoffers van die geweld.<\/p>\n<p>Die land het ook reeds twee \u00adstaatsgrepe sedert 2006 beleef.<\/p>\n<p>Die mees onlangse was in 2014 wat die verkose regering van Yingluck Shinawatra omver\u00ad\u00adgewerp het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Thailand se junta-hoof het verklaar dat die owerhede op soek is na \u2019n verdagte wat op CCTV-beeldmateriaal ge\u00efdentifiseer is, het AFP berig. Hy is naby die toneel van Maandag se bomontplof\u00adfing in Bangkok opgemerk wat die lewe van minstens 20 mense ge\u00ebis het en meer as 100 mense beseer het. Premier Prayut Chan-O-Cha het ges\u00ea &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33604\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bangkok-bomaanvaller ge\u00efdentifiseer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[15573,17914,21082,14561],"class_list":["post-33604","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-bangkok","tag-bomaanval","tag-rooi-hemp-beweging","tag-thailand"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33604"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33604\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}